Christene, Jode, Moslems en Hindoes is van die geloofsgroepe wat Sondag in Johannesburg se FNB-stadion vir die Nasionale Biddag bymekaarkom.
Pres. Cyril Ramaphosa is een van die sprekers wat die skare sal toespreek, het die presidensie vroeër in ʼn persverklaring gesê.
Die biddag word aangebied deur die Motsepe-stigting in samewerking met 33 geloofs- en godsdienstige organisasies. Verlede jaar, toe dit die eerste keer aangebied is, het meer as 100 000 mense die geleentheid bygewoon.
Vanjaar word gebid vir goddelike leiding, leierskap en seën vir ʼn blink toekoms vir alle Suid-Afrikaners. Daar sal ook gebid word vir werkskepping, gelyke geleenthede en die voorsiening van gehalte-onderwys, ʼn einde aan armoede en misdaad, en eenheid onder Suid-Afrikaners, ondanks hul verskille.
Tussendeur sal vertonings met ʼn godsdienstige of geloofstema gelewer word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
84 Kommentare
Wat n bespotting is dit nie dis nou n geval van gooi jou perels vir die varke hoop nie hulle verwag dat daar iets moet gebeur nie
Hoe is dit moontlik dat christene saam met ander gelowe kan bid en dan verwag dat die Here die gebede moet sëën?
Dis 100% teenstrydig met die Woord!
Gelyke geleenthede?
Die duiwel wil nie voorspoed hê nie so hoekom moslems en hindus daar hê.
Dis die koms van die NWO een wêreld geloof