Die DA het Dinsdag sy ongelukkigheid uitgespreek nadat Noordwes se provinsiale wetgewer in sy aangepaste begroting miljoene rande opsy gesit het om lede te vergoed wanneer hulle die diens verlaat.
Luidens die aangepaste begroting is ’n aardige bedrag van R11 miljoen opsy gesit vir toelae wanneer lede van die provinsiale wetgewer die diens verlaat. ’n Verdere R4 miljoen is opsy gesit om ongelykhede in salarisse reg te stel.
Freddy Sonakile, DA-hoofsweep in Noordwes, het in ’n verklaring gesê dit is kommerwekkend dat só ’n groot bedrag toegeken is aan die provinsiale wetgewer, wat nie eens ’n diensleweringsinstansie is nie. Dít terwyl daar geen sent toegeken is vir droogtehulp nie, wat tog ’n bedreiging vir die provinsie se voedselsekuriteit inhou.
Luidens die verklaring is daar ook geen woord in die begroting gerep oor geslagsgebaseerde geweld in die provinsie nie, aangesien daar geen geld aan gemeenskapsveiligheid toegeken is nie.
R56 miljoen is aan die provinsie se vervoerbeleggings toegeken om die uitdagings met betrekking tot die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aan te pak.
Volgens Sonakile is dit verstommend dat meer geld bestee word aan entiteite wat oor die afgelope drie boekjaar geen winste getoon het nie.
“Dit is duidelik uit die aangepaste begroting dat geen noemenswaardige veranderinge in die provinsie sal posvat nie en inwoners weereens in die steek gelaat word. Die provinsie het ’n regering nodig wat voedselsekerheid, toegang tot basiese dienste en ekonomiese ontwikkeling prioritiseer,” sê Sonakile.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Welkom in die siek ANC land lekker om ons belasting geld te mors op mense wat heel dag sit en niks doen nie
En so ‘regeer’ hulle alles die afgrond in…
Ek stem hier saam met Freddie Sonakile.
Onbevoegde klomp kaders.
Is verstommend hoe die mense dink. Tragies om te sien hoe gaan die land net agteruit met mense wat nie n benul het wat aangaan nie