Duduzane Zuma: ‘Teenstrydighede in getuienis’

Duduzane Zuma, seun van oudpresident Jacob Zuma (Foto: Dimpho Maja/African News Agency (ANA)

“Niks sal my kind terugbring nie. Sy is dood en dit is verby,” het Adina Dube van Zimbabwe, Vrydag hartseer gesê. Haar dogter is vyf jaar gelede in ʼn minibustaxi dood toe dit met Duduzane Zuma se Porsche gebots het.

Dube het haar teleurstelling buite die Randburg-landdroshof uitgespreek ná die 35-jarige Zuma onskuldig verklaar en vrygelaat is. Maroela Media het vroeër berig Zuma is Vrydag in onskuldig bevind op ’n klag van strafbare manslag en ’n klag van roekelose en nalatige bestuur teen hom.

Adina se dogter, Phumzile Dube, het in 2014 in ʼn taxi gery toe die ongeluk op die M1 plaasgevind het. Een van die passasiers, Nanki Jeanette Mashaba, het ernstige beserings opgedoen tydens die ongeluk. Sy het later in die hospitaal gesterf. Haar afsterwe hou egter vermoedelik verband met ʼn siektetoestand wat sy reeds onder lede gehad het. Drie ander persone is in die botsing beseer.

Zuma het aanvanklik tereg gestaan op twee aanklagte van strafbare manslag en roekelose bestuur. Een aanklag is laat vaar toe dit aan die lig gekom het dat Mashaba se afsterwe nie met die ongeluk verbind kan word nie.

Landdros Tebogo Thupaatlase het Vrydag gesê die staat het versuim om sy saak bo redelike twyfel te bewys. Van die staatsgetuies se weergawe van die gebeure was teenstrydig. Die landdros het gesê bewyse wat deur die beskuldigde ingedien is, was “konsekwent”.

Duduzane se pa en tweelingsuster Duduzile het hom vergesel. Die voormalige president en sy dogter het langs mekaar op ʼn bankie in die openbare galery gesit.

Thupaatlase het op verskillende teenstrydighede gewys in staatsgetuies se getuienis. Hy het gesê bewyse deur die ongelukkenners word nie in twyfel getrek nie, aangesien die motor kon gly vanweë verskillende redes, waaronder bande, die hoeveelheid water op die pad en spoed wat die bestuurder gery het.

Die landdros het gesê hy is tevrede dat Zuma nie nalatig was nie en dat hy alles gedoen het wat ʼn redelike persoon sou doen om die tragedie te verhoed. Ander getuies het Zuma se weergawe ondersteun dat sy motor buite beheer begin gly het toe hy ʼn plas water op die pad getref het.

Thupaatlase het gesê daar is ook teenstrydighede wat betref skade aan die minibustaxi wat aan die ongeluk toegeskryf is, omdat Zuma se motor nooit deur die lug getrek het nie. Van die skade aan die taxi was dus te hoog om deur die botsing met die Porsche veroorsaak te word.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê sy respekteer die hof se besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Schalla ·

Jammer hierdie regter was nie aan die stuur van sake tydens die Coligny verhoor nie. Daar was dit selfs meer ‘n geval van “Van die staatsgetuies se weergawe van die gebeure was teenstrydig. Die landdros het gesê bewyse wat deur die beskuldigde ingedien is was konsekwent”

Ook reken hy van die skade aan die voertuig was te hoog om deur die Porsche veroorsaak te kon wees. Verbeel jou die regter in die Coligny saal kon dieselfde logika aan die dag lê om te kan besef mens kan nie ‘n bakkie bestuur en terselfdertyd iemand agter van die bakkie afgooi nie!

Snaaks hoe teenstrydighede raakgesien en logika toegepas word in een saak maar nie in ‘n ander nie….

Ongeduldig ·

Wel gedaan Zupta!!! Nog n krimineel vry. Wonderlike regstelsel van omkopery!!!

Piet parys ·

Weereens n bewys dat as jy geld het kan jy jou los koop. Toe afriforum gedreig het toe kom die regering met n afgewaterde hofsaak. Ek het geweet zuma is untachable

Joon ·

Ek is baie bly vir sy part en familie. Hy is Nog jonk en het nog Baie om te leer. Mnr/mev as dit in julle familie gebeur het, hoe sou julle gevoel het. Moenie oordeel. Ek wens die mannetjie voorspoed toe met sy toekoms

Gert van Wierdapark ·

Ter Plaatse is dit ‘n flippen skande dat die klein twak na 5 jaar on-skul-dig bevind word. SA raak al hoe meer’ n April grap in die verband!!!

Johan ·

En Afriforum aanvaar die uitspraak…? Waarvoor is ek nog ‘n lid?

Koos de Meyer. ·

Ek dink daar is baie meer as een wat ‘n kop dokter moet sien.

Umlungu ·

Untouchable, net soos die Guptas, staatskapers en korruptes! Pas aan of vat die pad terug na Europa!

aj ·

Gelykheid voor die reg beteken elkeen moet die geleentheid gegee word om sy/haar saak in ‘n hof te stel.

As die staatsaanklaer moedswillig onderpresteer forseer hy/sy die landdros om die beskuldigde vry te spreek.

Dit beteken NIE dat die beskuldige onskuldig is aan die misdaad nie … dit beteken net dat die staatsaanklaer onsuksesvol was om die landdros te oortuig van die beskuldigde se misdaad.

Die stof het nog nie gaan lê nie … in hierdie saak. Hou dop!

wilma ·

Hy kan bly wees sy van is nie iets soos Van der Merwe, Van Zyl …. ens. nie. Dan was hy al vyf jaar gelede toegesluit vir moord. Hoop hy sal in die toekoms beter beheer oor sy voertuig hê.

Ontspan ·

Vir nou is hy vry…sal weer voor ons Skepper getuig..daar lieg jy nie.

thinus erasmus ·

Onkundiges wat aannames maak en dan as waarheid bevestig – ooggetuies en slagoffers se getuienis word summier in die wind geslaan deur sogenaamde “kundiges” wat totaal onnosele “bevondigs maak.
Afrifirom het tenminste gesorg dat saak afgehandel word, moenie enige verdere tyd of geld daarop mors nie – hulle is niks van ons nie!

Gelukkige Porche eienaar ·

Porche moet herroep word. Bande nie geskik vir SA toestande nie. Gaan kry jou gratis stel bande. Was immers n hofuitspraak.

hercu ·

en so slaag die Gupta’s met nog ‘n betaling!!

eendag sal Jacob Zuma vir alles rekenskap moet gee!!

Moppy ·

Ek stem presies saam met Umlungu dis di regte antwoord en ook wat di ander se gelukkig gaan elkeen voor ons Skepper staan en sulke dinge haal mens in asook dis soos di saak met di doodkis se 2 ouens ook rerig erg di Wet en Hof vandag

Rone ·

Okt 2010 ry n taxi 2 van my kinders dood….13 en 22… Beskuldige stap vry na ons 4jaar sukkel om saak in die hof te kry. Hierdie is pap vrot polisie werk en stink korupte howe. Geld weeg swaarder as geregtigheid…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.