Dubbele plaasmoord skok

Glen en Vida Rafferty (Foto: Facebook)

Die VF Plus en die DA het hul skok en afgryse uitgespreek oor die moord op ʼn bekende egpaar van Normandien naby Newcastle in KwaZulu-Natal.

Glen Rafferty (63) en sy vrou, Vida (60), se liggame is vroeg Sondagoggend buite hul plaashuis aangetref. Die egpaar is Saterdagaand koelbloedig doodgeskiet nadat hulle van Newcastle tuisgekom het. Een van hulle honde is ook tydens die aanval doodgeskiet.

Lourie Bosman, VF Plus-raadslid in die Newcastle-munisipaliteit, het gesê die egpaar is doodgeskiet nadat hul aanvallers die veiligheidskameras by die huis buite werking gestel het.

“Op ʼn veiligheidskamera wat die landelike paaie in die gebied monitor, kan gesien word hoe die egpaar kort voor die moord uit die dorp in die rigting van hul plaas ry. Nie lank na die moorde nie, kan weer gesien word hoe die moordenaars in hul voertuig op ʼn ander pad van die toneel wegvlug.”

Bosman het gesê dit is jammer dat die aanval nieteenstaande die veiligheidsmaatreëls kon slaag. “Die egpaar se voertuig is in die omgewing verlate langs die pad gevind vanwaar die aanvallers oënskynlik met ʼn ander voertuig verder gevlug het. Dit laat tergende vrae ontstaan oor die rede vir die moorde en of dit straks vooraf beplan is.”

Die DA in KwaZulu-Natal het gesê die moord kom net twee dae nadat die provinsie se portefeuljekomitee vir landbou en landelike ontwikkeling (DARD) moes vergader om aanbevelings en besluite te maak oor die kwessies wat die veiligheid van boere, plaaswerkers en landelike gemeenskappe raak.

Op die tafel vir bespreking was belangrike aanbevelings wat deur die DA gemaak is en deur die SAPD in die provinsie ondersteun word, sê Chris Pappas, DA-woordvoerder oor landbou in die provinsie.

“Dit sluit in: om plaasaanvalle en -moorde as haatmisdade of prioriteitsmisdade te verklaar weens die wrede aard daarvan; die totstandkoming van ʼn interministeriële taakspan om aan die premier te rapporteer oor landelike veiligheid en die regstreekse subsidiëring van plaaspatrollies, plaaswagte en private sekuriteitsinisiatiewe,” het Pappas gesê.

Volgens Pappas sal sy party ʼn direkte skrywe aan Sihle Zikalala, premier in die provinsie, rig oor die jongste plaasmoord.

“Die DA in KwaZulu-Natal sal daarop aandring dat die provinsiale regering meer ernstig aandag gee aan landelike veiligheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Porseleintjie ·

Skrywe…skrywe….skrywe. En dit sal plaasmoorde mos stop. DA terwyl julle aanbevelings op die tafel lê, word die blanke bevolking uitgewis. Wat van aksie? Kom ons baklei terug.

johanf ·

Maak ń voorstel, waar. Jan Publiek ook moontlik betrek kan word, ons paar teen by verre die menigstes….. Ek is raadop en hartseer….

Porseleintjie ·

Johan alle leiding kom van God af. As ons kan begin deur saam te bid en God te vertrou vir ‘n Joshua om ons volk te lei. Met God aan die stuur kan ons volk verenig en nes destyds met die slag van bloedrivier God se leiding en beskerming geniet. Terselfdertyd is dit vir Sy glorie. Dalk moet ons begin om die gelofte te hernu.

Misky ·

Skokkend en ironies dat dit dieselfde dag gebeur as wat derduisende mense opstaan teen plaasmoorde en bewusmaking. Cele is die grootste terroris en ek dink ons moet saamstaan en sy ontslag uit sy pos eis. Duidelik doen hy nie sy werk nie

Jakes ·

Die motief was moord en dis tragies dat hierdie gemors op vrye voet beweeg. Reik groot belonings uit om die lafaards op te spoor en sien hoe vinnig verraai hulle mekaar vir geld. Ons innige meegevoel met die familie en vriende van die slagoffers.

Scalla ·

Drastiese optrede is nodig, dit wat ek wil voorstel sal nie geplaas word nie.

Hennie J ·

Hulle moor ons genadeloos uit en ons hou bekgeveg! Waar is ons MOSES?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.