Drie vas ná moord op raadslid, twee mans

Die vermoorde Sbonelo Methembu (36). (Foto: Facebook)

Drie verdagtes is die afgelope week in verband die moord op raadslid Sbonelo Methembu (36) en twee ander mans in Mpumalanga in hegtenis geneem

Maroela Media het vroeër berig dat Methembu, een van sy vriende en die raadslid se werktuigkundige Vrydagaand in die Longhomes- informele nedersetting in Piet Retief oorval en vermoor is.

Die verdagtes het die polisie enkele dae ontduik voordat hulle aangekeer is.

Twee van die verdagtes is Maandag in die omgewing in hegtenis geneem. ʼn Outomatiese geweer en ammunisie is tydens die inhegtenisneming in hul besit gevind.

News24 berig dat een van dié verdagtes, Vusi Motha (41), ’n voormalige burgemeester van die Mkhondo- plaaslike munisipaliteit is. Hy en die ander verdagte word van die besit van onwettige vuurwapens aangekla. Die vuurwapen wat in Motha se besit gevind is, sal nou vir ballistiese toetse gestuur word. Die twee is nog nie van moord aangekla nie.

Die polisie het ook beslag gelê op ander vuurwapens wat glo aan ʼn sekerheidsmaatskappy behoort. Ondersoeke na dié vonds is tans onderweg. Die verdagtes het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn terwyl die polisie nog na die derde verdagte gesoek het.

Dié verdagte, oorspronklik van KwaZulu-Natal, is dieselfde dag opgespoor en vir ondervraging ingeneem. Hy is kort daarna amptelik van die moorde aangekla.

Hy sal vandag (Donderdag) in die Piet Retief-landdroshof verskyn. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Frank ·

Nogal voormalige burgermeester, wys net hoe die ANC kriminele as “leiers” beskou en verkies

Casper ·

Die voormalige burgemeester,ek bly self in Piet Retief en sy wandade het hom ingehaal dit is hoekom hy voormalig is.

Casper ·

Die moorde is polities gemotiveerd en ek glo daar is dalk ‘n vierde verdagte betrokke.’n In diepte ondersoek sal hier gedoen moet word.

Nico ·

Kyk, hoe vinnig is die beskuldiges aan gekeer omdat hy ‘n cANCer lid is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.