Drie vas ná Transnet-batterydiefstal

Van links: Aphiwe Dike , Njabulo Malapane en Siso Jonas Kulunga [Foto: Veskaf]

Drie mans, vermoedelik werknemers van Transnet, is Donderdag in hegtenis geneem in verband met beweerde batterydiefstal.

Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het Aphiwe Dike (27), Siso Jonas Kulunga (27) en Njabulo Malapane (26) Vrydag in die landdroshof op Ogies, Mpumalanga, verskyn op aanklag van die besit van gesteelde goedere.

“Sekuriteitspersoneel van Transnet het gesien hoe ses mans ʼn paar items van die Saaiwater-spoorwegstasie op ’n Nissan NP300 by die Saaiwater Transnet-behuising op Ogies op die bakkie laai. Daar was drie mans in die bakkie en drie agterop die voertuig,” bevestig Sekgopo.

“Nadat die sekuriteitspersoneel die bakkie tot stilstand gebring het, het die drie mans wat agterop die bakkie was, weggehardloop en die ander drie is in hegtenis geneem.”

Lede van die Valke se ernstige georganiseerde misdaad-ondersoekeenheid wat op Middelburg gesetel is, is ontbied.

“Beamptes het die bakkie deursoek en 12 Transnet-batterye agterop die bakkie ontdek.”

Die batterye het ʼn waarde van R144 000.

“Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die verdagtes werknemers van Transnet is.”

Die verdagtes sal in aanhouding bly en na verwagting Vrydag in die hof verskyn. Hulle sal dan formeel om borgtog aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

casper ·

Nou weet jy presies hoekom geen regdenkende besigheid sy goedere per spoor wil laat vervoer nie.

Hennie J ·

En die drie wat weggehardloop het sal die batterybesigheid herstruktureer.

Frederik C ·

As borgtog toegestaan word, sal hulle seker direk teruggaan werk toe.

Wielspore ·

Produktiewe manne, hulle werk seker lang ure om die pligte van twee werke na te kom.

SjN ·

Die drie wat weg gehardloop is mos bekend aan hulle!!! Laat hul praat.

Strandloper ·

Eerder n beroep wat erken en ondersteun word deur die regeering.

My siening ·

En so is die polisie en ondersoeke se natterye pap want hul is more terug op straat met 20 baterrye vir die pap ANC! Nê ou cyrel wat praat en niks doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.