Doodgeskok toe hulle wasgoed op kragdraad hang

(Argieffoto: pixabay)

Die polisie in die Oos-Kaap doen ʼn geregtelike doodsondersoek na die dood van twee mense wat glo doodgeskok is weens ʼn onwettige elektrisiteitsverbinding.

Lingomso Cose (30) en haar man, Mphakamise, was Maandagmiddag besig om wasgoed by hul huis in Soweto on Sea in Gqeberha (Port Elizabeth) op te hang toe een van die bure ʼn gil gehoor het.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die wasgoed is op ʼn draad gehang wat glo gebruik is as ʼn onwettige verbinding met ʼn kragpaal van die munisipaliteit.

Die polisie het ʼn beroep op mense gedoen om nie self kragverbindings te doen nie en het gewaarsku dat dit dodelike gevolge kan hê. Swart sê mense moet ook nie peuter met los elektriese kabels of drade nie, maar eerder die betrokke owerhede ontbied om dit te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Swerwer ·

Onwettige kragpale is mos van ‘n afstand te sien, hoe op aarde kan niemand dit nog aangemeld nie.

Perdeby ·

En nou is dit seker Eskom se skuld of die stadsraad sin. Lyk vir my of dit hulle eie onwettige draad was.

Di ·

Crime don’t pay – Mens se sondes haal jou een of ander tyd in

Irene ·

Swerwer almal daar is seer sekerlik skuldig aan die misdryf so niemand gaan vir enige 1 aankla nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.