Dít is die tariefverhogings vir dienste in Pta

Stevens Mokgalapa. Foto: DA

Inwoners van die Jakarandastad sal nou 12% meer vir elektrisiteit moet opdok ná die Tshwane-metro se begroting vir die 2019-’20-boekjaar bekendgemaak is.

Steven Mokgalapa, die burgemeester van die hoofstad, het Donderdag sy begrotingsrede in Tshwane House in die Pretoriase middestad gelewer waar hy onder meer die tariefverhogings vir dienste bekendgemaak het. Die nuwe pryse sal vanaf Julie in werking tree.

“Die nasionale energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het ʼn riglyn van 13,07% vir munisipale verhogings van elektrisiteit gepubliseer. Die stad het dus ʼn omsetverhoging van 12% begroot en hierdie syfer sal waarskynlik in berekening gebring word wanneer ons die mediumtermynbegroting vir die stad opstel,” het Mokgalapa gesê.

Eiendomsbelasting verhoog met 6% in alle kategorieë van eiendomme. Volgens Mokgalapa sal alle residensiële eiendomme in die metro nie op die eerste R150 000 van die waarde van die eiendom belas word nie.

Die tarief vir vullisverwydering sal nou 6% duurder wees terwyl water- en sanitasietariewe ook met 8% verhoog.

Mokgalapa het verder gesê die armstes van die stad was voorop in sy gedagtes met die opstel van vanjaar se begroting. Hy het egter benadruk dat die 28 000 werknemers van die metro sonder enige verskoning dienste aan al die inwoners moet lewer.

Die bedryfsinkomste van Pretoria het R35,5 miljard beloop wat ʼn toename van 7,5% teen die 2018-’19-aanpassingsbegroting was.

“Bedryfsuitgawe het R35,4 miljard beloop en dit was ʼn toename van 7,6% teen die aanpassingsbegroting van 2018-’19. Dit het ʼn surplus van R19,6 miljoen vir die boekjaar 2019-’20 tot gevolg gehad.”

Mokgalapa het gesê die algehele kapitaalbegroting het R4,2 miljard beloop vir 2019-’20, terwyl ʼn kapitaalbegroting van R4,6 miljard vir 2020-’21 en 2021-’22 begroot is.

Om veiligheid in die stad te bevorder, is daar R49 miljoen aan die Tshwane-metropolisie toegeken. ʼn Verdere R18,6 miljoen sal aan geslotekringtelevisiekameras in die stad bestee word en R32,2 miljoen moet gebruik word om grondgryping te voorkom terwyl R159 miljoen vir sekuriteitsdienste in die stad begroot is.

Politici se reaksie op hoofstad se begroting

Awie Erasmus, Vryheidsfront Plus-raadslid en voorsitter van die Tshwane-metroraad se openbarerekeninge-komitee, het gesê dié begroting is nie gemik op korttermyngewin nie, maar eerder volhoubaarheid en infrastruktuurontwikkeling in die stad.

“Die VF Plus sal verseker die beplanning hiervan word sinvol uitgevoer. Ons voel egter daar kan steeds meer gedoen word om tariewe in die toekoms te verminder en dit kan gedoen word deur beter finansiële bestuur en interne kontroles van die metroraad,” het Erasmus gesê.

Hy meen ook die ekonomiese klimaat waarin Suid-Afrika hom tans bevind, vergemaklik nie die finansiële situasie van die stad nie. Dit is iets wat Mokgalapa ook tydens sy begrotingsrede benadruk het. Erasmus het ook verwys na die tekort van R1,4 miljard wat die ANC nagelaat het vir die koalisie van partye, wat dié administrasie moes hanteer.

Erasmus het die volgende belangrike punte van die begroting uitgewys:

  • Meer as R4 miljard sal vir infrastruktuur-ontwikkeling in die stad beskikbaar gestel word.
  • Bykomende geld sal beskikbaar gestel word om grondgryping te voorkom.
  • Geld sal ook beskikbaar gestel word om die werksaamhede van die anti-kabeldiefstal-eenheid op te skerp.
  • Die interne ouditafdeling van die stad gaan versterk word om ondersoeke doeltreffender af te handel.

Hy het gesê die projekbestuur-departement van die Tshwane-metro sal ook gelde ontvang om ʼn binnenshuise afdeling te vorm wat die gebruik van konsultante soos Glad Africa sal verminder.

“Die VF Plus sal deur die openbarerekeninge-komitee ʼn spesifieke fokus op ongemagtigde uitgawes plaas, want dit gaan nie oor die toewysing van gelde aan die departement binne die metroraad nie, maar eerder oor of amptenare die geld binne die wet bestee,” het Erasmus bygevoeg.

Die ANC binne die metroraad het die begroting egter skerp gekritiseer omdat R28,6 miljoen bewillig is vir die onderhoud van problematiese Centurion-meer terwyl die inwoners van informele nedersettings in Hammanskraal steeds beperkte toegang tot goeie dienslewering het.

Dr. Kgosi Maepa, die ANC se leier in die Tshwane-streek, het egter die dele van die begroting verwelkom wat hy beskou as ʼn oplewing van ANC-beleidstellings. Dit behels onder meer die R69,5 miljoen wat bestee sal word om gratis WiFi in die stad te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Arak ·

Ja nee, die parasiete suip weer lekker verder.
Erfbelasting is onwettig; ek huur nie my eiendom by die stadsraad nie, tog moet ek helse hoeveelhede “erfbelasting” betaal en vir al die dienste afsonderlike ook. Hoe kan dit wettig wees om maand na maand belas te word vir iets wat aan jou behoort.

willem botha ·

Die DA het vir ons gesê by monde van Adriana Randall dat die erfbelasting minimaal sal opgaan ,maar soos die DA maar is nog n leuen.

Manie ·

Waar die da regeer moet jy een ding mooi verstaan. Enige een wat lyk of hy kan betaal sal ten duurste betaal vir almal. Die selfde tendens in Kaapstad.

Griet ·

Wat ñ groot grap!!
Die getroue belasting,eskom en water betaler, BLY STEEDS HOES en moet UITHAAL en WYS..!!!
TERWYL 120 MILJOEN LAG LAG UITGEPARTY WORD MÔRE deur n kortupte,patetiese ANC en ál die NIÉ BETALERS VAN NIKS!!!
Wat n grap!
Wat n tragedie!
Wat n skande!

Derek ·

Betaal sal ons belastingbetalers bly betaal!
Betaal sal ons wetgehoorsame burgers bly belas word, met nóg hoër tariewe!
En party,sal die nie-betalers bly party en niks oorkom nie…welkom in SA

MAPSTIEKS...!! ·

AAAAAAMAARG….MAAR DIS TOG TE LEKKERRRR…!!
NÉT DIÉ PAAR WAT BETAAL WORD NÓG MÉÉR BELAS EN OORLAS!!
EN DIÉ,WAT bôkkerol betaal,dié party voort ini pardys!!
ONS BLAAS GOUGOU 120 miljoen vir Ñ MAKÍETÍE mos!!

OOO…EN MAROELA MEDIA IS SKOON STOM GESKRIK OOR MÝ UITLATINGS HULLE SENSOR SOMMER ALS!!!

piet piet ·

Dit is die DA se begroting ons betaal vir stads reiniging en skoonmaak ,die moot lings van paul kruger straat word nooit skoon gemaak nie die spruite en parke word net gras gesny en die kante net so gelos,bome word gesnoei en takke gelos vir die huis eienaars om self te verwyder.Raadslede pronk net so nou en dan in die plaaslike koerant met probleme, nooit oplossings nee ek dink die anc was miskien beter

Derek ·

Komaan PÍET PÍET…vergeet nou maar van die DA…dis ñ AFRIKA TENDENS dié!!!
Die hardwerkende belastingbetaler betaal LANDSWYD méér en duurder,as die NÍÉ beladtingbetaler,wat se stem ook meer werd is

Kriekie ·

Ek woon op n hoewe. Tshwane lewer absoluut geen dienste nie – geen vullisverwydering, rioleering, padonderhoud, water of krag nie. Hulle dreig nou om my dienste af te sny indien ek nie my erfbelasting betaal nie. Gaan voort, Stad Tshwane.

Net ek ·

Ek woon oorkant n Park. Die miershope is kuithoog en die miere dra ons weg. Die park is 20 jaar laas behandel. Dis vuil en die houtomheining vrot. Geen poging word aangewend om dit met draad te omhein. Ons straat het n “drug alley” geword waarvan SAPS kennis dra, maar niks aan doen. Die strate om die park is vir jare nie skoon gemaak. Hoe veilig kan ons nog wees?

Johanna Botha ·

In my area word die belasting gebruik om ewige kabel diefstal te onderhou en verder word daar net niks anders gedoen nie ! Sraatligte brand deur die dag ook en ons betaal net al te lekker in Irene

D B ·

Mense, ek stel volkome saam met elkeen van julle, en dis presies hoekom ek nie vir die DA gestem het nie, en nooit weer sal nie.

Daar was einde Maart “gespog” met hoe die DA die ANC se se tekorte omgekeer het en byna R 780 miljoen “wins” toon, so hoekom word die geld nie teruggeploeg na die verbruiker toe nie? Hierdie verhogings is baie meer as inflasie en die jaarlikse verhogings wat meeste mense kry.

Hier was ten minste 2 of 3 begrotings en hierdie een is gekies omdat die DA so swak in die verkieseing gevaar het…finance 101. Nou gaan hulle lekker geldjies maak en vir almal vertel hoe “goed” hulle regeer. LOS DIE DA, hulle is net so vrot soos die res!

Max Berg ·

Dit is die moderne kommunisme wat Fabianisme genoem word. Lees gerus die boek van Rose Martin, The Fabian Freeway.

Alexz ·

Lees sommer ook die boek van George Orwell getitteld: Animal Farm.

Hendrik ferreira ·

Die DA is presies soos die anc hou die volgende munisipale verkiesing dop dan gaan jy sien hoe sweet die lui oorgewig DA raadslede want die keer gaan hulle nie so seker wees van hulle teorie dat mense stem vir n party nie en hulle is verseker van n pos na die verkiesing nie.

anton ·

Gee my net meer moed dat ek met minder elektrisiteit van Eskom moet klaarkom en meer en meer GROEN moet gaan.
Ek wil dit my missie en doel maak om nie meer as R200- se krag n maand aan Eskom/stadsraad te betaal nie!!
Moeg om so uitgebuit te word in die land.

???????????? ·

My swaer het nou die dag met ‘n swartpersoon ‘n gesprek oor erfbelating gehad…die swartpersoon het ‘n groot huis in die dorp…hy sê hy betaal geen erfbelating…’n persoon by die munisipaliteit het al 2keer ‘n paar honderd duisend rand se erfbelating afgeskryf….LEKKER MAN LEKKER in hierdie land…jy moet net die regte kleur wees…

Manie ·

Waar die da regeer moet jy een ding mooi verstaan. Enige een wat lyk of hy kan betaal sal ten duurste betaal vir almal. Die selfde tendens in Kaapstad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.