Drie vas wat ietermagog glo wou verkwansel

Die ietermagog in die verdagtes se besit betrap (Foto: Verskaf)

Drie verdagtes is in Musina in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle in besit van ʼn ietermagog betrap is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die polisie in Musina het Vrydag inligting van gemeenskapslede ontvang oor ʼn verdagte motor met drie insittendes wat vanaf Alldays na Musina onderweg is op soek na ʼn potensiële koper vir ’n ietermagog.

ʼn Motor wat aan die beskrywing van die verdagte motor voldoen, is daarna in die dorp se sakesentrum opgemerk waar dit geparkeer was. Polisielede het op die motor met drie insittendes toegeslaan, die voertuig deursoek en op die ietermagog afgekom.

Volgens Mojapelo is die drie verdagtes, almal tussen die ouderdomme van 24 en 51 jaar oud, op die plek in hegtenis geneem vir die besit van ʼn bedreigde spesie.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Louis leeu ·

Goed so baie geluk aan die gemeenskap wat gepraat het.

JohanR ·

Die mensdom sal alles op hierdie aarde vernietig vir geld!! Leeus, renosters, bere, voels, oliphante, perlemoen, walvisse en soe aan en aan……

Kolskoot ·

Hoop julle is baie trots op julself lewenslank tronkstraf tot hul hul laaste asem uitblaas net dit sal mense 2 keer laat dink

Alki ·

Gaan kyk “The eye of the Pangolin ” op YouTube dit verduidelik wat die stropers met ietermago’s doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.