Dood van verdagte in aanhouding ondersoek

Argieffoto (Foto: Ichigo121212/Pixabay)

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van ʼn man terwyl hy in polisie-aanhouding in Scottburgh in KwaZulu-Natal was. Die aangehoudene is van moord aangekla en het homself klaarblyklik in sy polisiesel opgehang.

Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, sê die aangehoudene se liggaam is Maandag vroegoggend opgehang in die stort in sy sel gevind. Hy het homself glo met die tou van sy sweetpakbroek opgehang.

Die aangehoudene is verlede week in Hibberdene, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem en het op vyf aanklagtes van moord tereg gestaan. Hy is sedert verlede week Donderdag in Scottburgh se polisieselle aangehou.

Volgens Cola was die man Sondag vir ʼn bekentenisprosedure; die normale proses is om ’n verdagte medies te ondersoek voor en na die prosedure. Hy het net na middernag teruggekeer na sy sel toe.

Paramedici en later ook die patoloë het hom op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Riana ·

I smell a rat…. Hy is na sy sel gevat … maar in die Shower gevind….. HET DIE TRONKE DEESDAE SHOWERS IN DIE SELLE? Gin wonder ons het so baie kriminele nie… hulle bly in On Suite hotel kamers????

Gemaskerde Sopbeen ·

Polisie onbeholpenheid. Die tou van sy sweetpakbroek moes soos ‘n belt en skoenrieme verwyder gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.