Drie ondervra oor moord op Duitse toeris

Bheki Cele, minister van polisie, het Woensdag die toneel besoek waar die Duitse toeris doodgeskiet is. (Foto: SA Polisie/Twitter)

Die polisie het drie mense “van belang” in hegtenis geneem ná die moord op ʼn Duitse toeris in Mpumalanga die afgelope naweek.

Die 67-jarige Duitser was Maandagmiddag as deel van ʼn toergroep van die Drakensberge na die Mdluli Safari Lodge in die Krugerwildtuin op pad, toe gewapende aanvallers hulle in ʼn lokval voorgekeer het.

Die voorval het groot opslae gemaak en die hoofopskrifte in verskeie Duitse blaaie gehaal. Bheki Cele, minister van polisie, het Woensdag self die gebied besoek en was ook op die toneel waar die skietery plaasgevind het, om hom van die omstandighede te vergewis.

Die minister en genl. Fannie Masemola, nasionale polisiehoof, is ook op die hoogte gebring van ander misdaad waaronder inwoners van die gebied deurloop.

Bheki Cele, minister van polisie, gesels met Chris Schalkwyk, ‘n verteenwoordiger van die lodge waarheen die toeriste op pad was. (Foto: SA Polisie)

Chris Schalkwyk, uitvoerende bestuurder van Mdluli Safari Lodge, was een van diegene wat Cele ontmoet het. Schalkwyk was self kort ná die skietery op die toneel. Hy het vroeër aan News24 gesê die slagoffer se vrou is buite haarself en dat die slagoffer se vriende platgeslaan en geskok is. Volgens hom is die groep moontlik ʼn ent lank agtervolg voordat hulle by ʼn spoedhobbel, sowat 3 km van die Numbi-hek, oorval is.

Die aanvallers het die Hyundai-bussie waarin hulle gereis het, voorgekeer en die toeriste beveel om die deure oop te sluit. Die Duitser wat die bussie bestuur het, het egter al die deure gesluit en een van die aanvallers het hom deur ʼn ruit in die bolyf geskiet.

Die aanvallers het met leë hande gevlug en die Duitse toeris is kort daarna op die toneel dood.

Die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, ontmoet intussen Woensdagmiddag die res van die groepie toeriste by die OR Tambo-lughawe voor hulle na Duitsland terugkeer.

Die voorval het hernieude kommer oor die uitwerking van misdaad op toerisme veroorsaak.

Volgens die Krugerwildtuin is die Numbi-pad reeds as ʼn misdaadbrandpunt geïdentifiseer en daar is voortgesette pogings om misdaad in die gebied en op die pad met die hulp van verhoogde veiligheidspatrollies en voertuigherkenningsprogramme te beveilig.

“Ons is uiters bedroef deur die verergerende misdaad en geweld tot op hierdie vlak. Dit bedreig nie net die lewe van ons besoekers nie, maar ook die inkomste van diegene wat rondom ons parke woon,” het Ike Phaahla, woordvoerder van die Krugerwildtuin, vandeesweek gesê.

“Dit is ʼn reuseterugslag vir die toerismebedryf en die land. Ons werk nou saam met die Laeveld-sakekamer en die nasionale departement van toerisme om toerisme aan oorsese besoekers te bemark. Die jongste misdaadvoorval ondermyn ons pogings om die sektor tot die vlak voor Covid-19 te herstel.”

Die toerismebedryf is ʼn groot werkskepper in ʼn streek wat steier onder ʼn hoë werkloosheidsyfer – van die hoogste in die land.

Luidens syfers van Statistieke Suid-Afrika was sowat 11% van alle oorsese besoekers aan Suid-Afrika teen einde Julie Duitse burgers en meer as 76 000 Duitsers het die land in hierdie tyd binnegekom.

Die moord op die toeris is uit verskeie oorde veroordeel.

Die Duitse ambassade in Suid-Afrika het vroeër gesê hy werk nou saam met die plaaslike owerhede en dat sy konsulêre span hulp aan die slagoffers verleen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Antie Sarie ·

En daar is nou nog plaas moordenaars wat na jare nog nie aangekeer was nie

Marelize ·

Mr Cele ek voel dat jy net moord tonele besoek wat opspraakwekkend is – het jy al ‘n toneel van ‘n plaas aanval besoek.

Danie ·

Nee hoekom sy makers verraai.Dit wys maar net hoe ernstig is hulle oor plaasaanvalle en moorde.

Gaitsigubib ·

Nee hy was wel op Bredon Horner se moord toneel, nie om die ma van jong Brendon by te staan nie, maar om Julius Malema te ondersteun.

Pieter ·

Beste nuusdekking vir ons situasie in Suid Afrika. Plaasmoorde haal moeilik internasionale nuus. Bou op hierdie nuusgebeure voort.

Christine ·

Dis al hoekom hy daar was, vir die internasionale dekking. Dieselfde met Sisulu op die lughawe. Hulle dink hulle is Hollywood-sterre.

Delia ·

Minister, dis reg dat jy die toneel besoek, maar Minister jy was nog nooit op n plaasmoord toneel. Moet ons aanvaar dat jy dit dus goedkeur, want jy spreek.jou nie uit daarteen. Nes toerisme goed is vir die ekonomie so is kos op die tafel en voedselproduksie ook belangrik vir ekonomie

Chris dupreez ·

Hulle verstaan nie die kos kom van die plaasboere af nie. Hulle verstaan net jy kan dit by die winkel koop

Kokerboom ·

Nee hy sal nie..nie genoeg kalklig en kaders wat hy kan beindruk!

Rocco ·

Ian Cameron of Rob Hersov moes eerder met die sikusbaas gepraat het. Cele kruip nou lekker gat

Bennie ·

ek stem 100% saam voorslag..daai spoedwalle is n groooooot probleem want die goed lyk soos berge en jy moet amper doodstil staan om oor daai goed gaan as jy a lea kar het

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

…..en vir Cele, aag, sommer die hele kabinet. Ek is seker ons sal 100% op ons eie regkom en beter doen as wat hulle daar is. Ek wil my verstout om te sê, maar ons gaan hulle nie eers mis nie.

Hennie Biebouw ·

Dit sal beter gaan as Bheki Cele ALLE moorde in Suid-Afrika met dieselfde fanfare aanspreek.
Hy wys egter net sy gesig as daar politieke munt te slaan is, of om vure dood te slaan in die aangesig van internaionale vernedering.
Dis seker maar wat jy kry as jy ‘n Graad -R onderwyser in dié rol van minister van polisie aanstel.

miche ·

Innige simpatie met die betrokke familie en getraumatiseerde toeriste.
Lindiwe Sisulu reik ‘n persverklaring uit ná die tragiese dood van die toeris en ontmoet die res van die toer-geselskap op die lughawe. As dit nou die eienaar van die reservaat/kamp was (waarheen die toergeselskap oppad was)wat tragies aangeval en vermoor was…sou daar ook persverklarings gevolg het en sou die Regering en Polisie ook so geskarrel het om die aanvallers aan te keer? Ek wonder.

Mariana ·

Bly hulle het darem verdagtes gekry, sommer vinnig ook. Hoekom sukkel hulle dan so om die verdagtes van plaasmoorde op te spoor?

domheks ·

Too little Too late. Die Duitsers moet maar 2X dink voordat hulle weer SA besoek. Niemand is veilig nie. En Cele glo dit nie. Gangster state!

Jaada ·

Ek sou voorstel dat hulle die Numbi-hek sluit agv al die probleme daar.

Alleen Wolf ·

Cele besoek die toneel, om wat te doen, mosterd na die maal.

Anton ·

Nou moet die arme mense nog vir Sisulu op die lughawe ontmoet, is hulle nie al deur genoeg trauma nie?

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

….en ou squirral ploeter voort van een katestrofe na die ander. Hy bly mos op ñ ander planeet as die gewone, deursnee Suid-Afrikaner. Tot op ñ dag wanneer hy ook hard aarde toe gebring word en die noodlot sy tol eis en sy hand slaan waar dit saakmaak.

Cherokee ·

Cele, jy besoek net misdaadtonele waar jy seker is dat daar kameras sal wees. Laat ‘n regte polisieman dit eerder doen.

Nie Verbaas ·

Lindiwe Sisulu wil die mense by die lughawe gaan ontmoet? Vir wat? Die skade is alreeds aangerig as gevolg van ANC laksheid en beleid. Nou wil hulle gaan mooi broodjies bak? So verwoes hulle slapgatgeit toerisme en beleggings vir groei van die ekonomie. Die land storm in alle aspekte oor die afgrond en die klomp is nou maar net te onnosel om dit op te let want hulle aandag is vierkantig gevestig op selfverryking en nie die probleme in ons land nie.

Miskruier ·

Op twitter word gepraat van drie toeriste wat in Januarie vermoor is, weet iemand hiervan???

Kobus ·

Ek lees elders dat miesies Sisulu spog dat net drie toeriste in 27 jaar vermoor is. Welgedaan, ek lei af dat dit in orde is dat toeriste hier vermoor word. Wonder of haar statistiek korrek is. Cele sal nou seker ook vir voornemende toeriste skreeu om te ” Sharrrrrrrhhhaaaap”

Peter ·

Die payetiese verskoning van ‘n minister wat reken “net 3 moorde op toeriste: – dis 3 te veel en moet nie gebeur nie, pateet

Vinny ·

ja soos mnr hoedjie wat meen daai krugersdorp vrou was lucky dat net een gemors haar verkrag het…..

Yvonne ·

Sjo dit is erg……hoop die Duitse regering sien af vir n plan om fondse te skenk aan SA…..so jammer vir die mense wat die toer onderneem het en hoe dit geeindig het…tragies

Nico ·

Wie is die drie persone van belang wat inhegtenis geneem is, dit is lafhartige moordenaars wat net in groepe kom omdat hulle te lafhartig en agterbaks is. Cele wat gaan jy daar aan doen.

Jr ·

People of interest is al klaar rooi vlag. Ek persoonlik dink hierdie is al weer n Kaap parliament suspect. Arrest anybody quickly sodat dit lyk vir die wêreld asof ons iets doen. Merk my woorde as die stof gaan lê, word die file na File 13, kamer 13, 13de vloer Luthuli house toegestuur. Ruik n rot!!!

Ronél ·

Lindile Sizulu beweer dan Suid-Afrika is “Baie” veilig?????

Spotty ·

Wat wil hy nou se gaan terug na jou nes toe jy doen minder as niks aan misdaad

Nico ·

Ek hoop dat die Duitse Konsulaat gee julle goed opdraende vir die minister van polisie en die minister van tourisme, hulle kan ook alle bande met SA breek.

Niklaas ·

Daar sal nou skielik dubbeld soveel sekuriteits voertuie op pad-patrollie wees as laasmaand in die Numbi area. En dan verswak die waaksaamheid na sowat 10 dae maar net weer. Soos gewoonlik.

Sarel ·

Het die Gesgte Minister ook die Misdasd toneel op Kampsbaai besoek….SA weet nie hoe om
Georganiseerde Misdaad hok te slaan nie want die
Gereg is aan die kant van Misdadigers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.