Dít is hoekom rookverbod bly

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: GCIS)

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het in ʼn  omvattende verklaring die regering se redes uiteengesit vir die voortgesette verbod op die verkoop van tabakprodukte.

Die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) het die staat hof toe gesleep oor die besluit. Fita SA het op 4 Mei ʼn hofaansoek gebring om die regering te dwing om die verbod op die verkoop van sigarette op te hef en die hof gevra om die regering te dwing om hom van redes te voorsien waarom die verbod voortduur.

Pres. Cyril Ramaphosa het die afgelope week aangekondig dat die verbod nou ook op koronavirus-vlak 3 gaan voortduur, nadat die aanvanklike verwagting was dat dit opgehef gaan word.

In haar verklaring sê Dlamini Zuma die gebruik van tabakprodukte lei tot respiratoriese siektes by rokers en diegene wat aan sekondêre rook blootgestel word – en dat dit selfs sonder Covid-19 die geval is.

Sy voer aan volgens nuwe navorsing tref Covid-19 rokers swaarder as nie-rokers, hulle word meer in hoësorgeenhede opgeneem, benodig meer ventilators en hul sterftekoers is hoër as dié van nie-rokers.

“Dit gaan druk op beperkte gesondheidsorghulpbronne plaas,” voer sy aan.

Die minister voer ook aan die gebruik van tabakprodukte verhoog gedragsrisiko’s wat met die nuwe virussiekte gepaard gaan. Mense deel volgens haar produkte (en dus spoeg) en is minder geneig om ʼn sosiale afstand te handhaaf.

“Gegewe die kort- en langtermynvoordele daaraan verbonde om op te hou rook, is daar besluit dat ʼn tydelike verbod op die verkoop van tabakprodukte waarskynlik die risiko’s wat met Covid-19 gepaard gaan, en die erns van die siekte, gaan verminder.”

Die minister sê gegrond op die ervaring van vlak 5 van die afsonderingsregulasies, is dit as waarskynlik beskou dat ʼn voortgesette verbod doeltreffend gaan wees om die getal mense wat toegang tot sulke produkte het, te verminder.

Dlamini-Zuma sê ander lande (Botswana, Indië en Israel) het soortgelyke stappe gedoen en dat die besluit deur verskeie vooraanstaande mediese organisasies gesteun is.

Dlamini-Zuma en die beweerde onwettige sigarethandelaar Adriano Mazzotti

Die minister sê sy het simpatie met diegene wat sukkel om op te hou rook en dat kommer oor verslawing en onttrekking in ag geneem is, maar dat die skade wat die verkoop van tabakprodukte op vlak 4 eindelik swaarder geweeg het.

Sy sê die oorkoepelende beweegrede vir die besluit was om mense se lewens en gesondheid te beskerm en moontlike druk op die gesondheidsorgstelsel te verminder. Enige besluit wat die staat dus neem moet gedoen word met die oog op die reg op lewe en die reg op toegang tot gesondheidsorgdienste. Volgens die minister het die staat ʼn plig om die verspreiding van die siekte te keer en te verseker diegene wat mediese sorg nodig het, ontvang dit.

Die minister voer aan omdat Covid-19 ʼn nuwe siekte is, is wetenskaplike kennis daaroor nog vloeibaar. Studies word daaroor gedoen, maar luidens dit wat volgens die minister rééds gedoen is, verhoog die gebruik van tabakprodukte nie net die risiko van oordrag nie, maar ook die gevaar dat rokers sieker as ander kan word weens Covid-19.

Sy sê die regering moet ʼn omsigtige benadering volg en dat die stelsel, asook gesondheidswerkers, teen oorlading beskerm moet word.

Die minister sê voorts dat tabakgebruik direk met onderliggende siektes soos hoëbloeddruk, diabetes en kardiovaskulêre siektes verbind word. Die onderliggende siektetoestande vererger die kans dat iemand ernstig siek kan word of selfs kan sterf. “Die beteken die gebruik van tabakprodukte veroorsaak ʼn groter risiko dat hulle, wanneer hulle Covid-19 opdoen, [rokers] meer waarskynlik beddens in hoësorgeenhede asook ventilators, gaan benodig.

“As 1% van die agt miljoen rokers Covid-19 opdoen, gaan 80 000 rokers landwyd die infeksie opdoen.

Argieffoto

“As 10% van hulle hoësorg benodig, gaan dit neerkom op 8 000 mense wat hoësorgbeddens en ventilators landwyd gaan benodig en dit gaan veel meer wees as die huidige 4 000 ventilators wat beskikbaar is.”

Suid-Afrika het in dié stadium 24 264 bevestigde gevalle van die nuwe virussiekte en 524 mense het reeds weens Covid-19 gesterf. Meer as die helfte van diegene wat die siekte opgedoen het, het reeds herstel.

Ramaphosa het Sondagaand in ʼn toespraak gesê [in daardie stadium] is 842 pasiënte landwyd weens Covid-19 in hospitale opgeneem, waarvan 128 in intensiewe sorgeenhede was.

Dié syfers word, benewens deur die Wes-Kaap, nie baie gereeld bekend gemaak nie.

Dlamini-Zuma is ʼn uitgesproke anti-roker en was destyds die dryfveer agter die wetgewing wat rook in openbare plekke verbied het.

Talle drukgroepe het die afgelope ruk gesê miljoene rokers koop nou onwettig sigarette in die sluikhandel, terwyl die belasting daarvoor vir die staatskas verlore gaan.

In haar verklaring sê Dlamini-Zuma egter navorsing van die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing wys tot 88% van rokers nié sigarette in die hande kon kry nie – ʼn aanduiding dat die verbod werk om die gebruik van sulke produkte te verminder.

Fita SA het vroeër vandag gesê hy het die rekord van besluitneming van die staat ontvang en dat hy nou besig is om sy aanvullende verklarings af te handel. Dit behoort teen Vrydag op die staat beteken te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

101 Kommentare

pokkel ·

dronk mense is ‘n veel groter gevaar as tevrede rokers met sigarette

Leon ·

Dit is so, maar jy maak die aanname dat alle drankgebruikers dronkaards is. Dis soos om te sê omdat ek ‘n kar het is ek ‘n jaagduiwel. Nee my maat jy gryp na belaglikhede om jou rookgewoonte te regverdig en jy bewys eintlik die teenoorgestelde. Daar IS nie ‘n goeie rede nie..

Riaan ·

Drank mag nog net by huise gebruik word, ek kry die rokers jammer maar ons nie rokers soek darem ietsie vir die winter.

Corne123 ·

ai meskien is ek dom maar ek gehoor die goedkoop ingevoerde goed nog slegter en dit is wat rookers nou rook so hoe help dit nou eindlik?

Brett ·

Moet nie Bekommerd wees nie. Die feit dat Dlamini die heidige British tabaco wil uit boender om haar seun in te wurg wat heidiglik die grootste tabak verspreider in ons land is het niks daar mee te doen nie oooh nee……. Dus ook gelukkig nie onwettig om jou mags posisie te gebrek vir eie gewin nie…. Oooh nee glad nie…..

Otto ·

Dis nou sommer twak, so hulle deel nie pap en brood nie? Gaan ook nie ‘n bier deel nie? As hulle nou nie na 2 maande se grendelstaat al weet om gesond te leef en higiënies hulle self skoon te hou gaan hulle nooit weet nie.

Juan ·

Kyk hoe lyk hulle plakker kampe… geen respek, geen trots….dis al wat ek gaan sê

Anel ·

Ek wonder van watter planeet het sy nou gekom en wat rook sy? Kan sy dalk sommer vir ons sê hoeveel van die wat nou siek is en wat dood is was rokers? So, mense deel nie koeldrank nie, hulle eet nie uit dieselfde papot, met hulle hande nie, ens.
Navorsing uit Europa, het al reeds gewys nikotien beskerm rokers se longe. Oorsee is die persentasie rokers wat dood is aan die virus ook nie eers genoeg om rook te verbied nie. Mense is meestal dood aan onderliggende siektes en sou in elke geval dood gegaan het, virus of nie. Maar nou ja, die lot glo mos nie wat die blankes sê nie.

Kobus ·

Dis absolute snert. Die verbod help niks almal koop maar skelm sigarette by die pakistanner om die draai. Die regering behandel die publiek soos stout kinders. En wat van gerugte dat NDZ by smokkelhandel betrokke is? Natuurlik ontken sy dit haar eks ontken ook al die gemors wat hy tydens sy presidentskap aangevang het.

PH ·

Sy het lank gevat om ‘n klomp twak uit te dink.
As die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing werklik reg aangehaal word, behoort die hele lot getuur word vir ‘n kursus om statistiek reg te interpreteer

Pampoen ·

Logika is omgekeerd eweredig aan hoofbedekkings – veral hoede en kopdoeke.

Yvonne ·

Liewe genade! Kom tog net op datum met die jongste navorsing en moenie net aanneem dat ons nie ingelig is nie. Jongste navorsing toon dat rokers NIE swaarder getref word as nie-rokers nie EN dat nikotien beskerming blyk te bied. Omvattende navorsing word Nou daaroor gedoen in VERSKEIE Lande. Behalwe natuurlik SA? Hierdie is ‘n ondeurdagte besluit wat geneem is deur iemand wat haar wil op die mense wat haar salaris betaal wil afdwing! Dan kan ek nog lekker aangaan oor die swartmark wat nou ‘n bloeityd perk beleef weens die verbod maar ons almal weet dit mos – behalwe vir die wat dit ontken met hul sogenaamde statistiek! TWAK MAN!

Martie ·

Statistieke volgens my is elk geval ń klomp chol (twak :)) want reg oor die wêreld blyk dit dat syfers gekook word.

Leon ·

Joeh, as dit waar is dat nikotien jou longe beskerm moet ons dadelik almal begin rook! Haal asb die navorsing waarna jy verwys aan sodat ek dit kan lees. Is dit behoorlik gepubliseerde navorsing in erkende mediese joernaal gepubliseer? My eie “ongepubliseerde navorsing” in my eie werksomgewing het vir my gewys dat die rokers erger simptome as nie-rokers het met gewone griep en verkoue en moet meer by die huis bly. Ek self was nog nooit so siek v verkoue of griep dat ek vd werk af moes wegbly nie.

koos10 ·

Leon gaan lees gerus van Frankryk se navorsing oor die verband tussen COVID 19 en nikotien. Daarin word duidelik gemeld dat nie begin moet word om te rook nie, maar dat daar tog ‘n verband is.
Jou redenasie maak net soveel sin soos NDZ sin, en ek is baie bly jy is so blankend gesond is, maar wees eerder dankbaar daaroor as om te spog. Dit kan in ‘n oogwink verander.

Erica ·

Baie geluk met jou gesondheid. Ek rook en was nog nooit af geboek vir griep nie.

Jessey ·

Nou wonder ek net as ek so na die syfers kyk in hulle hof dokumente waarvolgens 9% van sterftes mense is wat rook hoe die wiskunde werk as hulle se dat rokers se kans om op ñ ventilator te eindig 2.4 keer so hoog is as nie-rokers. Ek het in wiskunde geleer dat 2+2 = 4. Nou lyk dit my die Anti Nicotine Council (ANC) het die wiskunde boek ook herskryf, want nou is 2+2 = 10. Vra maar net

Lorna ·

Pokkel stem saam
Maar let wel ek het nie probleem met drank nie
Maar ek het probleem met rook hoe minder my swartmark rokies raak hoe meer angstig raak ek en dan rook ek meer so gee vir die mense Bells maar gee my damn rokies vir my
Wat die swartmark pryse waarvan jy ook jou deel kry is teveel vir my nou rook ons maar die cheap brand wat ek glo ons meer skade doen

Oujongvrou ·

Enige persoon wat al ooit gerook het en opgehou het weet dat jy hope slym op die bors kry maande daarna. So hoe gaan dit gaan met n roker wat alreeds so baie slym het en hy kry covid. En ja daai swak gehalte rookgoed is baie erger vir rokers.

Vriendelike Frikkie ·

Ek verstaan nie. Kry jy sigarette wat goed is vir die longe en gesondheid? Jy verwys na “swak gehalte rookgoed”. Sovêr ek verstaan is enige rook sleg vir ‘n mens se gesondheid, goeie of “swak” gehalte sigarette.

koos10 ·

Bramputa kom ek verduidelik vir jou. As jy suiwer alkohol drink sal jy dood neer slaan, maar wit wyn proe en is baie beter.

Nie Verbaas ·

Dit is die lamste nonsense wat ek nog gehoor het. Die kopdoek jokkie kan regtig nie so onkundig wees nie. Haar 88% wat glo nie sigarette kan kry nie is presies die teenoorgestelde. Bly sy in n grot? Burgers verloor elke dag net meer respek vir ons sogenaamde regering.

koos10 ·

Eerder nie bekostig nie. Ek wie gaan nou erken dat hy/sy ONWETTIG sigarette koop?

Sias ·

As jy n roker is en hou op. Hoe lank vat dit voordat jy soveel herstel het dat jy uit gevaar is?

KB ·

Dit neem 7 jaar om jou longe weer pienk te kry…so, ek sou raai enigiets tussen 2 en 4 jaar (defnitief nie 2 tot 4 maande nie!) om “buite gevaar te wees”.
Sy is so stupid…sy glo haarself, en
slegs sý glo haar sinnelose redenasie!

marius ·

Twee sigarette oorgehad op dag een en na 40 jaar gedwonge opgehou . Weet kan onwettig koop maar besluit byt deur . Nie lus vir rook maar voel fisies sleg en pap. So die effek van skielik ophou is fisiek nie goed nie en emosioneel vir ander sekerlik onhoudbaar . Diegene wat dit afdruk het of geen idee wat hulle aanvang nie of weet presies waarmee hulle besig is .

marius ·

Wat veroorsaak diabetes doktor ? Ha mc burgers dalk ? Maak dadelik toe!

Dries ·

Ek weet regtig nie waar kom sy aan haar inligting oor rook en Covid 19 nie en Dan kom se sy die mense rook saam aan een sig en Kan so die virus oordra my aarde die mense Kan nou bier koop en in die townships sit hulle in n sirkel 5 of 6 van hulle en drink uit een bottel uit en so gaan hulle seker nie die virus kan oor dra nie sy moet verantwoordelik gehou word vir die blasting wat die land verloor deur nie sig te verkoop nie

Vriendelike Frikkie ·

Hulle behoort OK te wees om uit dieselfde houer te drink. Die regering sê mos alkohol maak die virus dood. Hoe meer alkohol, hoe veiliger is jy.

Ben ·

Ons moet ñ dag en tyd maak, sodat ons by 1000 de onwettige sigaret verkoop punte tegelyk instap en elkeen ñ paar pakkies koop. Maar net R25 per pakkie op die toonbank neersit en uitloop. As die winkelier dan agterna storm sê hy moet die polisie bel. Dan sien ons wat gebeur.
Sal interessant wees.

CJS ·

Dit handel nie oor die verbod nie, dit handel oor die keuse wat namens my gemaak is sonder konsultasie. Spul snert!

IQMaps ·

NDZ gaan kry jou navorsing reg en werk vir ‘n slag vir jou geld. Jy is besig om jou naam met ‘n plank te slaan en verdien dit nie om ‘n minister te wees nie. Suiker is ‘n erger verslawing as kokaïne en jy vertel rook is sleg. Suiker produkte moet geban word dan wil sien hoe spaander jy om dit wettig te maak in die tyd. Hierdie raak nou regtig belaglik en ons mense regte word hier aangetas. Ons het elkeen een lewe gekry en ek sal self besluit hoe ek wil lewe en nie lewe volgens wat jy of enige een hier op aarde voorskryf nie.

Dirk Mostert ·

Jammer, ek stem nie saam oor suikerprodukte nie. Die vorige minister van gesondheid het die suikerbedryf skade aangedoen deur suikerbelasting in te stel. Nou word o.a. koeldranke plasties versoet. As hy vetsug wou teewerk, kon hy die parlement en kabinetslede, asook weermag en polisielede eers laat gewig verloor om as voorbeeld vir die volk te dien. Julius Malema is in daardie opsig onberispelik. As fikse 70-jarige kan ek met gesag praat. Dis stysel eerder as suiker wat mense oorgewig maak, as jy nie ‘n fisies-aktiewe lewe lei nie. Moenie alles glo wat deesdae as wetenskaplike navorsing opgedis word nie.

Blackies ·

Ai die mense kan baie praat. Die rokers wat ek ken kry almal sigarette. Ry by enige mall uit en daar staan sigaret verkopers. NZ het nooit hulle tabak verkope gestop nie en gaan kyk maar na hulle syfers.

Pieter ·

Ag asb dit is my keuse of ek wil rook of nie. Wie is sy om vir ons te se ons mag nie rook nie. Maar in tussen verkoop haar kind en vriend die gemors wat ons ten duurste moet voor betaal. Al wat sy gedoen het is om ons eerlike burgers skelm te maak soos wat sy is. Gaan kyk na die HSRC waar van sy praat dit is n klug dit is al wat dit is. Dan moet die regering ons stuur vir rhehaab en hulle moet daar voor betaal. Praat sy wat vir mense met HIV se eet knoffel en beet. Die virus en rook gaan ons nie dood mask nie. Die siek ANC regering gaan ons dood maak

KB ·

Antie DZ, terwyl jy só intelligent is, vetel my hoekom die VSA en die VK níe drank óf tabak verbied het nie?! Nou pik jy rond met voorbeelde uit Indië (!), Israel en Botswana (!). Hoekom gaan kyk jy nie vir ‘n slag na groter lande met baie meer bevoegde navorsers en medici nie?! (Lyk my dit is geoorloof om swak besluite te neem, solank jy net ‘n voorbeeld iewers kan gaan uitkrap).
DZ, het jy geweet dat mense wat lewerskade het (hetsy agv oormatige drankverbruik, maar ook ander oorsake), ‘n groter kans het om te sterf aan COVID-19…maar drank (alkohol) word wel verkoop? Dit is nou buiten die ander risikos verbonde aan drankmisbruik (dronkenskap, motorongelukke, gesinsgeweld, verkragting, moord?!).
Nee, antie Zuma, jy het nie ‘n benul waarvan jy praat nie! Jy het ‘n obsessie met geld en mag.
Short & Sweet.

Nie Verbaas ·

Soos alles wat uit die ANC se monde uitkom is die ook totale leuens. Hoe skaarser sigarette word, hoe meer die kans dat mense deel. 3 of 4 koop nou saam een sigaret omdat dit so duur is en deel dan. Waar die regering sogenaamde statistiek vandaan kry sal net hulle weet. Wys ons asseblief die syfers.

Brett ·

Hulle glo ons dom……… Van die 59.3 + miljoen siele in Suid Afrika het 24264 mense covid dit is 0.42 % van ons mense in 62 dae wat besmet is…….
Hoe kry sy haar syfers….. Dit is baie snaaks dat ander lande bevind het dat roker nie so maklik covid 19 kry nie….. Hulle redes verskil van die vorige pot gemors wat hulle gestel het…………
“Wat as” se hulle… Wat as…….. So wat as 1% van die lant dit kry …….. Dan is ons in ons Kanon in…….. laat hul hul sigarette koop dan
1) hoef hulle nie die goedkoop goed te koop nie
2) hoef hulle nie ‘n stompie te soek wat iemand weg gegooi het nie
3)hoef nie te deel nie
4) Hoef hulle nie ‘n ZOL te draai nie (then the will not put seliva in the paper) laer skool kinders debateeur beter as wat ons regering doen

koos10 ·

Brett, ek het presies aan die selfde gedink, maar jou 0.42% is verkeerd, dit moet 0.042% wees. Dis 0.948% van haar 1% af.
Nou terug na Kopdoek se som: 8 mil rokers, as 0.042% COVID kry is dit 3360 mense en as 10% van hulle hospitaal toe gaan en ventilators benodig is dit 336.
Hoe meer sy haar bek rek, hoe meer trap sy haarself in ‘n gat in.
Het sy ook haar graad gekoop?

Knap ·

Terloops, waar is die 500 biljoen rand wat julle geleen het….en jy kon dit regkry om NET 4000 ventilators aan te skaf???

koos10 ·

Knap, dit was reeds besikbaar en bykans alles in die privaat sektor. Ek dink die regering het sowat 20.
Baie geldige vraag!!

Elize ·

Ek verstaan mense met diabetes of oorgewig mense is ook n baie groot risiko. Hoekom word die verkope van lekkernye, suiker, takeaways, koeldranke ens nie ook verbied nie.

Anoniem ·

Dis tog n persoonlike keuse. 9 uit 10 mense rook in elkgeval nog. Miskien moet sy rooivleis ook verbied dit veroorsaak ook Baie siektes. Sy reken seker alkolholiese drank doen geen skade nie. Dis belaglik.

Jax ·

Die vrou het nie n idee waarvan sy praat nie.
Ek is banger vir wat n dronk mens aan my kan doen as Iemand wat reg langs my sit en rook.
Vier van my familie lede het covid opgedoen. Drie van die vier vape. Die een wat nie rook/vape nie, was die langste siek. Om die waarheid te sê – geen van my roker familie of vriende, wat ook covid gekry het, was erenstig siek nie. Was soos Gewone griep gewees. Niks Meer en niks minder

Althes ·

Sy praat twak. Sy kan haar projeksies nie op rokers alleen maak nie.
Daar is heelwat ander siektes en gedrag wat net so skadelik is en vatbaar is vir covid 19.
Ek is ñ eksroker, en my alle simpatie met rokers. Dis ñ gewoonte wat nie binne maande los kan word nie.
Elke keer as regering verbod hou, worf die onwettige sigarethandel se pryse net duurder.
Sy moet volwassenes ophou soos kinders behandel. Hulle gaan net teenoorgestelde doen en onwettig dit aankoop.

Sarel ·

Sy verduidelik darem nou vinnig nadat die.wiele begin draai het..Indien haar verklaring van die Minister van Gesondheid gekom het kan jy nog verstaan maar haar kierangs gaan braai

Pensionaris Sedgefield ·

Kom ons kyk na haar syfers. Volgens haar is daar 8 miljoen rokers. Dit is 13,5% van die bevolking. Maar van die wat gesterf het was net 9% rokers. Van die klomp wat spoeg op hulle zolle en sigarette deel en ander hoë risiko dinge doen sterf persentasiegewys minder aan die siekte as dié wat nie rook nie. Haal bietjie die doek af dat daai brein vars lug kan kry. Hy is besig om te vrot. En as julle gewonder het, ek is nie ‘n roker maar gun my landgenote hulle vryheid om self te besluit of hulle wil rook of nie.

Johan ·

Ek rook al vir 30+ jaar. My longe gaan nie wonderbaarlik in 2 maande herstel nie.

Leon ·

Hulle praat twak!
Ek ken baie mense wat rook, en nie een van hulle was ‘n enkele dag sonder sigarette nie.
Hulle word gedwing om onwettige sigarette te koop.

Verbod of te not!
Daar word gerook!

JohanR ·

En die groot klok in die vakuum daar tussen die regter en linker oor, gaan ding dong, ding dong, ding dong!

Gerhard ·

Ek wil net ook iets byvoeg. Ek werk in ‘n fabrieksopset en die algemene werkers hier is mense van lae inkomste en meer as 90% van die mense rook. wat nou die tendens is, hulle betaal 50/50 vir ‘n pakkie baie duur onwettige sigarette (R150) wat belaglik is. verder, hulle mag volgens Covid-19 regulasies gladnie op die werkperseel rook nie, nie eers op uitgewysde rookareas nie. Hulle rook wel buite die perseel, voor hulle vir betrokke skof aaanmeld, wat ek opgelet het, meer van die mense staan nou bymekaar, hulle deel nie net ‘n pakkie sigarette nie, hulle deel ook die sigarette met mekaar. Ek het al met hulle oor die gevare gepraat, maar hulle verweer is net eenvoudig, sigarette is so duur, ophou gaan hulle nie ophou nie, so hulle deel pakkie en ook die sigarette in die pakkie. Wat ek net hieroor wil se is, behalwe dat NDZ nie besef wat die finansiele implikasie vir die staatskas is nie, vererger hulle die probleem met die verbod en verhoog hulle die risiko vir aansteek.

Ronelle ·

Sy weet regtig nie meer hoe om haarself te regverdig met die rook verbod nie. Sy moet eerder stil bly, in ‘n hoekie gaan sit en regmaak vir die bom wat gaan bars. Een siggaret word gedeel tussen hoeveel mense omdat dit nou tot R20 vir een los siggaret kos. Hoeveel kinders ly dalk honger omdat ouers ten duurste betaal vir siggarette op die swart mark. As sy die verspreiding wil voorkom lig die verbod dan sal mense NIE N SIGGARET DEEL NIE.

Eish ·

Noem asb een persoon se naam wat ophou rook het agv die verbod?

Rudolf ·

Wel ek is (on)gelukkig een van daardie wat opgehou het a.g.v hierdie verbod, daar is net doodeenvoudig geen manier wat ek daardie mal pryse betaal vir El’Cheapo sigarette nie. Ek los dit eerder, en ek gaan nog sterk aan. Al wat my pla hieroor is die onnodige spanning wat dit op mens sit, want die ontrekking het ook ‘n ernstige uitwerking op jou gesondheid.
Maar ek stem saam die vrou moet iets anders kry om haar agendas mee uit te oefen en nie ons eie lewenstyl keuses nie

Delilah ·

kyk al wat jy kan doen is twak praat, kry vir jou n zol en kry jou feite reg. op vlak 5 was minder omdat ons almal genoeg gekoop het voor die lock down. Jy stel ons almal in meer gevaar met ons gesondheid omdat ons nou die cheap goed moet rook teen belaglike pryse

Se maar net ·

Dit kom nou van ‘n persoon wat gese het eet beet en knoffel vir aids? Sy moet syfers gee van hoeveel rokers tans Covid-19 het.

Pitbul ·

Ek vra maar net, is die tannietjie nie oor sestig nie, en moet sy ook nie soos die res van die senior burgers tuis bly nie. Niks lelik bedoel teen oor ons senior burgers nie.

Yvonne ·

Al die rokers rook nog steeds…swartmarkte gedy…wie bluff sy

Stof ·

Synde nie self ‘n roker nie, mag my inset dalk vreemd klink.
Maar vanuit die spreekkamersituasies, sien ek hoe rokers wat nou weerhou word, se geestelike en psigiatriese prognoses nou baie slegter is. Soms, is ‘n gerusstellende slegte gewoontetjie, eerder deel van hulle genesing, as van die probleem.
Dink daaraan: As ons nie-rokers nou skielik weerhou word van lekker vetterige skaaptjoppie, hoe gaan ons voel?

Jaco ·

8 miljoen rokers in SA. Ek het iewers gelees dis 11 miljoen. In elk geval is albei syfers ver méér as die totale wit bevolking van SA. As alle rokers nou wit was, dan verstaan ek dié anti-rook reëls. Maar dis baie vreemd dat dit so aangaan en dit nogal teen dr Zuma se eie mense; teen haar eie ras.

Cassie ·

Self nie n roker nie, maar dis belaglik, die feit dat skade wat aan die longe aangebringis deur jare se rook nie oornag gaan verdwyn omdat sy sigartette verban nie, inteendeel. Ek glo dat as depressie, stress, ontrekking noem dit wat jy wil intree raak die mens self swakker en dit kan n groot bepaalende faktor word. My groot vraag hoekom verkoop haar seun dan die goed as sy so gekant is daarteen en steeds is dit net hul produkte wat op die mark beskikbaar is

Pappa Beer ·

Weereens verseker die “fantasties intelligente” regering dat SA n absolute grap gemaak word in die res van die wereld. Hulle vermoë om statistieke, nie net mis te lees nie, maar ook vir eie gewin te verwrong is verstommend. Kopdoek staan openlik hand om d lyf met mense wat onwettige tabak produkte smokkel. Aan die eenkant het sy haar bek vol oor anti tabak stories, terwyl haar handjies bak gehou word agter haar rug. Dis absurd en sy het geen idee wat om haar aangaan nie. Wat word nog onder die dekmantel weggesteek, of dalk onder die kopdoek?

Nico ·

Kyk, hier staan sy saam met die sogenaamde onwettige sigaretsmokkelaar, dit ishoekom sy sigarette wil stop want anders kry sy nie haar deel van die melktert nie. Sy moet ie rokers los, hulle mors hulle geld. Stop eerder die alkohol wat ‘n groot euwel is, huwelike gaan tot niet daar is ook te veel padsterftes. Dit is net deur genade dat ek al 33 jaar sonder sigarette is en 3 jaar wat ek nie alkohol gebruik nie, dit is nie maklik nie iemand het gesê dat jy as persoon dit nie kan los nie drank en sigarette moet jou, sterkte vir die rokers.

Dirk Mostert ·

Ek is ‘n nie-roker. Die motivering vir die rookverbod is gewoon flou en onwetenskaplik. Asof longe wat reeds deur rook tot niet is in ‘n paar maande van nie-rook gaan herstel. Intussen verloor die staat miljoene aan belasting, terwyl rokers net vir duurder rook. Sy wou ook oumense (bo 60) verbied om te draf. As +70-jarige drawwer sal ek die meeste parlements- en kabinetslede oorleef.

Nico ·

Hier staan NKZ met die sogenaamde onwettige sigaret smokkelaar sy stop die verkope van sigarette min weet sy dat miljoene belasting geld verlore gaan haar vrese is dat sy haar deel van die melktert gaan verloor. Los die rokers dit is hulle wat geld mors en as hy/sy wil rook dan sal hulle dit doen kom wat wil. NKZ het nie die mag om die rokers te stop nie, die besluit lê by hulle.

Gemaskerde Sopbeen ·

Tog vreemd Agbare NDZ; Israel word gewoonlik as die Duiwel van alle duiwels geag deur die ANC. Nou is Israel ‘n gerieflike voorbeeld? Van waar Gehasi?

Sarah ·

Fantasties, gee vir ons asb Suid-Afrika se Covid-19 gevalle mooi uiteengesit met hoeveel van hulle rook, hoeveel is herstel, hoeveel is oorlede en dieselfde vir die nie-rokers. Dan kan ons self besluit of ons wil ophou rook of nie.
En inelkgeval, ons moet mos nou social distancing toepas, so hoe de hel gaan mense nou tweehandse rook inasem?

DZ redeneer vir my op die oomblik soos ‘n kleuter wat haar sin wil he.

Helien ·

Ons is kinders so sy besluit of ons mag rook of nie. Ek sou eerder dink drank sou nog nie verkoop word nie.

Hester ·

Terwyl sy sê dat die toetse/uitslae op Covid 19 pasiente nog vloeibaar is, en daar nog nie regtig vasgestel is of dit waar is nie , het sy al vanaf 26 Maart die verbod tog ingebring en volstaan daarby, maar haar seun se fabriek loop soos stroop. Hoekom?

Oom Hennie Pennie ·

Die feit is dat rook skade doen aan jou longe. Vir my part kan sigarrette lewenslank verban word. Wat my die meeste grief is die stink sigaret rook en mense wat rook. Sies hoe soen ‘n man ‘n meisie wat rook?

koos10 ·

OonHenniePennie, en as jy gedwing word om nie meer te braai nie, of nie meer winkels toe te gaan nie of enige ander iets wat vir jou lekker is, nie meer mag doen nie? Sal jy happy wees, of net ja en amen sê?

Jessey ·

Oom Hennie Pennie, en dit is presies soos jy daar se. Neem net in ag dat dit jou keuse is om nie te rook nie, en ek maak nie inbraak op jou keuse nie, en probeer jou nie forseer om te rook nie.

Dus kan ek glad nie verstaan hoekom jy jouself die reg sal wil toe eien op my vryheid van keuse inbraak te wil maak nie.

Ek belowe dat ek jou opinie daaroor sal respekteer en jou nooit sal probeer soen nie. Kan ons nou maar rook?

Erica ·

Jammer maar ek stel nie belang om jou te soen nie. Net nou het jy n vrot tand en dit stink meer. Dankie maar nee dankie

Frans ·

Dit gaan oor ‘te”.Te veel eet,te veel drink,te hoë spoed,te veel rook ens is nadelig en kan gesondheidrisikos inhou ,maar ‘n yskoue bier en ‘n sigaret na ‘n spannende en taai wedstryd is net die regte goed om mee te ontspan.

Die minister gebruik dus die ‘te’ en beweer dat almal te veel rook en verstaan nie dat die verbod die Staat van broodnodige inkomste ontneem en rokers aan nog ‘n groter risiko blootstel deur die swak gehalte sigarette wat haar maatjies op die swartmark versprei.

Jannie ·

Dis als goed en wel dat hulle dit doen. Maar dink aan die ouer mense wat al van outs af rook dit gaan eerder n ouer persoon wat in sy laat 60 is en ouer se dood veroor saak want dis n grooter skok vir hom of haar om op te hou rook en hulle lighaam kan nie die skok hanteer nie. En dan kry cov19 weer die skild en nie die mense wat dit in werking. gestel het nie.

Suzette ·

Ek wens ek kon haar persoonlik ‘n paar vrae vra: Hoekom staan ou mensies nog in lang rye, son, reën of hael, vir hulle SASSA geldtjies, kon lang jare terug al dit elektronies gee? Hoekom is daar nog so baie mense wat water en toilette deel, in ons winter maande ? Wanneer laas was sy in ‘n propvol kliniek of staats hospitaal ? Die tax inkomste op die sigarette en alkohol kon die “health issues” en soveel meer al uitsorteer het.

Mariana ·

Net omdat sy ‘n anti-roker is beteken nie dat sy haar wil op ander kan afdwing nie. V Sy soek verskonings. Ek is ook ‘n nie-roker maar sal nie ander se keuse om te rook wegneem nie. Sy is aanmatigend en arrogant om ander se keuses te maak namens hulle. Sy moes nooit in magsposisie gewees het nie.

Mira ·

Gemorskos gee ook Diabetes en Bloeddruk Missies Clever,HIV het ook versprei na al jou dietes wat gevolg moes word.☻nou is my vraag wat weet jy eintlik wat is goed vir Suid Afrikaners?

mattk ·

Daar is ‘n gesegde.. “‘n Vlymskerp skeermeslem is veiliger in die hande van ‘n bobbejaan as wat geleerdheid is in die hande van ‘n dwaas”. Waar het hierdie antie haar graad gekry of is dit ook weereens ‘n ere graad wat toegeken is omdat sy een van die kaders is? Sy het geen benul van wat aangaan nie en is net so magsbehep as haar eks.

Emily ·

Sy het nie n idee waarvan sy praat nie. Regtig.
Ek het n groter kans om te sterf aan misdaad en hulle fake sigarette as aan my gewone ou dampie.
Hoekom word niks gedoen aan haar en haar gabbas met hulle onwettige smokes nie.

Amatambo ·

Help my reg indien ek verkeerd is, maar was NDZ nie kort na “UHURU” ons eerste minister van gesondheid nie? Ek DINK sy was – of is nog steeds ‘n dokter, maar wat my laat wonder (indien sy wél een is) of sy nie dalk ook ‘n sangoma is nie ??? Ek onthou egter dat Manto Tshabalala Msimang het haar as minister van gesondheid opgevolg hier in Mbeki se tyd – en ek onthou ook al haar sogenaamde “raad”teen vigs – beetsap – enekkan nog goed onthou hoe sy gesê het suurlemoenskil verseker ‘n mooi vel, maar dis ook al…. Nee-kyk – hierdiespul DINK hulle is almal so verskriklik slim… die deskundiges kan hulle absoluut NIKS leer nie…

Gawie ·

Die navorsing wat sy na verwys dui egter geen direkte skakel tussen rook en COVID-19 nie, en van die navorsing weerspreek ook haar sieninge. Die stukke waarna sy verwys bevat net statistieke oor rokers wat dood is aan COVID-19, maar maak geen afleidings nie.

Magda ·

bla bla bla – kyk om jou rond dan sal jy sien hoeveel mense tel stompies op, en hoeveel mense gaan nou met die drank wat gelig word nie deel nie, nie met glase nie maar sommer so die bottels aangee. Jy weet wragtig nie meer wat om te se nie. Hoop met die volgende verkiesing gaan al die mense wat nou so demoer is vir die NAC teen hulle stem. Onthou wat goes around come stound., maar nou ja jy het nie die brein om dit te verstaan nie. Minister w\van wat – Illegal trading.

Ansie ·

Alkohol is baie gevaarliker as sigarette, veral in dié tye waar mense opgesweep is. Kanse is dat meer ongelukke en bakleiery agv alkohol meer beddens en mediese sorg in beslag gaan neem. Nie almal ken hulle perke nie.

Spekkies ·

Kan hulle se hoeveel van die 520plus wat dood is was rokers? Ek dink nie so nie. So die dame kan maar mense aan die neus lei, sy regeer tog. Die parlement luister wat sy se ongeag wat wetenskaplikes se. Sy beskou haar self as ‘n god van SA wat wette maak soos dit haar pas. Se bietjie wat gebeur met al die der duidende sigarette wat gekonfiskeer word. Ek is seker dit word terug gesit op die swartmark sodat die staat hulle pond vleis kan kry. So word almal’ n rat voor die oe gedraai. Hulle is almal korrup, seker sy kry haar gedeelte vir aftrede van die smokkelaars en sy lag al die pad

Josias ·

Wat onverstaanbaar is dat almal weet wie smokkel sigarette ,tot tannie Zuma, maar die polisie arresteer die mense nie , dus kan die vekoop van tabak produkte mos nie verbode wees nie. Tensy iemand ń “backhand” kry.

netekalleen ·

Sy kry haar deel bakhand dis hoekom sy die verbod nie sal.afhaal nie. Skep terwyl daar so baie onwettige handel is. Ek weet eerlikwaar nie waar ons regering sy statistieke kry nie.

Jack ·

Die minister gee baie syfers en verwys haar bronne as navorsing maarbdie bronne word nie openbaar nie. Ek het ander navorsing gelees wat die teendeel aandui. Ek twyfel oor haar bronne en ook haar redenasies rondom dit.

LIEZL ·

Ek wil net weet, hoekom is almal eweskielik bekommerd oor rokers se welstand en mediese toestand? Ek haat rook, maar genade, as jy wil rook, rook dan. Nou rook meer mense dagga, want dis beskikbaar. Sjokolade en suiker produkte moet dan verbied word vir diabete?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.