Drie vas oor diefstal uit Transnet-pyplyn

Drie verdagtes, onderskeidelik 26, 31 en 35 jaar oud, sal na verwagting Dinsdag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot petroldiefstal en dat hulle aan infrastruktuur gepeuter het.

“Die verdagtes is Saterdagaand aangekeer toe hulle aan ʼn Transnet-pyplyn in Bronkhorstspruit gepeuter het,” het kapt. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê. Die Valke het vinnig reageer toe hulle inligting ontvang het dat verdagtes aan die pyplyn peuter.

“Met hul aankoms by die aanleg het die verdagtes van die toneel gevlug, maar een van die persone is deur die veiligheidswagte aangekeer. Die ondersoekspan het Sondagoggend vroeg ʼn operasie by die pyplyn uitgevoer waar nog twee verdagtes in hegtenis geneem is. Dié twee verdagtes het in ʼn swart Corsa-bakkie gery en hulle wou hul vermeende medepligtige red.”

Beamptes het beslag gelê op die voertuig, ʼn kragopwekker, boor, slypmasjien, beitels en sweismasjien. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Deon ·

Al daai gereedskap? Daai goed kan die pyplyn aan die brand steek!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.