Dokter gekaap, ontvoer

Foto ter illustrasie. (Foto: Twitter via @Abramjee)

Die polisie in Limpopo het ʼn span hooggeplaaste speurders aangestel om ʼn groep verdagtes wat verlede Vrydag verskeie sakepersele beroof en ʼn mediese dokter gekaap en ontvoer het, op te spoor.

“Op Vrydag 10 Junie het ʼn groep swaar gewapende verdagtes die Caltex-vulstasie in Jane Furse bestorm en van kontant, sigarette en selfone beroof,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie in Limpopo, Vrydag gesê.

“Toe ʼn bekende dokter van die omgewing boonop by die vulstasie stop om brandstof te koop, het hulle hom in sy Ford Ranger gekaap en weggery met hom steeds in die voertuig.”

Die verdagtes het met die Ford na twee nabygeleë nedersettings gery waar hulle twee drankwinkels van drank en kontant beroof het. Hulle het die buit in die gesteelde voertuig gelaai voordat hulle die dokter met sy voertuig in die Ga-Masemola-nedersetting afgelaai het. “Hulle het die buit uit die voertuig verwyder en is vort sonder om die dokter leed aan te doen.”

ʼn Week later is die verdagtes steeds op vrye voet.

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Thembi Hadebe, het gesê hy hoop die speurders sal onverpoos werk totdat hierdie misdadigers vasgetrek word. “Hierdie hartelose kriminele moet gejag en verantwoordbaar gehou word.” Hy het by lede van die gemeenskap gepleit om na vore te kom indien hulle oor inligting beskik wat die polisie in sy ondersoek kan help.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan speursers. Harry Katedi Mashitisho by 082 239 3402 of ao. Enoch Mashilo by 072 633 8877 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

M ·

Ek is meer beangs elke dag … Wat gaan gebeur as Rhamaphosa uit die land vlug ( Hy’t skynbaar genoeg in oorsese beleggings ) En ons , wat sulke banale wetteloosheid , onder sg. “Bestier” van Hoedkop, moet ervaar ….. Hoekom moet ons dit verdra …….?

Frank John ·

Rampies, jy en Beki moet by kom, julle fingers uit trek, jul sokkies optrek en wys julle kan, as julle nie kan nie, bedank en kry mense wat kan, mense met rugraat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.