‘Drakonies’; EFF woedend oor hofbesluit wat hom by staatsrede weghou

Julius Malema tydens die EFF se nasionale stilstand. (Foto: EMMANUEL CROSET / AFP)

Die EFF is woedend oor die Wes-Kaapse hooggeregshof se besluit om die ses EFF-LP’s – “wat vreedsaam by verlede jaar se staatsrede betoog het” – by vanjaar se staatsrede weg te hou.

Maroela Media het vroeër berig die ses LP’s, onder wie EFF-leier Julius Malema en sy adjunk Floyd Shivambu, se dringende aansoek om toegelaat te word om die staatsrede by te woon, is Dinsdag met koste van die hofrol geskrap. Die saak was nie gereed vir verhoor nie aangesien die applikante van hul hofdokumente laat ingedien het.

“Hierdie uitspraak benadruk die onderdrukkende aard van die uitvoerende gesag se pogings om aanspreeklikheid te smoor en diegene wat pres. Cyril Ramaphosa aanspreeklik hou, se stemme stil te maak,” sê Sinawo Thambo, nasionale woordvoerder van die EFF.

Hy sê die partydige en drakoniese besluit om Malema, Shivambu, asook die sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, en kommissarisse Sinawo Thambo, Vuyani Pambo en dr. Mbuyiseni Ndlozi weens minagting van die parlement te skors, “is duidelik polities gemotiveerd en het ten doel om diegene te intimideer wat poog om die regering aanspreeklik te hou”.

“Die vreedsame betoging by die staatsrede van 2023 het uit ernstige bewerings teen Cyril Ramaphosa gespruit oor die ontdekking van groot hoeveelhede buitelandse kontant wat in sy meubels versteek was, wat nou ​​as die Phala Phala-skandaal bekend staan.

“Die EFF was en bly diep bekommerd oor die gebrek aan voldoende ondersoek en daaropvolgende aanspreeklikheid rakende hierdie ontdekking. Dit het ook aan die lig gekom dat daar agterbakse ondersoeke met behulp van staatshulpbronne was.

“Die oënskynlik gekoördineerde toesmeerdery deur staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), SAID en selfs die Openbare Beskermer (OB) se kantoor, het geloofwaardigheid verleen aan die vlakke van misdadigheid deur die president,” sê Thambo.

Hy meen dat die EFF “in hierdie klimaat van straffeloosheid as ʼn leidende stem na vore getree het om teen korrupsie te veg en deursigtigheid van die hoogste regeringsvlakke te eis”.

“Dit is dus nie verbasend dat die parlement se komitee oor magte en voorregte, wat hoofsaaklik deur lede van die ANC saamgestel is, met dissiplinêre stappe teen ons lede voortgegaan het nie.

“Die tydsberekening van hierdie skorsing is besonder skelm. Hierdie stap blyk ʼn berekende poging te wees om te verseker dat Ramaphosa sy finale staatsrede kan lewer sonder om in die EFF vas te kyk.”

Thambo sê dit is duidelik “dat lede van die ANC-regering hulle tot wraaksugtige maatreëls wend om opposisiestemme stil te maak en aanspreeklikheid vir hul mislukkings te ontduik”.

“Ondanks hierdie onregverdige optrede wil ons lede van die publiek verseker dat alle EFF-parlementslede wat die staatsrede wel bywoon, sal voortgaan om Ramaphosa aanspreeklik te hou vir sy mislukkings.

“Dit sluit in die ongebreidelde werkloosheidsyfers, stygende misdaadsyfers, geslagsgebaseerde geweld (GBV) en die Phala Phala-skandaal, wat die primêre rede vir ons aanvanklike protes was.”

Thambo sê die feit dat ʼn vreedsame betoging tot vervolging gelei het – en nou tot ʼn hofuitspraak wat die vervolging wesenlik handhaaf – wek ernstige kommer oor die stand van demokrasie in ons land.

“As die hoogste instelling – wat die taak het om demokratiese beginsels te beskerm – aan klein partypolitiek toevertrou is, dan is die kern van demokrasie op die spel. Hierdie besluit skep ʼn gevaarlike presedent en bedreig die fundamentele regte van burgers om hul regering aanspreeklik te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Papsak ·

Mooi so julle kan ook op julle plek gesit word want julle kan julle nie gedra nie lekker

Oudste ·

Hoe het Julias gese toe hulle hom gevra het oor Kill the Boer, kill the farmer? Crybabies! Waar is jou dummy nou, Crybaby?

Christian J M ·

Aag man – gaan brand dan die parlement af — o wag !!
Dis klaar gedoen ne.

Johannes ·

Hy kry maar net waarna hy gesoek het. As jy jou wil gedra soos n onbeskofde en nie jou plek ken nie gebeur dit. Net te lank gevat voor hy in die bek geruk is

latie ·

luister as jy nie ore om te luister nie wie se skuld is dit moenie jou vinger wys ons nie druk jou vinger in jou ore dan voertjek en gaan leer by ander plek waar jy kan leer en respek vir jou ouma ???>>>>>>

annie ·

Die EFF moet sy eie vertonings reël en self vir die saal en verversings betaal. Malema wil die Kaapstad-stadsaal verniet gebruik vir sy eie vervelige dieselfde show jaar na jaar. Die skrikwekkende rooi oorpakke is ook net te na aan die eie aard om toekouers se aandag te boei.

Di ·

Weet nie hoekom hierdie narre nog enige pubilisiteit kry nie. Grootste onmin saaiers in die land., wens hulle wil almal verwyn soos mis voor die son

pdbpta ·

Deur Malema sender teenspraak direk aan te haal, gee die media erkenning en word dit ñ spreekbuis vir sy roekelose retoriek.

Leona ·

Narre! Demokrasie, hehe, van n kommunistiese, sosialistiese party, nogal nê!

Roek ·

@ Annie, glo my hul kry ook baie geld om daar te sit en of slaap, of tekere te gaan , ek weet nie of ek die woorde sonder inegriteit of respek op te tree nie !

Casper ·

Uncle,hoe verstaan ek jou dan nou,jy ondermyn vir Ramarama maar jy ondersteun onteiening sonder vegoeding wat jy voorgestel het,die BELA wet,die NGV en jy is rassisties teenoor blankes.Kyk maar die staatsrede op teevee.

JohanR ·

As ietsie nie die EFF se kant toe gaan nie dan is als verkeerd in SA ne ou Julius? Jy sal maar buite op die sypaaitjie moet sit.

Prikkie ·

@Casper – hy sal dit nie op die TeeVee kan kyk nie, want hy gaan sy TV stel breek wanneer hy op die verhoog probeer klim!

Andre ·

…onse Julius gaan hierdie loesing nie ligtelik aanvaar, so kort voor die verkiesing nie!
Kyk maar, hier kom chaos .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.