DNS verbind man met transitoroof

(Argieffoto)

Die Khayelitsha-landdroshof het ʼn transitorower 15 jaar direkte tronkstraf opgelê nadat hy in 2018 deel was van ʼn rooftog waarin R89 000 gebuit is.

Sivuyile Mpemnyama (38) was deel van ʼn groep vermeende rowers wat beamptes van die Qiniseka-veiligheidsmaatskappy meer as twee jaar gelede naby Vredenburg beroof het. Die verdagtes het die wagte met vuurwapens gedreig voordat hulle ʼn oranje seilsak met die geld gegryp en gevlug het.

Die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het Mpemnyama met die hulp van ʼn DNS-monster aan die toneel verbind nadat hy dieselfde dag in ʼn informele nedersetting in die gebied aangekeer is.

Die seilsak is gevind naby die plek waar Mpemnyama – toe met ander klere aan – probeer skuil het, sê Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke.

“Dit is ook deur selfoonbewysstukke in die hof bewys dat hy die finansiële instelling dopgehou het,” sê Hani.

Mpemnyama is skuldig bevind op drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en besit van ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Alles goed en gaaf, maar nou wil ek by die slim mense hoor of gewapende roof met verswarende omstandighede en besit van onwettige wapen en ammunisie nie bietjie erger vonnis kon kry nie? Nogals 3 klagtes van gewapende roof met verswarende omstandighede…

Boon ·

Die berig toon hoe goeie polisierting resultate lewer: paraat, lus vir werk, DNS, selfoonrekords, ballistiese toetse, goeie dossiere

SomeOne ·

my vraag is nou, dieselfde dag aangekeer met dns monsters, eks onder die indruk dat alle dns ondersoeke jare agter is
dan is hy dieselfde dag aangekeer, waar was hy tot nou toe ?

david ·

Christel lees weer jou berig deur en se vir my wanneer is die man gearesteer, is die n ou saak of is hy onlangs gevang want die vraag dat ‘Die seilsak is gevind naby die plek waar Mpemnyama – toe met ander klere aan – probeer skuil het, sê Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke.’ ruim nie met so te se gister gevang nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.