Michael Masutha, minister van justisie, sal na verwagting Vrydag aankondig of die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock, ʼn voormalige BSB-agent Ferdi Barnard, en Clive Derby Lewis op parool vrygelaat gaan word.
Derby-Lewis (79) dien tronkstraf uit vir sy aandeel in die moord op Chris Hani, sekretaris-generaal van die SAKP, op 10 April 1993. Hy het glo longkanker en het verskeie kere aansoek gedoen om mediese parool, maar dit is geweier.
De Kock het hom weens dade in die apartheidstyd die bynaam Prime Evil op die hals gehaal. Hy was ʼn polisiebeampte onder die apartheidsregering waartydens Gelnak Masilo Mama en die res van die sogenaamde “Nelspruit-vyf” in 1992 vermoor is. Hy is in 1994 in hegtenis geneem en in 1996 in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind en gevonnis. Hy is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis asook ʼn bykomende 212 jaar tronkstraf.
Barnard, ʼn voormalige agent van die apartheidsera se Burgerlike Samewerkingsburo (BSB), is in 1999 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op David Webster, ʼn teen-apartheid-aktivis.
Die besluit word om 10:00 verwag.
Clive het “glo” longkanker. Hy IS baie siek, maar die klomp wat GLAG NIE siek was/is nie, kry parool???
Ek hoop al 3 kry parool