Driedubbele moordsaak weer uitgestel

Eugene Botha (Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

Eugene Botha, die 42-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouers, Johan (73) en Marri (70) – ook bekend as Riekie  – sowel as sy jonger suster Suné (37) vermoor het, het Donderdag vir die derde keer in die Germiston-landdroshof verskyn.

Botha het tydens sy vlugtige verskyning verward rondgekyk. Daar was egter nie ʼn enkele familielid in sig nie.

Die staatsaanklaer het tydens die verrigtinge gevra dat die saak vir altesaam drie maande vir verdere ondersoeke uitgestel word.

Botha se regsverteenwoordiger het egter aangevoer dat Botha sedert sy inhegtenisneming agter tralies is en dat sy hofverskynings maandeliks moet plaasvind totdat die ondersoek afgehandel is.

(Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

Die hof was van mening dat dit nie sin maak vir Botha om in die hof te verskyn as die ondersoek nog nie afgehandel is nie.

Die saak is daarna tot 8 April vir verdere ondersoek uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig die ontbinde liggame van drie gesinslede is op 2 Januarie agterop ʼn verlate bakkie ʼn paar meter van hul huis in Rondebult in Gauteng aangetref.

Inwoners het die gru‑ontdekking op die hoek van Swartberg- en Ubombostraat gemaak. Die oorledenes is later as Johan, Riekie (Jane) en Suné Botha geïdentifiseer.

Botha is kort daarna in verband met die moorde aangekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Niklaas ·

Dis moeilik om te verwerk hoe enigiemand sy ouers en suster kan vermoor. En dan nog te dink hy skotvry daarvan sal afkom. Hoe dink hy ?

Casper ·

Eugene wat het jou gedryf tot hierdie onbesonne daad om jou ouers en suster koelbloedig te vermoor.

Tinus ·

Die regstelsel is die probleem, dit neem te lank om te besluit of iemand skuldig is, soos in hierdie geval,

Koen ·

@casper. As ek jou reg verstaan, is jy besig om verskonings te soek. Dalk was hy depro en verdien simpatie. Mos…. Walglik.

Jaco ·

My Ma se naam is Riki. Ek sal graag wil weet waar de hel het hulle die naam “Jane” gekry het. Dis uiters disrespekvol teenoor haar en die familie deur heeltyd haar naam verkeerd te publiseer…

Jaco ·

Die saak word uit gestel as gevolg van die tonne forensiese bewyse wat verwerk word. Daar is 3 nadoodse ondersoeke wat afgehandel moet word. Die saak gaan ook verplaas word na die hoogeregshof. Die saak kan 2 tot 3 jaar vat om af te handel..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.