Direktief oor hernuwing van vuurwapenlisensies verwelkom

(Argieffoto)

Lt.genl. Moeketsi David Sempe het vandeesweek onder meer bevestig dat vuurwapenlisensiëring nou toegelaat word en dat polisiekantore hernuwingsaansoeke van vuurwapenlisensies en bevoegdheidsertifikate moet inneem.

Dié direktief bevestig ook die minister van polisie se skrywe van 22 April 2020 aan die burgerregteorganisasie AfriForum se regspan dat vuurwapeneienaars wie se 90 dae tydperk om hul vuurwapenlisensie te hernu deur vlak 5 van die afsonderingsperiode beïnvloed is, steeds aanvaar sal word.

Die direktief bevestig verder dat vuurwapeneienaars nou weer gebruik kan maak van die amnestieperiode wat op 31 Mei 2020 eindig. Laastens bevestig die direktief ook dat die minister van polisie dit sterk oorweeg om die parlement te nader vir ’n verlenging van die gemelde amnestietydperk.

Dít volg nadat AfriForum se regspan op 25 Maart 2020 ’n skrywe aan polisieminister Bheki Cele en die nasionale polisiekommissaris, Khehla Sithole, gerig het. In die skrywe het AfriForum onder meer kommer uitgespreek dat vuurwapeneienaars se vermoë om hul vuurwapenlisensies betyds te hernu weens die staat van inperking negatief beïnvloed sal word.

“Die direktief bevestig formeel dat wetsgehoorsame vuurwapeneienaars nou hul lisensies kan hernu op die voorgeskrewe wyse en nie te nagekom sal word weens die inperkingsperiode nie,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid. “AfriForum sal moniteer of die stasies aan die direktief voldoen en sal aanhou veg om regmatige, verantwoordelike vuurwapeneienaars se regte te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

..en ek wonder steeds of ek my vuurwapenlisensies, wat ek ook in groen het, moet hernu, om steeds dubbel gelisensieer te wees.

koos10 ·

As jy ‘n wit lisensie het, is jou groen een nie meer geldig nie. Jou wit een moet hernu word. Tans is daar ‘n paar hof bevele oor die lisensies. Gaan lees daaroor .

Cherokee ·

Ek daag jou uit om dit te bewys. Ek kan jòu wel verkeerd bewys. Moet asseblief nie dinge as feite stel wanneer jý die een is wat te min en op die verkeerde plekke lees. Mense wat net so min weet, lees hier en glo jou. Dit is misleiding.

Cherokee ·

2009 High Court Order deemed that green licenses are valid, irrespective if you converted to a white licence. Licences in ID-Book as well. Copy of order in my possession, and if Maroela’s facilities were met, I would post it.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.