‘DKD weer skuldig aan rassediskriminasie’

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het kort op die hakke van die konstitusionele hof bevind dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) weer skuldig is aan rassediskriminasie.

Dit volg nadat mnr. Philip Kitching oor die hoof gesien is vir ’n vakante direkteurspos in Noordwes weens die feit dat hy ’n wit man is, wat volgens die DKD oorverteenwoordig is op daardie vlak.

Solidariteit het die KVBA weens diskriminasie in die werkplek genader nadat Kitching aan al die minimum vereistes vir die geadverteerde pos voldoen het, maar nie as ’n moontlike kandidaat gekortlys is nie.

Volgens Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, het die vakbond namens sy lid aangevoer dat hierdie handeling ingevolge artikel 6(1) van die Wet op Billike Indiensneming op onbillike diskriminasie in die werkplek neerkom.

“Die KVBA het ons gelyk gegee dat die uitsluitlike inagneming van die nasionale rassedemografie met die kortlys van kandidate vir die pos en in die afwesigheid van ʼn geldige diensbillikheidsplan onbillike diskriminasie daargestel het. Die kommissaris het beklemtoon dat om iemand op grond van sy ras en geslag nie te kortlys nie, ’n totale belemmering op sy bevorderingsgeleenthede in die werkplek plaas, en dit word uitdruklik ingevolge artikel 15(4) van die Wet op Billike Indiensneming verbied,” het Kruger verduidelik.

Volgens Kruger het die KVBA ’n bedrag as skadevergoeding aan Kitching toegestaan en ook beveel dat die DKD stappe moet doen om te verhoed dat soortgelyke onbillike diskriminasie of soortgelyke praktyke, naamlik dat geskikte kandidate doelbewus bloot op grond van ras uitgesluit word, weer plaasvind.

“Hierdie beslissing is maar net weer eens ’n bewys dat onbillike diskriminasie op grond van ras met hand en tand beveg moet word. Solidariteit sal steeds aanhou om die geveg teen hierdie praktyke te lei,” het Kruger gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lance

Al so baie gesien dat die wat die hardste skreeu oor n ding staan gewoonlik self agter die deur … net nog n voorbeeld

Anthonie Van Bosch

Ek is jammer vir hierdie persoon, maar ek dink die wittes moet meer konsentreer op die wit-armoede/werkloosheidsprobleem. Wat se programme word op die oomblik deur welgestelde wit rykes bedryf om die wittes te help? Is daar enige nuus hieroor?

Dirk

Ek verstaan die persoon se negatiewe houding. Eks self in DKD en doen aansoek vir baie poste maar nooit ge kortlys nie. Dis so sad. Ek kry die idee DKD is gerig op quantity nie quality nie.

jaco

anthonie, maak BAIE GIED seker van al die feite voordat jy arm wit mense help. ek was deel van ‘n aksie eendag om arm wit mense te help om n ordentlike bungalow in hulle plakkerskamp op te rig. NET die vrouens het ons gehelp. die mans het net gestaan en kyk. wat my opgeval het soos wat ek deur hulle woonstrukture beweeg het, was dat daar op groot skaal alkoholiese drank gebruik word en ek kon sien dat amper ALMAL rook. As daar geld is vir so baie sterk drank en vir sigarette, dan kry hulle mos nie regtig swaar… Lees meer »

Tom

En die geld aan hom uitbetaal, kom van waar af nou weer?
As hy in die pos aangestel is teen hoër salaris, was daar minstens waarde vir geld.