Philip Kitching is oor die hoof gesien vir ’n vakante direkteurspos in Noordwes weens die feit dat hy ’n wit man is.
Lees meerAlles vir Dinsdag 20 September 2016
Hoë datakoste in parlement bespreek
Effektiewe regulering is nodig om hoë oproep- en datakoste in Suid-Afrika hok te slaan, het werknemers van die departement van telekommunikasie en posdienste Dinsdag in die parlement gehoor.
Skote klap ná wilde jaagtog in Pta
Twee beamptes van die Tshwane-metropolisie is in ʼn hospitaal opgeneem nadat ʼn beweerde dwelmtransaksie Maandagaand tot ʼn wilde jaagtog van Sunnyside tot in die ooste van Pretoria gelei het.
SA Rugby se glips ontwrig halfeind-kandidate
SA Rugby het skielik besef dat sy ondeurdagte Curriebekerprogram dalk ʼn halfeindstryd en die toets teen die All Blacks op dieselfde naweek in Durban tot gevolg mag hê en het die datums van die uitspeelrondes met ʼn week aangeskuif.
Jong man skuldig aan moord op polisiemanpa
ʼn 22-jarige man is skuldig bevind aan die moord op ao. Petrus Johannes Burger Holz (49), ʼn polisieman en pa van twee.
Brad en Angelina gaan skei
Een van Hollywood se glansrykste egpare se huwelik is op die rotse.
Seun wat glo ma vermoor kry borgtog
“Daar is geen bewys dat die beskuldigde die veiligheid van die publiek of enige ander persoon sal bedreig indien hy op borgtog vrygelaat word nie.”
ToekomsVenster: Die gawe van genesing
Dis interessant dat die Bybel op verskeie maniere verwys na geloof as gawe wat genesings tot gevolg het.
Die wêreld in foto’s – 20 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
[Foto’s] Die gevaarlikste pad in Frankryk
Motoriste en voetgangers in Frankryk moet behoorlik senuwee van staal hê wanneer hulle die Passage du Gois, suidwes van Nantes, gebruik. Dié pad verbind die eiland Noirmoutier met die vasteland en is twee keer per dag onder water tydens hooggety. Motoriste en voetgangers is al telkemale daar vasgekeer.
SR-verkiesing en lesings ontwrig by Tuks, NWU
Die Universiteit van Pretoria (UP) en die Noordwes-Universiteit (NWU) het ook Dinsdag onder studentebetogings deurgeloop nadat daar aanvanklik vroegoggend geen teken van onluste by dié twee universiteite was nie.
Video: Polisie, studente raak slaags by Wits
Polisiebeamptes het Dinsdag skokgranate op betogende studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) afgevuur nadat hulle veiligheidswagte met klippe bestook het.
NMMU-studente sluit by #FeesMustFall-betogings aan
ʼn Klein groepie studente van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth het Dinsdag voor die hoofingang van die kampus betoog en paaie versper.
Fetus in mieliesak op ashoop gestort
Die Vrystaatse polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting nadat ʼn fetus in ʼn mieliesak in Botshabelo, oos van Bloemfontein, gevind is.
Video: Bak rooibosbeskuit saam met Suzelle en Tannie Evita
Het jy al planne om Erfenisdag op 24 September te vier? Jy hoef gelukkig nie ver te soek nie! Suzelle DIY en Evita Bezuidenhout wys in haar jongste video die maklikste manier om rooibosbeskuit te maak. Erfenisdag was moontlik nog nooit só lekker nie!
UK skort klasse op; US het maatreëls getref
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Dinsdag akademiese bedrywighede opgeskort te midde van landwye betogings ná die minister van hoër onderwys se aankondiging oor studiegeld vir 2017.
Botswana deporteer homofobiese pastoor
Steven Anderson is glo in hegtenis geneem kort nadat hy ʼn radio-onderhoud in Botswana se hoofstad, Gaborone, gedoen het.
Loxton-skool in knyp ná brand, dog oorweldig deur skenkings
“Die kinders van JJ Booysen is tans in lokale oor die dorp versprei, maar hulle sit op die vloer en het geen leermateriaal nie.”
Seun vind vermiste meisie se geskende liggaam
ʼn Vierjarige meisie wat verlede week voor haar ouerhuis verdwyn het, se geskende liggaam is Maandag in ʼn veld buite Vryburg in Noordwes opgespoor.
SA verfbalspan behaal vierde plek in internasionale kampioenskap
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Verfbalvereniging (Sanpa) se o-19 span het vandeesweek ʼn algehele vierde plek in die Wêreldbekerkampioenskap in Chantilly, Frankryk, behaal.