Duduzane Zuma: Uitspraak word gelewer

Duduzane Zuma sal op 12 Julie hoor of hy skuldig aan strafbare manslag en roekelose bestuur is.

Die Randburgse landdroshof beslis vandag of Duduzane Zuma, seun van voormalige president Jacob Zuma, skuldig is aan ’n klag van strafbare manslag en ’n klag van roekelose en nalatige bestuur teen hom.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aanvanklik besluit om nie vir Zuma Jr. te vervolg nie. Nadat AfriForum se private vervolgingseenheid aansoek gedoen het om Zuma Jr. privaat te vervolg, het die NVG egter sy aanvanklike besluit omgekeer en vervolging ingestel. Elias Maangwale, ondersoeker by AfriForum se private vervolgingseenheid, gaan die slagoffer se gesin na die hof vergesel en ook as woordvoerder optree.

Die saak spruit voort uit ’n voorval op 1 Februarie 2014 toe Zuma Jr. laataand met sy Porsche 911 op die M1-suid naby die Grayston-afrit in Johannesburg teen ’n minibustaxi gebots het.

’n Vrou, Phumzile Dube, is in die ongeluk dood. Daar was ’n aanvanklike geregtelike doodsondersoek, maar die NVG het besluit om Zuma Jr. nie te vervolg nie.

AfriForum se private vervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel het tot die saak toegetree nadat die Dube-familie die organisasie om hulp genader het. Die NVG het sy besluit om nie te vervolg nie daarna hersien.

Zuma Jr. se regspan het tydens die verhoor aangevoer dat hy op albei aanklagte vrygespreek moet word omdat die staat nie bo redelike twyfel kon bewys dat hy skuldig is nie.

Daar is aangevoer dit het die aand van die ongeluk gereën en daar was ’n plas water op die pad wat Zuma Jr. nie gesien het nie terwyl hy ook nie kon voorsien het dat sy motor op die pad sou gly nadat dit die waterplas getref het nie. Daar is voorts gesê die saak teen Zuma Jr. moes nooit heropen word nie en dit wil voorkom asof daar baie druk was om hom te vervolg.

Die staat het klem gelê op die getuienis van die taxibestuurder en passasiers wat vroeër getuig het dat Zuma by hulle verbygery het waarna daar ’n slag was toe hy hulle het getref het. Die impak was so erg dat albei voertuie in die teenoorgestelde rigting tot stilstand gekom het.

Die staat het ook aangevoer dat Zuma Jr. nie sy Porsche se bande op aanbeveling vervang het nie en dat die hof nie dié getuienis voor hom uit die oog moet verloor nie.

Oudpres. Zuma was tydens die verhoor ook in die hof om sy seun te ondersteun.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

emily ·

Ag asb, Hoekom wou hulle hom nie vervolg nie, Was dit een van Ons, was ons so diep in die gemors. Ons sou nie daaruit kon kom nie.
En hoeveel van ons ry in die reen deur hoeveel plasse.
ASB hou op verskonings soek. Stel n voorbeeld, Daar is iemand dood.
Het natuurlik gejaag en probeer “afshow” Paaie is gevaarlik as nat, Word groot en erken jou skuld.

Pieter ·

Hy sal niks oor kom nie sy pa se tjommies sal daar voor sorg ons regstelsel is n grap

Michael ·

Hul is net besig om die staat se geld te mors hy klaar onskuldig bevind

DeVill ·

Al wat ek wil hê is dat die reg moet geskiet!
As hy skuldig is moet hy boet.

Arkles ·

Het die hof nie al !wat sy vorige verskyning hom onskuldig en “aantygings” lasterlik en rassisties gevind nie? Porche wat ons, die belasting betalers voor betaal het! Ek wonder of “ons” hom steeds n loelaag betaal

NET EK ·

Stem saam 100% – die hof gaan hom n ernstige waarskuwing gee …… dis al

chrisjan ·

Ek glo hy gaan net ‘n opgeskorte vonnis kry op die ergste maar na mening hoort hy agter tralies.Die feit dat hy ‘n Porcher ry spreek boekdele.Daai motors KAN hanteer so hy’t geen verskoning nie of die pad nat was of nie.Hy was roekeloos.

Arno Scheepers ·

Onskuldig sal dit wees…..onthou ons howe is vandag n anc instelling.

jessica ·

IS IT BECAUSE HE IS THE SON OF THE X PRESIDENT, WHO ALSO STOLE MONEY TO BUILD HIS HOUSE, WHAT MAKE’S THEM DIFFERENT, WHAT’S GOOD FOR ONE, IS GOOD FOR ALL. PUT HIM BEHIND BARS!!!!!

ne ·

Pappa is daar om hom te ondersteun. Sal seker na die hoogste hof gaan om die drel los te kry.

Jepetto ·

Ag asb mense julle klink nou soos a klop EFF sotte Gerie Nel was betroke as daar enige onreelmatigheid was sou ons al daar van gehoor het Partykeer dink ek julle is dommer as die EFF

Erica Le Roux ·

Ek het vanoggend op Rsg nuus gehoor dat hy onskuldig bevind is. ‘n Woordvoeder van Afriforum het het ook gese dat hul aanvaar die beslissing, aangesien hy tenminste in die hof verskyn het. ??? Ek verstaan nie nou nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.