Malema en kie se aansoek oor staatsrede-bywoning geskrap

EFF-leier Julius Malema (Argieffoto: Michele Spatari/AFP)

Ses EFF-LP’s, onder wie EFF-leier Julius Malema en sy adjunk Floyd Shivambu, sal nie vanjaar se staatsrede kan bywoon nie.

Die ses LP’s se dringende aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof om toegelaat te word om die staatsrede by te woon, is Dinsdag met koste van die hofrol geskrap. Die saak was nie gereed vir verhoor nie aangesien die applikante van hul hofdokumente laat ingedien het.

Die parlement het die uitspraak verwelkom en gesê hy stem saam met die meerderheidsuitspraak dat die verantwoordelikheid by die applikant lê om te verseker dat hy by die hofreëls hou en ’n goed voorbereide saak het wat ryp is vir verhoor.

“Die EFF se onredelike tydraamwerke en die indiening daarvan om middernag voor die volgende hofdag het nie net die parlement en die hof verontrief nie, maar het ook aangedui dat hulle nie gereed is vir hul aansoek om aangehoor te word nie,” het Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, gesê.

Die skorsing van die ses EFF-LP’s is van 1 Februarie tot 29 Februarie van krag. Hulle is sonder vergoeding geskors én word verbied om die staatsrede by te woon.

Malema, Floyd Shivambu, Mbuyiseni Ndlozi, Marshall Dlamini, Sinawo Tambo en Vuyani Pambo is verlede jaar deur die parlement se magte-en-voorregte-komitee aan minagting van die parlement skuldig bevind. Dit het gevolg nadat hulle verlede jaar die verhoog tydens pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede bestorm en geweier het om die sitting te verlaat. Hulle is uiteindelik deur die parlement se veiligheidsdienste verwyder.

Malema en die ander EFF-LP’s het hulle aan die parlementêre verhoor onttrek nadat hy aangevoer het dat daar ʼn “voorafbepaalde uitkoms” vir die saak is. Hy het ook na die verrigtinge as ʼn boendoehof verwys. Die magte-en-voorregte-komitee het egter sonder die beskuldigdes met die saak voortgegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Prikkie ·

Een maand wat hulle darem nou die korrekte salaris sal ontvang in ooreenstemming met dit wat hulle doen.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Die Suid-Afrikaanse parlement moet ‘n rolmodel wees van hoe ‘n demokrasie beoefen moet word. En parlementslede moet mekaar met wedersydse respek behandel. Eerlikheid en verdraagsaamheid moet die slagspreuk van die parlement wees.

KB ·

As jy nie eers die “basiese” dinge binne die reëls reg kan doen nie, hoort jy die daar nie.

Anel ·

Hoekom word die eff nie maar net as ‘n geheel ontbind nie? Dit sal ons soveel frustrasie spaar.

Daisy ·

Dalk sal die prosedures vir een keer beskaaf verloop (sonder die narre)

domheks ·

Die narre wil maar net voortgaan en hulle soos diere gedra, geen respek vir niks en niemand nie.

M ·

Hier kom nog ‘n groter sirkus as ooit, voor- en buite die parlement !!!

Jaco ·

solank die ANC en die EFF van mekaar verskil, al is dit nou ook oor die kleur van die mure vfan die parlement se toilette, gee dit ons wit mense “grasie”.
Glo my, die “nag” van beurtkrag gaan ‘n sondagskoolkonsert wees teenoor onteiening sonder vergoeding, sodra die ANC en die EFF finaal vrede maak met mekaar.

fbbb ·

WAAROM KRY EFF NOG STEEDS PUBLISITEIT? Hulle lag lekker in hulle mou oor al die gratis publisiteit oor enige iets wat hulle sê of doen. EISH

Jan ·

Gaan seker daaroor toytoy ook…en natuurlik hulle berugte krete uitgil????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.