Dokter wat glo aborsie afraai, ontken skuld

Dr. Jacques de Vos (regs). (Foto: Doctor for Life/Facebook)

Die saak teen dr. Jacques de Vos, wat van onetiese gedrag aangekla word, het Maandag in Kaapstad hervat.

De Vos, wat aangekla is van wangedrag nadat hy ʼn pasiënt glo geadviseer het dat haar ongebore baba ʼn mens is, het skuld ontken op die twee aanklagte teen hom.

De Vos se advokate het met die aanvang van die verhoor aangedui dat die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) steeds nie die inligting verskaf het wat nodig is vir De Vos om te pleit nie.

Die organisasie Doctors for Life, wat De Vos in die saak steun, sê die voorsitter van die RGB se tugkomitee het aangedui dat die komitee, na aanleiding van die aanklaer se versuim om die inligting te verstrek, weer wil kyk of die RGB te kwader trou optree.

De Vos het egter afstand gedoen van sy reg om te beweer dat die RGB te kwader trou optree, sodat die verhoor kan voortgaan. “Die rede hoekom hy van sy regte afstand gedoen het, is onder meer omdat na twee en ʼn half jaar se kwader trou deur diegene wat die saak teen hom dryf, die tyd aangebreek het vir die waarheid om uit te kom.”

Die verhoor het toe voortgegaan en De Vos het skuld ontken. Die verhoor sal op 2 April 2020 hervat.

Die tugkomitee het vroeër beslis dat twee van die vier klagte teen De Vos laat vaar word.

De Vos was ʼn intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom geskors het weens dié beweerde opmerking. Hy is sedert Julie 2017 gevolglik verbied om te praktiseer.

Die militêre hospitaal het intussen ook afgesien van sy vroeëre besluit om nie De Vos se internskapdokumente af te teken nie. Die hospitaal het die hangende tugsaak teen De Vos as ʼn rede hiervoor voorgehou.

De Vos se mediese loopbaan is nou al bykans twee jaar lank in die weegskaal. Sy verhoor is al telkemale uitgestel of herskeduleer, terwyl die aanklagte teen hom ook al verskeie kere aangepas is.

Sy regspan het vroeër onder meer aangevoer die vertragings maak die verhoor onbillik en dat die aanklagte teen hom onwettig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AmY ·

Ek hoop hy wen die saak, en dan moet hy húlle dagvaar vir verlies aan inkomste.
Baie sterkte dokter de Vos. Ons staan al die pad saam met jou.

Sonja ·

Nes die Woord ons leer – so word die reg vertrap vir onreg. Hierdie mense wat hom vervolg, is pateties. Ek staan agter hierdie Dokter en na die duiwel met die wette en mens gemaakte regte, alles in die naam van mammon

DS ·

Nou is jy in die moeilikheid omdat jy wou keer dat iemand moord pleeg. Wys jou hoe siek is ons wereld waarin ons leef. Sterkte dokter en ek haal my hoed vir jou af dat jy jou by jou morele standaarde gestaan het en hopenlik in die toekoms nog gaan staan.

Neske ·

Dis baie erg. Dr. Vos het opgetree om n lewe te red van die dood en hy word skuldig verklaar. Is dit nie n Dr se wettiglike etiek deur die eed wat hy afle met sy grade plegtigheid nie?

jaco ·

As jy in 2019 wit is en werk het, hetsy staatsdiens of privaat, doen dan NET PRESIES wat van jou verwag word. Hou jou mond en vergeet van teëpraat, kla, dinge bevraagteken en allerhande beginsels en norme en waardes voorhou. Dis VEEL beter as om werkloos, maand na maand en, nog erger, jaar na jaar, by die huis te sit.

Honderd maal NEE! ·

Dit is presies hoekom ons in die gemors is. Almal se ruggies het pap geword. As ‘n ding verkeerd is, is hy verkeerd. Jy het ‘n morele plig om dit aan die lig te bring. Al gebeur daar niks daaroor later nie kan jy met ‘n skoon gewete voor jou Skepper gaan staan en sê “Ek was nie ‘n deler nie.” As jy jou werk verloor is dit ook goed, want jou Siel is meer werd as ‘n maandelikse salaris. Lees Matt 10:29-33.

jaco ·

Ek wonder. Sal jy wat my kritiseer dan nou nie paprug wees nie en reguit praat en optree en dan bereid wees om jou werk te verloor? Ek twyfel. Dis NAG om maand na maand, jaar na jaar werkloos by die huis te sit.

Susanna ·

Sover ek weet lê dokters ‘n eed af om lewens te red nie te beëindig nie!
En die ander reg word gestraf! Om jou lewe te beëndig as jy terminaal siek is

Fanie du Preez ·

Die “Evolution Theory” word te letterlik opgevat…nou glo party mense jy kom van n oer-padda af en nie van n ander mens nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.