Dringende waarskuwing vir alle rekenaar-gebruikers uitgereik

tablette-skootrekenaars-slimfone-blogger

Foto: Unsplash/Pixabay.com

Duisende rekenaars wêreldwyd is die afgelope naweek deur kuberaanvalle geteister waarna dié rekenaars ʼn sogenaamde “virus” opgedoen het wat elektronies beheer oorneem tot die slagoffer ʼn losprys daarvoor kan betaal.

CNN berig hospitale, groot maatskappye, universiteite en regeringskantore is teen Saterdagaand die grootste teikens van dié virus gewees.

Volgens die kuber-sekuriteitsfirma Avast is sowat 75 000 rekenaars in 99 lande reeds beïnvloed, wat dit een van die wydste en mees skadelike kuberaanvalle tot dusver maak.

Avast, wat intussen ʼn dringende waarskuwing uitgereik het, het gesê die meeste aanvalle was in Rusland, die Oekraïne en Taiwan. Hospitale in die Verenigde Koninkryk, Chinese universiteite en globale maatskappye soos Fedex (FDX) het ook berig dat hulle daardeur beïnvloed is.

Volgens EWN is Suid-Afrika egter ook een van die lande wat geteiken is, met talle gevalle wat reeds aangemeld is.

Volgens berigte laai dié virus by jou rekenaar af wanneer jy ʼn aanhangsel in jou e-pos oopmaak. Die aanhangsels lyk egter nie verdag nie, en kom voor as gewone e-posse, fakture of selfs werksaanbiedings.

Die virus “sluit” dan as’t ware die slagoffer se rekenaar, en eis betalings van $800 (sowat R10 000) om toegang te herstel.

Hoewel talle kuber-sekuriteitsfirmas tans ondersoek instel na dié virus en die getal rekenaars wat hierdeur geraak word, afneem, is daar steeds dringende  waarskuwings om nié verdagte aanhangsels in e-pos oop te maak nie – selfs al lyk die aard daarvan piekfyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

37 Kommentare

jongste oudste gewildste
Voorlaaier

Bietjie laat met di waarskuwing!..
Aanvalle het al Donderdag begin.
Maar nu ja. ..Hoe se hulle? Eerder laat as nooit.

Piet Pompies

So dit is nou net net SA wat deur die geldmaak (geldsteel) vuris getref is, die Guptas en regering het nou kompetisie van ‘n rekenaar virus gekry wat wêreldwyd rekenaar geld maak (steel)….

snoefie

hie sal n “verdagte aanhangsel” lyk? hoe sal ons weet! ons kry dan gereeld fakture, state, kwitasies per epos.

Cherokee

‘n Rekenaar-virus is ‘n kleinigheid indien jy ervare en voorbereid is. Ek kan nie verstaan hoe enigeen hulle kan laat afpers deur ‘n gedwonge losprys te betaal nie. Die oplossing is ook heel eenvoudig – geen rekenaar-virus kan formatering oorleef nie. So, ter voorbereiding moet jy rugsteun (backup) hê en as daar ‘n virus kop uitsteek word die rekenaar geformatteer en hernu dmv rugsteun oftewel die backup in die vorm van ‘n image en jy lag vir die hackers. Baie moeiliker indien dit ‘n groep rekenaars is op ‘n groot netwerk maar steeds nie onmoontlik indien die tecnici voorberei is… Lees meer »

Vissie

Dankie Cherokee, maar kan jy nie vir ons gewone ouens in eenvouduge taal sê wat jh nou hierbo ge-“geek” het nie? Ons wil graag jou raad volg.