Dis ’n ‘ja’ van Prudence

Ndlovu se vindingrykheid is beloon. (Foto: Skermgreep)

Die Comrades-atleet Joseph Kagiso Ndlovu se banier waarop hy sy geliefde – net bekend as Prudence – om haar hand vra, was ʼn dawerende sukses.

Ndlovu was gister onder die meer as 15 000 deelnemers wat aan die moordende wedloop tussen Pietermaritzburg en Durban deelgeneem het. Sy banier, waarop hy Prudence vra om met hom te trou, het mense se verbeelding aangegryp en daar is wyd bespiegel of Prudence wel Ndlovu se vindingrykheid met die jawoord beloon het.

En sy hét.

Ndlovu, ʼn Pretorianer wat vir ʼn bemarkingsmaatskappy werk, het Maandag aan TimesLive gesê Prudence het ja gesê. Die twee is al vier maande lank ʼn paartjie nadat hulle by ʼn kerk ontmoet het.

Sondag was die tiende herdenking van die dood van Ndlovu se vrou en hy het aan die webwerf gesê dit was tyd vir hom om aan te beweeg – daarom het hy Prudence om haar hand gevra.

Volgens hom was sy aanstaande “verras maar opgewonde”.

Prudence verkies om nie in die kollig te wees nie, maar volgens Ndlovu is hulle “opgewonde en gelukkig”. Die paartjie was Maandag op pad terug na Gauteng nadat Ndlovu sy sewende Comrades voltooi het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Natuurlik. Hy het dan 90 km gehardloop om die groot vraag te vra.
Sy moet regtig baie spesiaal wees. Bly sy het ja gesê.

Wiehann ·

Dis nou die tiepe nuus wat ons wil hoor! Mooi vinding ruk met ‘n goeie uitkoms! Baie geluk. Dit was nie net 90km nie, die was maande se hard oefen om Sy liefde te toon! “Give that man a Bells”!

Klaar me Maroela ·

Dit is so spesiaal!!
Baie geluk julle twee, mag ons Vader wat julle bymekaar gebring het , beide van julle en jul komende huwelik oorvloedig seën!!

Hannelize ·

Baie geluk julle. Mag julle geseend wees met geluk, baie liefde & vrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.