Duduzane Zuma hoor sy lot

Duduzane Zuma in die hof.

Duduzane Zuma is Vrydag in die Randburgse landdroshof onskuldig bevind op ’n klag van strafbare manslag en ’n klag van roekelose en nalatige bestuur teen hom.

Landdros Tebogo Thupaatlase het bevind dat Zuma nie die spoedgrens oortree het nie en dat die weerstoestande tot die ongeluk bygedra het. Volgens Thupaatlase was die botsing nie weens ʼn fout aan Zuma se kant nie.

Thupaatlase het voor hy uitspraak gelewer het, weer deur die getuienis gegaan wat tydens die verhoor aangehoor is. Hy het ook gesê die staat kon nie sy saak bo redelike twyfel bewys nie.

“AfriForum se doel was om seker te maak dat Zuma Jr. soos enige ander burger teen wie ’n prima facie-saak bestaan, sy saak vir beoordeling in ’n hof moet stel. AfriForum het in hierdie doelwit geslaag en berus by die hof se besluit,” het Elias Maangwale, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, in reaksie op die uitspraak gesê.

Die saak spruit voort uit ’n voorval op 1 Februarie 2014 toe Zuma Jr. laataand met sy Porsche 911 op die M1-suid naby die Grayston-afrit in Johannesburg teen ’n minibustaxi gebots het.

’n Vrou, Phumzile Dube, is in die ongeluk dood. Daar was ’n aanvanklike geregtelike doodsondersoek, maar die NVG het besluit om Zuma Jr. nie te vervolg nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aanvanklik besluit om nie vir Zuma Jr. te vervolg nie. Nadat AfriForum se private vervolgingseenheid aansoek gedoen het om Zuma Jr. privaat te vervolg, het die NVG egter sy aanvanklike besluit omgekeer en vervolging ingestel.

Duduzane Zuma in die hof. (Foto met vergunning van Forum Nuus)

AfriForum se private vervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel het tot die saak toegetree nadat die Dube-familie die organisasie om hulp genader het. Die NVG het sy besluit om nie te vervolg nie daarna hersien.

Zuma Jr. se regspan het tydens die verhoor aangevoer dat hy op albei aanklagte vrygespreek moet word omdat die staat nie bo redelike twyfel kon bewys dat hy skuldig is nie.

Daar is aangevoer dit het die aand van die ongeluk gereën en daar was ’n plas water op die pad wat Zuma Jr. nie gesien het nie terwyl hy ook nie kon voorsien het dat sy motor op die pad sou gly nadat dit die waterplas getref het nie. Daar is voorts gesê die saak teen Zuma Jr. moes nooit heropen word nie en dit wil voorkom asof daar baie druk was om hom te vervolg.

Die staat het klem gelê op die getuienis van die taxibestuurder en passasiers wat vroeër getuig het dat Zuma by hulle verbygery het waarna daar ’n slag was toe hy hulle het getref het. Die impak was so erg dat albei voertuie in die teenoorgestelde rigting tot stilstand gekom het.

Die staat het ook aangevoer dat Zuma Jr. nie sy Porsche se bande op aanbeveling vervang het nie en dat die hof nie dié getuienis voor hom uit die oog moet verloor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Peet ·

Die glibberige Zuma’s sal nooit boet vir hul dade nie ????

fish ·

Ek dink ons mis die punt wat AfriForum “try” doen. Hulle het geweet hy sal loop en dalk self geweet hy is onskuldig. Hier is meer as skuldig of nie. Dit is om swakpunte uit tewys van die glibberige Zumas ens plus ons regstelsel. So as een van ons in die hof beland vir die selfde soort ongeluk kan sy saak gebruik word as voorbeeld. Wat tel vir die een moet tel vir die ander een.

emily ·

Hoe het ons geweet hy gaan skotvry daaruit loop.
Tipies, hy kon mos sien die pad is nat, Nou word dit op die nattigheid blameer. Shame. Ek hoop van harte Phumzile Dube se familie vat dit verder.
Die is nou regverdigheid in SA.

Jaco ·

En so leer hy nog n les, met die Zuma naam kan hy doen wat hy wil daar is geen aanspreeklikheid. Nie die laaste wat ons van hom gaan hoor nie, hy sal weer iets doen want hy weet hy gaan daarmee wegkom

Genieve ·

Jy mag hiermee wegkom, iemand is oorlede in die ongeluk maar in die toekoms nie sal jy nie weer wegkom nie.

Joe ·

Genevie, as ek jou reg verstaan kan ons almal maar iemand vermoor, maar net pasop dat ons dit nie weer doen nie☺

Tracy ·

Dis ‘n absolute skande dat hy skotvry daarvan afkom. Mense gaan tronktoe vir 1 verkeerde woord. Hier word iemand doodgery en die skuldige loop “hande-in-die-sakke” doodeenvoudig net weg! Skande op skande. Ek is nie trots suid afrikaans nie.

nella ·

Daar het jy dit sò waar alweer!!!? Ek verander sommer my van dan kry ek ook alles reg. Wie gaan nou al die regskoste betaal.??? Ons hoef nie eers te raai nie. Gaan voort ZUMA , gaan voort.

Kandas ·

Ralph, dan gaan hy vinniger wees in sy tekkies! Hahahahaha!!!

Magda ·

Geweet die gemors gaan niks oor kom nie – Maar GOD slaap nie hoor – Dit is 1 Stoel waar jy nie kan verby kom nie. JY SAL JOU DAG KRY en dit is baie erger as hier op aarde. Baie sterkte aan die familie vd oorledene om te hoor jou dogter se moordenaar is onskuldig omdat sy van Zuma is.

Gollie ·

Hy gaan niks oorkom nie,hier kom hy klaar weg met moord.Dit lyk of daardie landdros by was by die ongeluk die pes.

Geleentheid vir Porche eienaars ·

Sy gewete is saam met hom, maar sal dit n verskil maak. Twyfel. Ook nou n geleentheid vir Porche eienaars om die model te herroep sodat bande op die voertuie gratis vervang moet word, sodat dit kan aanpas vir SA toestande, binne spoedgrens nie goedgenoeg nie. Dis immers n hofuitspraak. Lol.

Stephen Namibia ·

Sopas gehoor hy is vrygespreek. Daar is besis twee soorte regstelsels vir SA. Blankes moet die land verlaat. Daar is baie lande wat Suid Afrikaners sal akkomodeer. Vat julle geld saam dan kyk ons hoe stort die land inmekaar.
Nou ja nou wag ek weer vir Maroela om my kommentaar te verwyder.

Emma ·

Het dit voorspel, het hy sy voet in tronk gesit met twee persone se dood,nee maar die boer word inhegtenis geneem na n man onwettig op sy plaas was en na n onderonsie hom gesteek het met mes. Als werk net na een kant toe.

Joon ·

Baie bly vir hom en familie. Hy is Nog jonk en Baie om te leer. Wens hom voorspoed toe met sy loopbaan

DWS ·

Ek gaan my naam verander na “Zuma”…..

Lyk vir my jy is dan bo die wet verhewe en kan met enigiets wegkom.

Anne ·

Wat van ‘n koppeltekenvan? Iets soos Mandela- Zupta? Dink net die moontlikhede met so ‘n van in SA.

Johann ·

Onaantasbaar hier op aarde en in sy pa se Zupforia. Bloot geen gewete wat hom tot aanspreeklikheid roep nie. SIEK!

Linda ·

Ek het gedink dat Zuma jr nie skuldig kan wees nie. Ek het al baie ongelukke in reenweer gesien, maak nie saak watse tipe bande jou voertuig op het, n voertuig kan maklik gly.

Linda ·

Ek beveel aan dat mense op moet hou met vingers wys en klippe gooi, so iets kan met jou ook gebeur ! Jou voertuig kan ook op n helder sonskyn dag gly, dit het met my gebeur. Genadiglik was daar nie aankomende verkeer toe my motor skielik begin tol het, ek het net 80 kms per uur gery, toe ek per ongeluk die sand langs die pad tref !!! Ek is regdeur n boer se lande se drade gegooi !!

JohanL ·

Nou ja, of die uitspraak korrek is of nie, TWEE dinge staan uit vir my:

1. die NVG moes nooit die saak aanvanklik gelos het nie. ‘n Persoon is dood in ‘n ongeluk en ek sou dink dit is genoeg rede vir vervolging.

2. ‘n blanke uiter net die (11de letter van alfabet)-woord, selfs al is dit oorsee en al wat leef en beef spring regop en wil sake maak. Tot die MRK (shame). Maar hier moes Afriforum eers toetree om die NVG effektief te dwing om weer te vervolg. Wat ‘n skandvlek is dit nie op die NVG nie.

Sterkte aan die Dube famile wat seker moeilik sal sluk aan die besluit.

Johan ·

En ons Boere dink nog steeds die howe gaan ons help… WORD WAKKER BURGERS!

Gert van Wierdapark ·

Linda soek dalk ‘n pos in die ambassadeurs-kan-toor met Woorde in Denemarke!!! Ek is seker nou op Dun Ys met die opmerking, maar Ter Plaatse sal ek na 5 jaar niks oor kom nie!!!

Jr ·

Wie wil hulle ” bullshine “. Porsche is ñ moderne kar met die hoogste gehalte ABS briek systeem. Europease kondisies is baie erger as hier. Sneeu, ys ens. Enige reg denkerde mens weet as hy sè sigbaarheid was swak dan hoe kon hy nogsteeds 120km ń uur gery. Die K53 sê as kondisies verander dan moet jy aanpas vir die kondisies. Hy ry die speed limit in gietende swak sig water vol pad en kom niks oor nie. Wie was die Afriforum prokereurs want wragtig. No good.

BMW ·

Jr stem saam met jou, moes nou al op hulle agter pote gewees het.

Ore ·

Snaaks dat geen Porch eienaar of handelaar die produk se swak prestasie in nat toestande verdedig nie.My afleiding is dat die motorvervaardiger en swak bande eintlik die probleem is en nie spoed nie.

Verkeerd ·

En daar is hy onskuldig bevind so verkeerd maar ja hulle kom uit enige ding uit

JohanL ·

Wag ‘n bietjie. Ek is dom en verduidelik asb vir my. Teruggegaan op argiewe en blykbaar het (alhoewel die NVG in Julie 2014 besluit het om nie te vervolg nie) die Randburg Magistraatshof (Magistraat Chetty) in Desember 2014 bevind Zuma was NALATIG. Zuma se verweer van “aquaplaning” was verwerp.

Nou waar pas alles nou in? Die afgelope hofsaak?

Niklaas ·

Nou gehoor hy is onskuldig en vrygespreek , werns onvoldoende bewyse van die staats aanklaers. Ek is glad nie verbaas hieroor , maar bekommerd oor die mantel van “onaantasbare” en die boodskap wat uitgestuur word aan enige familie of vriende van die nuwe hooggeplaastes in ons land. Sekere of die meeste bevoorregtes is vir ewig gevrywaar van vervolging hier in SA. Baie onregverdig.

Penellope Jones ·

Geen lot nie, net bevestiging van wat hy, sy pa en baie van ons verwag het.

Elvira ·

Hoekom word die howe se tyd so gemors. Ek het dit van die begin af geweet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.