Drie vas wat glo vragmotor met R1 m se vonkelwyn kaap

Drie verdagtes sal na verwagting vandag in die Wynberg-landdroshof verskyn nadat hulle glo ʼn vragmotor gekaap het wat duur vonkelwyn vervoer het.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die vragmotor is Donderdag in Elsiesrivier gekaap. “Die vragmotor het 36 palette vonkelwyn ter waarde van meer as R1 miljoen vervoer.”

Die vragmotor kon nie opgespoor word nie aangesien die opsporingstelsel buite werking was. Speurders van die provinsie se teenkapingseenheid het egter Vrydag ʼn deurbraak gemaak toe hulle vasgestel het dat die vragmotor by ʼn adres in Ottery in Kaapstad stilgehou het.

“Hulle het die sakeperseel dopgehou en gesien hoe bokse in ʼn vragmotor gelaai word. Die polisie het die vragmotor agtervolg en voorgekeer waarna 320 bokse vonkelwyn gevind is.”

Twee verdagtes, 22 en 38 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die polisie het hierna ʼn klopjag op die perseel in Ottery uitgevoer en op nog 717 bokse vonkelwyn beslag gelê. ʼn Verdagte (60) is op die perseel in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

My siening ·

Nou hoe kan julle so wreed wees nou het hulle niks oor om mee te vier nie.!

Niklaas ·

Amper was daar lang lang dop sessies en partytjies gewees. Sonder ophou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.