Dokter ‘tevrede’ met Pta-skoolhoof se vordering

Chris Denysschen, hoof van die Hoërskool Waterkloof, saam met Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys en Angie Motshekga, minister van onderwys. Foto: Mariska Nanni

Chris Denysschen, skoolhoof van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria, se toestand het baie verbeter sedert hy verlede week weens Covid-19 in die hospitaal opgeneem is.

Die skool het vandag op hul Facebook-blad gesê dat die dokter baie tevrede is met Denysschen se verbetering.

“Die familie sê baie dankie vir almal se ondersteuning.”

Maroela Media het berig dat Denysschen verlede week positief vir Covid-19 getoets het. Boonop is heelwat leerders en onderwysers in afsondering geplaas ná ʼn aantal positiewe gevalle van Covid-19 by dié skool.

Na aanleiding van die huidige situasie het die skool besluit om die opedag, wat oorspronklik vir 20 en 21 April geskeduleer was, na Dinsdag 11 Mei en Woensdag 12 Mei te skuif. Ouers word aangesê om besprekings vir terreinbesoek op die skool se webblad te doen, aangesien geen van die oorspronklike besprekings na die nuwe datums oorgedra sal word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

katerinadiekat ·

Wel ek is bly vir sy onthalwe, maar wow ek het nie geweet hy is so beroemd nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.