Drie sterf in botsing op PTA-snelweg

Foto: Netstar Traffic / Twitter

Foto: Netstar Traffic / Twitter

Drie mense is Dinsdagoggend dood en twee kritiek beseer nadat drie voertuie op die N4-snelweg in Pretoria gebots het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het naby die Solomon Mahlangu (Hans Strijdom)-afrit in die ooste van die stad plaasgevind.

Foto: Netcare 911 / Twitter

Foto: Netcare 911 / Twitter

“ʼn Minibustaxi en twee ander voertuie was in die botsing betrokke,” het Steinmann gesê. “Die taxi het omgekeer en op sy kant tot stilstand gekom. Een van die voertuie het bo-op die ander voertuig tot stilstand gekom.”

Drie mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

“Een van die mense wat kritiek beseer is, is steeds in die voertuig se wrak vasgepen. Paramedici behandel die pasiënt terwyl die brandweer die persoon uit die wrak sny,” het Steinmann bygevoeg.

Die ander persoon wat beseer is, is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Verkeer in die omgewing word erg vertraag. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, en word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hendrik van Niekerk ·

Tragiese ongeluk. Ek is egter ook nie verbaas nie. Die Metro polisie vermy elke oggend en aand , gedurende spitstyd, krisisareas en konsentreer om motoriste te vang vir spoed op die steil afdraendes na die Diamandvallei tolhekke. Hierdie snelweg is veilig en reguit en oor die algemeen ry te mense nie te vinnig nie. Die Metropolisie vang geensins vir enige oortredings terwyl die verkeer beweeg nie. Miskien is die rede dat hulle nie goed kan bestuur tussen baie verkeer nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.