DStv gaan stroming beperk

Skermskoot van DStv Now-app

DStv-intekenare sal van volgende maand af op net een toestel op ʼn slag DStv-kanale kan stroom.

MultiChoice het aangekondig dat die verandering van 22 Maart af sal geld “as een van vele deurlopende maatreëls om die deel van wagwoorde en roofkykery teë te werk”.

Dit is ʼn groot uitdaging vir stromingsdienste wêreldwyd, sê MultiChoice en voeg by dat die maatreëls ook ingestel word om gelyktydige stroming te beperk.

DStv-intekenare sal steeds voorheen afgelaaide inhoud op ʼn tweede toestel kan kyk en die veranderinge sal alle DStv-intekenare raak.

Skermskoot van DStv Now-app

Die getal toestelle wat vir stroming geregistreer kan word, bly vier en daar is steeds die opsie om DStv-inhoud op geselekteerde toestelle af te laai om dit agterna (dus nie regstreeks nie) te kyk, as ʼn manier om meer as een familielid toe te laat om DStv terselfdertyd te geniet.

Die nuwe maatreëls het nie ʼn invloed op mense wat DStv op hul dekodeerders kyk nie – intekenare kan voortgaan om DStv op tot drie dekodeerders te kyk wat aan dieselfde intekening met XtraView gekoppel is.

Die verandering raak nie Showmax-kliënte nie en daar is ook geen veranderinge aan pryse weens dié reël nie.

DStv het ook vroeër die maand die nuwe pryse wat van April af geld, bekend gemaak:

  • DStv Compact word met R20 per maand duurder
  • DStv Premium en Compact Plus word met R10 per maand duurder
  • DStv Family word met R14 duurder
  • DStv Access word met R5 duurder en
  • DStv EasyView se prys bly onveranderd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Marius ·

Dit is ‘n baie duur opsie om tv te kyk. Is dit regtig waarde vir geld ?

VaalDonkie ·

Ja skiet mense soos ek in die voet wat DSTV op ‘n Xbox en ‘n rekenaar wil kyk.

Vonkprop ·

Een ding wat ek van DSTV agtergekom het is dat hy verskriklik herhaal. Gee dit so 2 maande dan kyk jy weer dieselfde programme van voor af. Ek praat nie van programme wat herhaal in verskillende tydgleuwe om voorsiening te maak vir iets wat jy gemis het nie, maar volskaalse heruitsendings. History channel wys oor en oor Forge in Fire. Comedy Central herhaal net 3 sitkoms oor en oor en die lys gaan aan. DSTV is net goed vir KykNet en Sport verder is hy pateties en om R900 te betaal vir net twee kanale maak nie sin nie.

Vonkprop ·

VaalDonkie. Daardie slang is al dik gevreet aan dieselfde mense wat elke maand teruggaan LOL. Wens ek kry ‘n possie in die DSTV argiewe. Ek sal sakke vol nonsens weggooi.

Cindy ·

ek het al vir 8 jaar nie DSTV nie, en NOU nog wanneer ek by ander mense opeindig wys dieselfde goed wat 8 jaar terug gewys het – net op ander kanaal.. dis belaglik om daai geld te betaal om oor en oor selfde strooi te kyk, Ek persoonlik mis dit glad nie.

Vonkprop ·

Presies. Hulle dink hulle vang die mense om die goed op ander kanale te herhaal. DSTV het vergeet hulle pakket kom met ‘n remote en dat mense tussen kanale sal hop.

piet ·

Daar moet darem baie tv gekyk word om DSTV enigsins ekonomies te maak. Ek reken meeste mense het dit ook maar net as ‘n luxury wat meestal ‘n wit olifant is. Ek kyk glad nie meer tv nie. As jy weet waar en hoe kan jy tv reekse en sport aflaai van die internet. Jy kan selfs sport regstreeks kyk wat “gestream” word mits jy goeie internet het. Jy gaan dalk net uitmis op die plaaslike twak soos “Binnelanders” waarin ek in elk geval nie belangstel nie. Ek het so 2 jaar terug ‘n kleinhuisie vol tv-reekse afgelaai van die internet. Dit gaan my seker 10 jaar vat om alles te kyk (en dan sal ek elke dag moet kyk), ek het beter dinge om te doen.

Anoniem ·

Dis onder andere die sport se live stream wat aan bande gelê gaan word Piet.

piet ·

So terloops – As jy mal is oor rugby en nie omgee om wedstryde ‘n paar uur later te kyk nie (ek dink deesdae stroom hulle ook so nou en dan lewendig, was lanklaas daar) registreer verniet by https://www.rugbylist.ws/login.php en kyk of laai af soveel as wat jy wil. Maar wees gewaarsku, jy gaan siek raak van al die rugby soos ek, ek kyk glad nie meer nie. Julle kan die tjek later vir my aanstuur. LOL

FrikkievV ·

Ek stem saam, ek kyk al vir 20 jaar nie TV maar my Ma in ouetehuis kyk wel dstv, dis regtig een van min dinge wat sy het om te doen.

Alfred E Neuman ·

Die ouetehuis dstv kyk is te verstaan, weens die afrikaanse inhoud., en daar is nie veel ander vermaaklikheids opsies vir die bejaardes nie.

Wat op dees Aarde ·

Totsiens DSTV. Gelukkig is daar ander alternatiewe om na te kyk sowel as sport.

Jenny ·

Lag ek nou lekker! Jare terug al myne gekanselleer, en glad nie spyt nie. Hou maar julle herhalings DSTV.

RS ·

As dit nie was vir n bejaarde persoon in my huis wat nie kennis het van ander maniere om tv te kyk nie sou my DSTV lankal gewaai het.

VaalDonkie ·

Selfde hier. My skoonouers bly by ons en hulle het DSTV. Al rede waarom ons dit het.

Twallie ·

DSTV is die grootste scam ooit.

Gelukkig het ek jare terug van dit ontslae geraak, vir my ‘n vet Fibre lyn gekry vir baie goedkoper en eerder Netflix, Amazon ens begin stream.

Aai ·

As jy slim is sal jy nooit weer dstv kyk.Baie ander maniere en programme om te kyk.

krodedil ·

DSTV misbruik sy kliente in Suid Afrika. Afrika lande se DSTV is baie goedkoper. Gelukkig is ek saam met duisende weg toe Steve DSTV gelos het.

BARNEY ·

Ek moet se, dit is belaglik. Netflix en Ander is Baie goedkoper en kan gedeel word. Dstv probeer munt slaan uit ekstra intekenare, maar gaan eerder baie Intekenare verloor. Hulle is geld gierig en moes eerder stroming gesien het as n manier om intekenare terug te wen.

Casper ·

Ek verstaan as jy WI FI het kan jy met ‘n sekere pakket sonder Multichoice Netflix en Showmax kyk en jou gewone kanale sonder ewigdurende herhalings.Ek is ‘n leek en tegnologies gestremd.Kan iemand my meer inligting gee hoe dit werk asseblief.

Janine ·

Google Netflix of Showmax. Ons betaal R200 pm by Netflix. Kan series kyk van die begin af. Darem nou en dan ‘n goeie movie ook.

Casper ·

Ek wonder wie is nou die baas by Multichoice,mmmm kan net raai.

Chris ·

DSTv is by verre oorgegradeer. (Over rated). Hul besigheidsmodel is argaiës en spreek nie die mark aan wat hulle wil bereik nie. Dit is lomp en volgens my uitgedien. Ek het jare gelede toe Theo Erasmus nog daar was ‘n model vir hom voorgehou maar hulle het nie voorstel ten volle implimenteer nie. Dit kom voor dat dit ‘n oorlaaide bestuurskorps het wat skep en nie in voeling is wat in die werklike lewe aangaan nie. Ek was ‘n intekenaar maar het lankal reeds gekanselleer. So kry vir julle. Die ander rede is dat hulle dink hulle het ‘n monopolie, miskien op Afrikaanse programatuur, maar ek glo nie meer vir baie lank nie.

quartus ·

Ek het al 20 jaar gelede van my televisiestel ontslae geraak Kon net nie meer die gemors kyk wat die SAUK en Mnet opdis nie.

Casper ·

Selfs hier is regstellende aksie aan die orde van die dag.Kyk maar na die sepies op kyknet.Dit is nie andersom by our people se sepies nie.

Bart-Man ·

Om in vandag se tyd nog DSTV te hê is so dom soos om n landlyn telefoon te hê. Hoekom?

SlinkseKoljander ·

Geld gaan net na hulle ANC maatjie, gaan laai alles af op Torrent sites. Gratis en verniet.

Natasha ·

Ek gebruik DSTV slegs vir sport. Hulle kan dit maar weg vat, daar is genoeg ander plekke waar ek kan gaan sport kyk. Hulle soek net maniere om ons te melk vir meer geld.

Nie Verbaas ·

Maak duurder wanneer hulle alreeds duur is en dit vir konstante herhalings. Nee wat, tyd om DSTV vaarwel te roep.

Francois ·

DSTV se enigste redding nog is die “remote control”. Mense wat nie rekenaar gestremd is nie, het lankal al die “streaming” alternatiewe begin gebruik. So het baie mense ook al Smart TV’s wat meeste “streaming” platforms ondersteun. DSTV se “streaming” via Internet is in elk geval maar bra pateties (veral lewendige sport)

Hannelore ·

Hul wys ou reekse en flieks wat ons lank terug gekyk het, en dit is herhalings aanmekaar. Dis geld en tud mors om DSTV te hê. Ek het my subskripsie lankal gekanselleer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.