Dubbelmoord by substasie in Vrystaat ondersoek

Argieffoto bloot ter illustrasie.

Die polisie van Namahadi, Qwaqwa, het mense Maandag gevra om na vore te kom met inligting nadat die liggaam van ’n veiligheidswag en ’n onbekende man (vermoedelik ’n misdadiger) oor die naweek op die perseel van ’n substasie gevind is.

Daar word beweer dat twee veiligheidswagte Vrydag omstreeks 20:00 by die substasie aan Motaweg in die Sebokeng-nedersetting aan diens was toe hulle deur twee onbekende gewapende verdagtes oorval, aangerand en beroof is. Skote is in ’n stadium afgevuur.

Die een veiligheidswag het hom na sy kollega gehaas. Dié is op die grond saam met een van die verdagtes aangetref. Albei het noodlottige skietwonde opgedoen – die veiligheidswag ’n skietwond aan sy maag en die verdagte aan sy mond.

Die oorlewende veiligheidwag het hom na die pad gehaas om hulp te ontbied.

Die gewonde veiligheidswag en verdagte is met die owerhede se aankoms op die toneel dood verklaar. ’n Saak van dubbele moord is intussen aanhangig gemaak.

Enige persoon met inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die verdagtes kan lei, kan die Namahadi-polisie by 082 972 8678 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Delia ·

Ek is soooo moeg …..van al die moorde. My hart sê outomaties..Ag Vader, nie al weer nie. En ek huil vir al die ouerlose kinders

Linda ·

en ouers wat hulle jong kinders so moet verloor, wat moet ons doen dat die REGERING en SAP WERKLIK HOOR en SIEN wat gebeur.

Tanniepetoors ·

Ek is net so siek en sat vir die moorde, verkragtings, aanrandings en talle sinlose misdadigheid.
Ek vra myself af, Hoekom? Dan kom die antwoord onomwonde: korrupsie, geldgierigheid , diefstal, ontkenning, alles vir eie gewin – te hel met die armes. Dié in beheer dink hulle is die enigste wat ooit arm was, ooit swaargekry het en ooit honger gely het.
Ek gaan myself nou bedwing. Ek het al baie na net n koppie swart koffie gaan slaap sodat my kinders kon eet en die volgende dag voluit gaan werk, ja voluit, anders as my ander kollegas. Ek was hul senior en moes hul werk nasien. Het nooit die erkenning as toesighouer gekry nie. Nie in 11 jaar in staatsdiens nie.

Wondermaarnet ·

Dit is die “wil nie werk nie” brigades wat so gierig is en niks voel vir ‘n lewe nie. Jy kan vir hulle werk gee, maar hulle is te lui en sleg om eerlik geld te verdien.

tierwyfie ·

Ek wonder wat se opleiding die veiligheidswagte kry dat hulle so goeds moeds oorval en doodgeskiet word. Is hulle nie veronderstel om paraat en op hulle hoede te wees nie,
My simpatie gaan aan die veiligheidswagte se families. Die rowers moet op die plekdoodgeskiet word sodat ons nie nog vir hulle in die tronke hoef te sorg nie

Dries ·

Elke misdadiger het deesdae n vuurwapen. Skroom nie om dit te gebruik nie. Ek of jy kan vandag n teiken wees, by die vulstasie of op die parkeerterrein.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.