Die SAPD het in ʼn verklaring gesê dié inhegtenisneming spruit uit ʼn voorval op 16 November toe vier mans in Maqubelastraat in Kwazakhele, Port Elizabeth, ontvoer is. Een van die mans, Athenkosi Steven (21), se ouers het ʼn saak van ontvoering by die polisie aanhangig gemaak.
Twee dae later is Steven en die drie ander mans, Nyaniso Maso (30), Sive Vangqa (26) en Eric Siphiwo Kama (32), se liggame in ʼn bosagtige gebied in Coega gevind.
Steven se ouers het aangevoer hulle het ʼn skootrekenaar, wat moontlike leidrade kan bevat, aan die polisie oorhandig toe hulle die saak aanhangig gemaak het. Daar is vasgestel dat die polisiebeamptes wat die skootrekenaar in ontvangs geneem het dit nie as ʼn bewysstuk ingedien het nie.
Die beamptes, almal gestasioneer by die New Brighton-polisiestasie, is Vrydag op aanklag van dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die New Brighton-landdroshof verskyn.
Genl.maj. Dawie Rabie, polisiebevelvoerder in Motherwell, het ʼn streng waarskuwing aan polisiebeamptes gegee dat korrupsie nie geduld sal word nie en dat hulle agter tralies sal beland indien hulle die wet oortree.
Dit is hoekom die misdaad so n florerende besigheid geword het en nou ding die polisie mee vir n deel daarvan en die wetsgehoorsame burger lei.
Ek sal geen polisie man vertrou nie
Ai tog meisie, nie elke SAPS lid is n skelm nie. Julle wat so veralgemeen is verkeerd. Daar is manne en vroue in blou wat elke sekonde van elke dag hulle lewens vir jou en my op die spel plaas. Elke dag hoor jy hulle is te vat en te sleg. Wat van die dokters wat oorgewig is of die predikant en die onderwyser.
Se ek elke dag. Gn wet en orde daarom maak almal soos hul lekkerkry
Nie almal is skarminkels nie!
Nie almal is skurke nie, waar. Maar die eerlike hard werkende polisieman is so skaars soos hoender tande. Wat die oorgewig predikant, onderwyser en dokter betref, hulle kan almal nog doen wat hulle voor betaal word ten spyte van die extra kilogramme. N konstabel wat so oorgewig is kan net toekyk terwyl die diewe en moordenaars vir hom weghol. Hoe sal hy hulle agterna sit?