Dubbele moord ná skoolseun met mes gesteek is

(Foto: SA Polisie)

ʼn 17-jarige leerder van eMbalenhle in Mpumalanga is dood nadat hy met ʼn mes gesteek is op pad skool toe.

“Die seun, ʼn gr. 9-leerder aan die Thomas Nhlabathi Secondary School, was Maandag op pad skool toe, toe hy deur ʼn 24-jarige aangeval en doodgesteek is,” sê brig. Leanard Hlathi, polisiewoordvoerder van Mpumalanga.

“Die polisie het gehoor van die voorval en is na die toneel om ʼn saak van moord te ondersoek. Terwyl die polisie nog besig was met die ondersoek, het woedende lede van die gemeenskap, wat ook van die voorval verneem het, die man self opgespoor wat glo verantwoordelik was vir die moord. Hulle het hom toe aangerand,” sê Hlathi.

Hlathi sê die polisie is daaroor ingelig en het hulle na die toneel gehaas. “Mediese personeel was ook op die toneel en die verdagte is dood verklaar. Nóg ʼn klagte van moord word ondersoek.” Niemand is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie.

“Ons veroordeel die voorval ten sterkste waartydens ʼn jong seun se lewe sonder rede kortgeknip is, terwyl hy op pad skool toe was om hom voor te berei vir sy toekoms,” sê Hlathi. “Ons maan egter ook gemeenskappe om nie eie reg te gebruik nie.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

antieke antie ·

bravo aan die gemeensskap…..die moordenaar was nie begenadig nie en het die regte straf gekry…

Wat op dees Aarde ·

As die polisie hulle werk doen, is dit nie nodig vir gemeenskappe om reg in eie hande te neem nie. Ek moet ook byvoeg, as hulle die regte persoon om die lewe gebring het en nie ‘n onskuldige omstander nie, dan is dit BRAVO aan die gemeenskap! Een minder vuilgoed tussen julle en een minder kiem wat in die tronk op belasting geld teer.

Magda ·

se nie dis reg wat die gemeenskap gedoen het nie, maar weereens AS die Polisie hulle werk 100% doen sal dit nie nodig wees om dit vir hulle te doen nie, Sterkte aan die Familie van die seun wat oorlede is.

Sarel ·

Die Staatvwat nie sy Burgers kan beskerm niecen floreer op misdaad.

Jakes ·

Is n lewe niks meer werd in SA nie? Die samelewing is moeg vir sinnelose moorde en doen dus wat die howe versuim om te doen deurom die reg in eie hande te neem en die skuldige te straf. Hoekom word die drae van messe nie ook verbied in SA aangesien dit waarskynlik meer lewens neem as n vuurwapens?

Leonie ·

Great van die gemeenskap. So persoon hoort defnitief nie tussen ons nie. Misdaad ruk heeltemal hande uit in SA en daar word net mooi niks daaraan gedoen nie. Die Regering hoef nie die doodstraf terug te bring nie, maar maak soos in een van die Afrika lande, Kap ‘n vinger af vir elke misdaad waarvoor jy skuldig bevind word. So behoort dit dalk ‘n bietjie beter te gaan.

Jaco ·

ek regverdig nie moord nie, maar mens steek nie sommer n kind net uit die bloute, vir die lekker, met ‘n mes dood nie. Dié hele insident moet tog seker ‘n aanloop hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.