Dros-saak: ‘Hy het dit vooraf beplan’

Nicholas Ninow. Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency(ANA)

Die staat het Donderdag tydens slotbetoë in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer dat Nicholas Ninow die dag van die verkragting in die Dros-badkamer, beplan het om ʼn misdaad te pleeg.

Die staatsadvokaat, Dora Ngobeni, het gesê die getuienis en bewyse in die hof dui daarop dat Ninow die kinders dopgehou het en die sewejarige na die toilethokkie gevolg het waar hy haar verkrag het. Die kind is nou agt jaar oud.

Die hof was stampvol met lede van die ANC Vroueliga, die EFF en ondersteuners van Women and Men Against Child Abuse en die NotInMyName-beweging. Ninow het ontspanne voorgekom.

Ngobeni het aangevoer Ninow het van sitplek in die restaurant verander sodat hy nader aan die kinderspeelarea kon wees om die kinders dop te hou.

“Hy het vroeër die middag ʼn seksuele aanmerking oor een van die restaurant se ander kliënte gemaak en gesê hy wil seksuele omgang met haar hê. Hy het toe reeds besluit om omgang te hê, of dit met ʼn kind was of met ʼn volwassene,” het sy gesê.

Ngobeni het aan die hof gesê die dogtertjie het getuig sy was besig om die toilet te gebruik toe Ninow by die hokkie ingekom, homself uitgetrek en haar verkrag het. Ninow het nie self getuig om die weergawe te weerlê nie en daarom, voer sy aan, moet die hof die kind se weergawe as die waarheid aanvaar.

Ninow het in sy pleitverduideliking gesê hy het na die damesbadkamer gegaan om dwelms te gebruik en dat die dogtertjie by hom in die toilethokkie ingekom het.

Ngobeni het gesê die hof moet Ninow se weergawe dat hy impulsief opgetree het, verwerp.

“Die beskuldigde het die hele voorval beplan en hy het ʼn kind geteiken wat magteloos en weerloos was, tot so ʼn mate dat sy nie haar ma, die kinderoppasser en twee kelnerinne kon antwoord toe hulle haar naam geroep het in die toilette nie, omdat Ninow haar gedreig het,” het Ngobeni gesê.

Sy het die hof gevra om Ninow ook skuldig te bevind op ʼn aanklag van poging tot aanranding omdat hy die vroue met sy broek se gordel probeer slaan het.

Ninow se regsverteenwoordiger, Herman Alberts, het aan die hof gesê die hof kan nie die afleiding maak dat Ninow die kinders afgeloer het omdat hy naby die kinderspeelarea gesit het nie. Hy het aangevoer Ninow het by dié tafel gesit omdat dit naby die deur was en hy vir iemand gewag het.

“Dit is ʼn baie meer redelike afleiding wat die hof kan maak as dat hy daar gesit het om die kinders af te loer. Daar sit seker nou mense by daardie tafel, beteken dit hulle loer ook die kinders af? My kliënt het voor die voorval na die kroeggedeelte beweeg wat amper die verste van die kinderarea af is as wat mens kan wees in die restaurant,” het hy gesê.

Alberts het gesê die seksuele opmerking wat Ninow oor ʼn vrou in die restaurant gemaak het, beteken nie hy wou seksuele omgang met ʼn kind gehad het nie.

Hy het die hof gevra om Ninow se weergawe, dat hy eerste in die toilethokkie was omdat hy daarheen gegaan het om dwelms te gebruik, te aanvaar omdat die foto’s wat as bewysstuk ingedien is, die weergawe bevestig.

Dwelms kan op die toilethokkie se vloer gesien word en Ninow se gebreekte bierglas in die hoek van die toilethokkie.

Alberts het aangevoer Ninow het impulsief opgetree toe hy die dogtertjie verkrag het, en dat hy die voorval nie beplan het nie.

Hy het die hof gevra om Ninow onskuldig op die klag van aanranding te bevind omdat niemand getuig het hulle is deur Ninow raakgeslaan nie.

Regter Mokhine Mosopa gaan Maandag uitspraak lewer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Landi ·

Leandrs sover my kennis strek kan n prokureur self kies of hy n klient wil verteenwoordig of nie. As ek verkeerd is, baie jammer, maar ek die afgelope tyd sien ek baie dat regverteenwoordigers hulle onttrek aan n saak. As hulle wel mag weier wonder ek net hoe slaap so n prokkie vanaand rustig. As hy/sy kinders het, nog erger, want jy weet hierdie ou was verkeerd en moet so lank as moontik uit die samelewing verwyder word. Wel ja ons tronke is nou nie juis n rehabilitasie sentrum nie, so kry hom maar eerder uit die samelewing ASAP. Die prokkie moet maar eendag verduidelik hom hy so n skurk verteenwoordig

kolla ·

Die prokureur het niks om te verduidelik nie. Dis sy plig om so goed as moontlik as verteenwoordiger volgens sy klient se intruksies op te tree. Dis nie sy werk om te oordeel of sy klient skuldig is of nie, dis die landdros/regter se werk.

Waarheid maak seer ·

Dankie kolla. Nou verstaan ek uiteindelik hoekom jy die Stormers / WP / Kolisi met so ‘n passie probeer verdedig. Alles maak skielik baie sin…

Spons ·

Die regsverteenwoordiger werk vir die regshulp. Hulle staan mense by in opdrag van die hof om mense te verteenwoordig wat nie regshulp kan bekostig nie. Daar is ten minste een so prokureur in elke hof in die land. Dit is hulle werk en hulle het NIE ‘n keuse wie of hoe hulle kliente verdedig word nie. Gaan dink bietjie daaroor voor julle die mense oordeel. Die prokureur het nie die daad gepleeg nie.

mv ·

Ek stem saam jou Kolla, die mense wat oordeel was nognie self in die prokureur se skoene nie, dis hoekom hulle nie prokureurs is nie. Hulle doen hulle werk, dis hul brood en botter…wag tot jy n familie het om te versorg en jou brrod en botter is om iemand te verdedig in die hof…familie kom ongelukkig altyd eerste.

Mvn ·

@Landi, as n prokureur in ons land elke skurk moet weg wys sal hulle nooit werk kry nie, net soos ek en jy het die prokureur ook n familie om te versorg…dit is nie sy werk om te oordeel nie.

Sjoe ·

Al sy stories en verskonings, maar hoekom moet hy dwelms snuif in die dámes-kleedkamer?

Martie ·

Soos vroeer berig (wat ‘n lekker vet lieg is) het hy damesbadkamer toe gegaa om dwelms te gebruik. Hy was band die bestuurderes van hom in die mansbadkamer. Hy lieg soos ; matroos.

LK ·

Ek kan iets onthou heel aan die begin na die voorval het die media berig hy en nog iemand het daar gesit. Waar is die person dan nou of is ek nou verkeerd???

Karma ·

50 jaar sonder parool.op elke aanklag….sal nog te min wees.

Hierdie tipe “mens” moet in n 3 x 3 sel aangehou word. Geen lig van enige aand nie.
Solitér …tot hy wit bene is

Magda ·

Net soos jy n BOER SE MOORDENAAR verteenwoordig – Hoop hy gaan lewenslank kry met sommer nog 50 jaar by – res van sy lewe in die tronk wees, want niemand verdien dit wat hy gedoen eht nie – wat nog n Kind.

kolla ·

Ek reken hy gaan so 20 jaar kry. Parool na 13 jaar vir goeie gedrag.

PC ·

Nee hy gaan lewenslank kry. Die wet op minimum vonisse bepaal lewenslank vir kinder verkragting. Hy sal na 25j eers in aanmerking kom vir Parool.

Ore ·

Wat maak dit saak of hy iemand wou nader vir seks of die dogtertjie agtervolg het? Hy het haar verkrag en klaar! Wil hulle nou 2 jaar bysit of aftrek vir wat sy intensies was? Ons hofsake sloer juis oor die heen en weer argumente oor waar hy gesit het,wat het hy gedink,wat wou hy doen ens.Kry asb klaar.Hy het mos erken hy het haar verkrag!

Daisy ·

Dit wat hy gedoen het is verkeerd!! Ek hoop net al die ander verkragters in die Land kry ook soveel Publisiteit, & word verneerder wat halfte van die tyd is hulle op vrye voet, en loop rond op vrye voet tussen ons,
Natuurlik sal die ANC vroueliga & EFF ondersteuners daar wees dis dan immers ‘n wit man wat dit gedoen het………maar laat dit nou iemand is van hul eie en niemand doen eers moeite om Hof toe te gaan nie.

kolla ·

Die wit gemeenskap is te slap om by die howe te betoog, jy kan nie die vroueliga vekwalik omdat hulle moeite doen en hul eie belange bevorder nie.

TGG ·

Kastreer hom. Maak van hom ‘n voorbeeld sodat enige ander man wat dink hy Kan sulke dinge doen aan’ n kind moet weet wat Kan hy verwag. Ek hoop hy gaan lewens lank tronk toe. #SouthAfricanWomanfightback

Olga ·

TGG – Ongelukkig is dit bewys dat om iemand te kastreer nie sy seksuele oortredings gaan stop nie, dit word beheer deur ‘n sekere gedeelte in sy brein – al word ‘n seks oortreder gekastreer sal hulle slegs ‘n ander voorwerp vind om aan hulle drange toe te gee. Sulke mense is siek en behoort permanent uit die samelewing verwyder te word, net jammer dat die belasting betaler se geld daarvoor gebruik word, en ja, ek glo as ek op so iemand moet afkom terwyl hulle so daad pleeg sal ek sekerlik impulsief optree en hom doodmaak! DIT is impulsief (onbeplan)

kolla ·

Die prokureur tree in opdrag van sy kliënt op, hy is nie ‘n landdros of regter wat die kliënt voor die hofsaak veroordeel nie. Die prokureur sal sy kliënt se weergawe aanvaar en volgens sy klient se instruksies sy verdediging daarvolgens konstrueer. Natuurlik sal hy na hy die storie gehoor en vrae gevra het, advies gee, soos dat hy dink die klient het nie ‘n goeie saak nie en dat hy eerder bv. aan ‘n mindere klag skuldig pleit. Dit is egter oneties om vir sy klient te sê hy lieg want hy tree in opdrag van sy klient op soos reeds gesê. Indien die klient tydens die hofsaak heeltemal sy storie verander en van sy aanvanklike instruksies afwyk, behoort die prokureur te onttrek.

Abe ·

Kolla,
Jy is korrek. Ek hoop net kommentators wil nou eens en vir altyd besef dat dit ter wille van die hof proses nodig is dat die aangeklaagde persoon geregtig is op professionele verdediging. Daarom word dit van die advokaat (prokureer) vir die verdediging verwag om sy klient te verdedig. Hy is net so nodig vir geregtigheid om te geskied as die vervolging van die beskuldigde. Sonder hom kan die regsproses nie plaasvind nie en geregtigheid sal nie kan geskied nie.

Agter die skerms ·

Die doggertjie gaan nooit ooit vergeet wat Ninow aan haar gedoen het nie – sy sal te bang wees om na ‘n toilet toe te gaan sonder haar mamma. Sy het dalk ook nagmerries als. Hoe skrap ‘n mens so iets uit ‘n doggertjie se gedagtes. Ninow jy sal nooit ooit weet hoe sy gevoel het op daai oomblik nie nooit ooit nie. Maar jy sal herinner word daaraan. Jy sal jou eerste dag in die tronk vrees helemal vrees en dan voel hoe sy gevoel het.

Ore ·

En almal wat so veroordeel,daar is ‘n ma wat ook treur,almal wat nog groen koring op die land het,wees maar versigtig.Niemand van ons het ‘n waarborg nie

Simpatie ·

Dit moet verskriklik wees as jou kind so iets gedoen het. Hy het ‘n verloofde met ‘n baba. Stel jou voor dat die kind gaan weet wat haar pa gedoen het.
Dwelms en al die drank wat hy en sy vriend in die Dros gebruik het, het hom ‘n waansinnige daad laat pleeg. Dit het al die rasionele sinne totaal afgestomp en net die wellus het oorheers. Mens kan ween! Onomkeerbare skade is ‘n kind aangedoen.
Ek wonder hoe dit met haar gaan. Mag sy mettertyd hierdie gruweldaad vergeet.

Johan ·

Die ou wat hom verdedig moet seker baie geld kry of geen gewete hê nie.

Abe ·

Johann,
Die ou wat hom verdedig is n hoogs gekwalifiseerde professionele persoon wat in ons regstelsel baie hoog geag en gerespekteer is omdat hy net so noodsaaklik in n regsgeding is as die vervolging van n aangeklaagde.

Ook 'n Johan ·

Ek stem saam Johan. Hoe soen so ‘n ou sy kinders op die voorkop as hulle gaan slaap en vertel vir hulle wat ‘n wonderlike dag hy by die werk gehad het? Dis tog iets wat hy KIES om elke dag te doen nie waar nie?

PJC ·

Hierdie ou is geestelik siek, ń gevaar vir die samelewing en moet liefs maar permanent daaruit verwydwer word. As ons nie deesdae so ń gebrekkige en rassistiese regbank gehad het nie het ek ook gevra vir doodstraf.

Theo ·

Weet Julle dat n men’s vir sulke mense moet bit sodat God die kind se gedagtes Sal skoon was en dat dit wat met Haar gebeur het nie n inpak op Haar leewe Sal he nie en vir hom dat God hom Sal kan virgeewe vir wat hy gedoen het. Onthou mense God se woord se die maat wat jy mee oordeel Sal jy mee geoordeel word die dag waneer HY kom

Koringkorrel ·

PJC jys seker regsgeleerd en die raskaart raak nou afgesaag kom tog net by asb n kind is vernietig daai ou makeer boggerol

Boerseun ·

Kan ons met plaas aanvalle en verkragting ook dieselfde nuus dekking ontvang

Hector Jooste ·

Dit is net nog ‘n rede waarom die doodstraf moet terugkom!

Die regering se “redes” waarom die doodstraf nie moet terugkom nie, is gebaseer op humanisties-liberale leuens.

Bring dit terug en bring orde terug in ons samelewing. Weier om dit terug te bring en die chaos sal net al erger word. Daar sal geen omdraai wees nie.

Wouter ·

Simpatie, jy is heeltemal reg, dankie daarvoor! Ek praat nie sy daad goed nie, maar die van ons wat in glashuise woon moet liewer nie klippe gooi nie. Dink aan die seun se gesin wat ook deur hel gaan, hoeveel van ons as ouers se kinders het nog nooit kwaad gedoen nie, maak nie saak hoe groot die sonde is nie, die Bybel sê tog geen sonde is groter as n ander sonde nie! Sterkte aan die dogtertjie en ek bid dat sy volkome sal herstel.

jakes ·

Kan die media asb ook in detail beskryf hoe mense vermink, verbrand en wreed aangeval word met messe, pangas en wielmoere tydens plaasaanvalle? Ninow het erken wat hy gedoen het. Vonnis hom tog en kry klaar maar moenie nou maak asof hy die ergste ding denkbaar aangevang het nie en die res van ons siek misdadigers nou na engeltjies laat lyk nie.

Johhnie ·

Dit bly ‘n verwerplike daad. Maar wat van die vele ander. Ook die pragtige student wat deur die meneer van die poskantoor vermoor en verbrand is. Gee asb ook die gaval die dekking wat die Dros saak geniet. Albei verwerplik

Daleen ·

Die man moet gemartel word tot die dood toe stadig, want deur watse pyn het daardie dogtertjie gegaan. Ek voel ook dat die ouers ook aangekla moet word vir nalatigheid. Waar het jy gesien laat n ouer so jong kindjie alleen in n publieke plek alleen badkamer toe gaan. Dit is nalatigheid van die ouers ook, want as die Ma saam haar kind geloop het soos n Ma moet sou dit nie met daardie kindjie gebeur het nie. Ek is ook n ma en my kinders gaan Nie alleen badkamer toe in n openbare plek nie. Ek stap saam ons dogter en my man stap saam ons seun. Dit is hoe dit werk en moet wees. Jy kan nie jou kind in n vreemde plek met klomp vreemdes alleen los nie. Dit is hoe ek voel as n Ma. Die ergste is alles het gebeur niemand kan dit verander nie. Mag daardie duiwel weg gesluit word tot sy einde toe en mag hy in die tronk ook kry wat hy uitgedeel het.

Liezel ·

Ek is amper seker dat AS hy die hokkie sou gebruik het om dwelms te gebruik sou hy die deur sekelik gesluit het om te verhoed dat hy betrap word?

Bells ·

Oh my word…. daar is ‘n gesegde: “Better to remain silent and be thought a fool than to speak and to remove all doubt”. Ek comment NOOIT nie, want soms as ek hierdie comments lees dan kry ek sommer rillings om te sien dat so min mense selfs 1% van hul brein kan gebruik. Landi, regtigwaar… jou comment laat my LETTERLIK hardop lag. Ek se weer: “Better to remain silent and be thought a fool than to speak and to remove all doubt”. @spons dankie vir die mooi verduideliking ek hoop net dis dalk nie te ingewikkeld nie. lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.