‘Dit was hel’ – onnie oor vals rassismeklag

Die Pretoriase onderwyseres Anneke Smit kan op 1 Augustus terugkeer skool toe. (Foto: Alexa Reinecke / Solidariteit)

ʼn Vals klag van rassisme teen ʼn Pretoriase onderwyseres het haar lewe byna drie jaar lank hel gemaak. Anneke Smit kon boonop vir 10 maande nie werk nie nadat sy skuldig bevind en in September verlede jaar onbillik afgedank is.

“Dit was hel,” het Smit aan Maroela Media gesê oor die emosionele tol wat die ervaring op haar en haar gesin geëis het.

“Ek was regtig in ʼn donker plek en wou vir die eerste paar maande ná die afdanking nie ʼn voet buite die huis sit nie. My eie kinders was daai tyd ook in die skool en wanneer ek hulle gaan oplaai het, het ek ʼn blok ver gestop. Ek wou niemand sien en met niemand praat nie.”

Haar afdanking het boonop kort voor haar dogter se matriekafskeid plaasgevind, asook enkele dae nadat Smit en haar man ʼn nuwe huis gekoop het. Skielik het sy sonder ʼn werk en salaris gesit.

Sy was onder meer ook bekommerd oor die uitwerking wat haar skielike afdanking op haar gr. 10- en gr. 11-leerders se eksamenvoorbereiding vir lewenswetenskappe sou hê en het steeds ʼn plan gemaak om al hul werk by hulle uit te kry terwyl die skool ʼn plaasvervanger gesoek het.

Maroela Media het vroeër berig dat Smit (49) nou op 1 Augustus kan terugkeer na die skool in die noorde van Pretoria waar sy die afgelope dekade gewerk het. Dít volg nadat die vakbond Solidariteit ʼn saak namens Smit gewen het. Sy moet ook skadevergoeding ontvang vir die 10 maande wat sy nie kon werk nie.

Die hele herrie is ontketen nadat ʼn gr. 11-leerder in 2019 aangevoer het dat Smit haar ʼn “police monkey” genoem het terwyl sy eintlik die woord polisiemannetjie in haar klas gebruik het. Smit gee lewenswetenskappe in Engels en Afrikaans en sê dat sy gereeld uitdagings ten opsigte van dissipline met sommige leerders in dié spesifieke Engelse klas ondervind het.

Smit sê sy het gemengde gevoelens oor haar terugkeer na die skool op 1 Augustus aangesien sy verlig is dat die proses afgehandel is, maar ook voel asof sy nou ʼn teiken vir die onderwysdepartement is.

Hoewel sy bang en versigtig is, is sy egter bly sy kan haar werk terugkry, aangesien sy ʼn “juffrou in haar hart en siel is”.

Smit is ook dankbaar dat sy in 2020 en 2021 (tot in September) steeds kon skoolgee en “die voorreg gehad het om ʼn wonderlike groep leerders te onderrig”.

“Ek is baie bly geregtigheid het geskied. Die afgelope 10 maande was moeilik en ek het vir myself gesê ek wil nooit weer skoolhou nie.”

Smit sê die ondersteuning van haar kollegas en geliefdes het haar egter gedra en gehelp

“Ek wou aanvanklik net gaan lê en nie veg nie. Ek hoop dat hierdie oorwinning en uitspraak ook hoop vir ander onderwysers sal gee wat hulself in dieselfde situasie bevind.”

Tydens die verhoor by die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) is bevind dat die aanklag sowel as die prosedure rakende Smit se ontslag ongegrond was en daarom behoort sy in haar pos heraangestel te word.

“Dit is verregaande dat ʼn onderwyser se lewe en werk onder haar uitgeruk is bloot omdat ’n vals klag van rassisme teen haar aanhangig gemaak is,” het Anlia Archer, organiseerder by Solidariteit se onderrigsektor, gesê.

Archer meen daar is geen plek in die onderwys vir aanklagte van rassisme elke keer wat dissipline ter sprake is nie.

“Kamma-rassisme kan nie die aanklag wees elke keer wat iemand ongelukkig is oor ʼn interaksie wat in die klaskamer plaasvind nie. In hierdie geval is ʼn hele gesin se lewe ontwrig deur een vals aantyging,” voer Archer aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Toy ·

Die wat haar so valslik beskuldig het, daar moet nou hel gemaak word vir hulle. Hulle was rasisties teenoor haar gewees. Dit is onaanvaarbaar.

Anna Johanna ·

Ja ek sal graag wil weet wat gaan gebeur met die kwaadstoker. As hy op 17 al so lieg wat lê voor 8n die toekoms?

Chillipit ·

Ek hoop jy dagvaar elkeen in hul persoonlike hoedanigheid nou verder…

Willem ·

En gaan die kind wat die valsheid verkondig het nou geskors word?

Maritza ·

Dis 3 jaar terug en dit was ‘n graad 11 leerling so ek glo hy/sy is klaar met skool

JohanR ·

3 jaar terug. Sou die domme het al twee keer mislik in 3 jaar soe is seker nog daar?

Jr ·

Nee sy of hy sal n werk in die govt ( education dept saam met lephoofi as mentor) of n munsipaliteit, of die MRK kry. CV is reg –

domheks ·

Dagvaar eerstens vir Lesoefieee (die rassis behepte) daarna die ou dogtertjie wat nie haar ore die oggend gewas het nie.

Willem ·

Ongelukkig is dit die “goto” klag wat elke keer teen blankes gebruik word in alle arbeidsektore waneer “our people” ongelukkig is met n blanke se optrede. Laat n blanke persoon n opdrag van n blanke werkgewer oordra aan n nie-blanke kollega en daar word reguit vir die blanke gesê hy lieg. Ek weet. Het al meer as een keer met my gebeur.

philippus ·

Gaan daar kriminele klagtes teen die leerder en lesufi volg. Gaan daar simile eise teen hulle volg. Sy optrede is erger as jou eie geld in n matras

Jean ·

Valse rassisme moet presies dieselfde straf wees as regte rassisme. Daai “mannetjie” moet nou ‘n boete kry, dalk nog tronkstraf ens. Want die vrou sou al daai goed gekry het.

Maritza ·

Ongelukkig ons lot in SA nou. Hulle kan se wat hulle wil en kom weg, Se ons iets wat hulle nie pas nie dan word die rasse kaart gespeel

Charlotte ·

Ongelukkig is die ou bloedjie nou reeds klaar met skool. Dit was my Gr 11 (laasjaar Gr 10) dogter se biologie onderwyseres. Sy het werk per e-pos/telegram/whatsapp aangestuur na haar afdanking om seker te maak ons kinders is voldoende voorbereid vir die eksamen.

My dogter se eerste woorde gister was: “dankie tog – nou het ons weer n juffrou wat weet hoe om biologie aan te bied”

Die mees nederigste mens…. So onnodig gewees….

Tania ·

Dagvaar hulle !!!!! laat hulle ‘n les leer om nie mense vals te beskuldig en om elke hoek en draai rasisme te skree nie, leer hulle ‘n les !!!!

duiweboer ·

Nou waar is daardie kind vandag wat die valse aantuiging gemaak het. Seker in n universiteit met n beurs van Lesufi af

Mariana ·

Police monkey en polisiemannetjie klink nie eers dieselfde nie. Daai leerder behoort ook vasgevat te word. Oud genoeg om te verstaan dat jy nie vals beskuldigings kan maak nie. Bly sy kry haar werk terug en dat sy darem ten minste vergoed sal word, maar ongelukkig het daai kind klaar trauma en hartseer en skade aangerig. Onderwysers moet wragtig hare op hul tande hê om vandag hul werk te doen. Daar word net te maklik rassisme geskree, Lesufi is in die eerste een om oordeel te vel, hy is die rassis.

Pietertjie ·

Ek hoop sy maak ‘n siviele saak teen almal wat gehelp het om haar in die gemors te dompel. Hou hulle persoonlik aanspreeklik, die kind inkluis. Al kry sy geen vergoeding daaruit nie, hulle moet vóél wat hulle gedoen het.

Vanessa ·

Regtig!!! Jou kind is op skool om te leer, nie om tantrums te gooi en met alles na mamma en pappa toe te hardloop nie. Wat gaan hulle doen as hulle werk. Geen probleem as dit iets ernstig is nie, maar regtig die nonsens waarmee hulle deesdae wegkom is belaglik. Ek hoop daai kind word nou geskors. Maak ‘n voorbeeld van hom of haar.

Hennie ·

Mev Smit dagvaar die rook uit hulle uit. Hulle het jou lewe hel gemaak, maak nou hulle lewe hel.

AmY ·

Die kind wat haar vals beskuldig het, is nou al mondig en ‘n grootmens. Laat sy nou rekenskap gee.

Sarel ·

Nou terug na haar ou Skool toe waar niemand haar bygestaan het nie…Uit ondervinding weet ek daar lê nou ‘n pad van Viktimisasie vir haar voor…sterkte Dametjie..
Lesufi is beslis nie gelukkig nie

Johann ·

Ongelooflik dat wanneer ‘n “leerder” in die “engelse klas” rassisme skree dit onmiddelike rassisme is? En wat nou van die “leerder” wat verandwoordelik is vir die blatante leuns?

Spook ·

“Engelse” klasse in Afrikaanse skole is gewoonlik ‘n probleem. Die kinders het nie disipline nie, en is daarop uit om die onderwysers te tart. Hulle ouers plaas hulle in die skole in ‘n poging om die bloeitjies ‘n beter opvoeding te laat kry, maar die kinders wil eerder in ‘n “engelse” skool wees.

Martin ·

Beste is om afspraak te maak en regshulp te kry. Dagvaar hulle die verweerder mag ‘n pleit opstel en dit aan die klerk van die hof oorhandig. Dit vind plaas in die siviele hof. Die partye in ʼn siviele saak is die eiser en die verweerder, of die applikant en die respondent, na gelang van die prosedure wat gevolg word. Daar is geen aanklaer in die siviele hof nie. Dit is bloot een party wat iets van ʼn ander party eis bv. skadevergoeding.

JohanR ·

Dit is nou ‘n 14,4563%……“police monkey” vir polisiemannetjie, en dan bel sy dadelik vir Mamma. Hoekom is selfone toegelaat in klaskamers?

Miena ·

Daai Gr 11- polisiemannetjie-wanna-be- geraasbek-kind is seker nou al klaar met skool. Hopelik en nie al die afgelope jare gedruip nie. Gelukkig sal jy nie met dieselfde klas van 2019 opgeskeep sit nie. Gaan terug skool toe, hou jou kop hoog en doen net jou werk na die bes van jou vermoee. Alle oe gaan van nou af op jou gerig wees – hulle wag net vir n verkeerde stap van jou kant af. Jy het niks om oor skuldig te voel nie. Jy het klaar n straf uitgedien – heel onnodig myns insiens – maar nietemin, ek wens vir jou sterkte en voorspoed toe.

Jr ·

Hulle het my ondergrond valslik van rassisme beskuldig. Nogal n mannetjie van Mocambique wat nie eintlik n reg het om hier te werk. Soladariteit in Carletonville het n baie bekwame rep gehad wat op die einde van die dag 40, ja 40 verskille in hulle 3 getuienis oop gevleg.Die presiding officer wat per toeval n swart man was het in sy besluit gesê dat die kamstige insident het duidelik en nooit gebeur nie en dat die aanklaer moes aangekla word vir valse aantuigings. My swart mense wat vir my gewerk het, het 100% agter my gestaan en vir my getuig. Solidariteit julle is YSTERS.

Magda G ·

Dagvaar die ouers en die kind, solkool en Onderwys dept. Gee hulle goed gas

Ben ·

Ek is bly oor die uitslag .
Ons blankes moet net eenvoudig ons man staan , en nie bang wees of stilbly vir once ” nie swemmers “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.