Donderstorm ruk deel van Karoo-skool se dak af

(Foto: Northern Cape Department of Education, Facebook)

Die Laerskool Brandvlei in die Karoo is gesluit vir alle leerders tot verdere kennisgewing nadat ’n ernstige donderstorm groot skade aan die skool se infrastruktuur aangerig het.

Die donderstorm het die dorp Brandvlei in die Noord-Kaap Woensdagmiddag getref.

Volgens Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van onderwys, is ’n gedeelte van die skool se dak weens die storm afgeruk. Dit blyk tans dat ses klaskamers se dakke afgeruk is.

“Die departement sal onmiddellike hulp aan die skool verleen sodat leerders die skool se akademiese jaar kan voltooi,” sê Van der Merwe.

“Dit is ’n ongewenste voorval en ons is dankbaar dat dit ná skoolure plaasgevind het, aangesien opvoeders en leerders ernstige beserings of selfs sterftes kon opgedoen het.”

Die departement wag vir die assesseringsverslag van sy infrastruktuur-eenheid om die pad vorentoe te bepaal.

Die skool het op sy Facebookblad aangedui dat die prysuitdeling van gr. 4 tot 7 na Dinsdag en dié van gr. R na Donderdag aangeskuif sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.