Drie leerders sterf by skool

(Argieffoto: @WCHEMS/Twitter)

Drie leerders van ʼn skool in Emalahleni (Witbank) is dood, vermoedelik weens voedselvergiftiging.

Die departement van onderwys in Mpumalanga sê in ʼn verklaring die kinders is Maandagmiddag dood. Hulle was leerders by die Nelson Ngubeni Primary School in Emalahleni.

“Nog tien leerders van dieselfde skool word by die Emalahleni-hospitaal behandel,” het Jasper Zwane, woordvoerder van die departement, gesê.

Die departement het ook amptenare na die skool gestuur om leerders en hulle ouers te ondersteun.

Die LUR vir onderwys in die provinsie, Bonakele Majuba, gaan die hospitaal en skool Woensdag besoek.

Zwane het gesê ʼn volledige verslag moet saamgestel word om die verloop van gebeure en oorsaak van die beweerde voedselvergiftiging te bepaal, asook om die weg vorentoe uit te stippel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Poppie ·

Nou wonder ek net wie die skuld gaan kry vir dit. Wag in spanning. Jammer oor die kinders wat so afhanklik is van ander vir kos en dan gebeur dit.

jennefer ·

Dis wat gebeur as daar nie meer gesondheids inspekteurs is nie. Ek kan my verkyk hoe daar by ons Taxi staanplek vuur gemaak word en kos berei en verkoop word. Die tuinslang bring water uit die toiletgeriewe.

Alida ·

Aan wie is die tender toegeken? Die kos was vrot wat anders. Die kinders kry gemufte brood by die skole.

Dot ·

Destyds het die uitbreek van die Listeriosis virus ook by 3 leerlinge begin wat na bewering vetkoek en polonie by die skol gekoop het, en net daarna begin siek word het.
Kyk waar het daardie storie gaan draai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.