“Die polisie ondersoek die moontlikheid van brandstigting.”
Lees meerAlles vir Sondag 25 November 2018
Studie: Ons weet wanneer ons dood is
Die oorledene is dus ʼn rukkie lank in sy of haar dooie liggaam vasgevang terwyl die brein aanhou werk.
Een kind verdrink, twee gered
“ʼn Man op ʼn waterponie, wat dit reggekry het om twee van die drie kinders uit die water te red, het hom na die NSRI-basis gehaas.”
Formule Een: Geen keer aan Hamilton en Mercedes
Lewis Hamilton (Mercedes), wat reeds as die wêreldkampioen gekroon is, het voor weggespring en die wedren gemaklik gewen.
Twee vas oor onnie se ontvoering, verkragting
Tydens die inhegtenisnemings is die sleutels van die slagoffer se motor in een van die verdagtes se besit gevind.
Gauteng-polisie slaan toe op drank, dwelms
Die polisie het die naweek in Gauteng 25 drankhandelondernemings toegemaak, beslag gelê op 14 vuurwapens en 51 mense vir dwelmbesit in hegtenis geneem.
16 verloor lewe op Wes-Kaapse paaie
Van die sterftes het 12 in botsings in die Kaapse Skiereiland voorgekom en die orige vier aan die Weskus en in die Overberg.
Gholf: België se Thomas-kwadraat loop oor 27 lande
Thomas Pieters en Thomas Detry het met drie houe geseëvier nadat hulle die laaste dag met ʼn voorsprong van vyf houe begin het.
Brand lê Rustenburgse kerk in puin
Sy kon nie uit hul slaapkamer sien die kerk brand nie, maar van die studeerkamer se balkon af was die rookwolk en die vlamme wat ál hoër bo die kerk se dak uitgeklim het, duidelik sigbaar.
‘Amptenaar’ vas ná hy vrou glo afpers
Hy loof die inwoner daarvoor dat sy nie bereid was om by korrupte bedrywighede betrokke te raak nie, maar die geval by die stad se wetstoepassers aangemeld het.
Polisie sorg vir voorvalvrye kragmeting
“Altesaam 10 verdagtes tussen 20 en 45 is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn.”
Vyf in Noordwes vas vir roof, huisbraak
Vier van die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is, word met dié huisbraak en diefstal verbind.
Cheika se Wallabies-kopseer neem toe ná Fidji se oorwinning
ʼn Mens vermoed die Wallabies-afrigter Michael Cheika het ná Saterdagaand sommer ekstra hoofpyne bygekry ná ʼn seisoen waarin sy span net vier uit 13 toetse kon wen.
Duisende by biddag verwag
Verlede jaar, toe dit die eerste keer aangebied is, het meer as 100 000 mense die geleentheid bygewoon.
Besluit oor Steyn-beeld ‘wys UV onkundig oor geskiedenis’
“Die verwydering van die standbeeld is simbolies dat wit en Afrikaanse studente nie by die UV welkom is nie.”
Parlement reageer op AfriForum se onteieningsaansoek
AfriForum wil die parlement in werklikheid met ʼn hofbevel stuit omdat lede meen die komitee moes elke voorlegging oorweeg het.”
Kanada kwalifiseer, speel in Bokke se Wêreldbeker-groep
Kanada, wat nog nie een van die agt Wêreldbeker-toernooie misgeloop het nie, het Saterdag op die moeilike manier vir die negende gekwalifiseer toe hulle Hongkong in die heruitdun met die oog op aanstaande jaar se toernooi in Japan 27-10 geklop het.
Moordenaar, Huisgenoot-joernalis glo smoorverlief
Een van die veroordeelde moordenaars, Le Roux Steyn (22), het glo ʼn liefdesverhouding aangeknoop met die verslaggewer wat gereeld oor die opspraakwekkende moordverhoor berig.
Steeds gesoek: ʼn wonderkuur vir Springbokrugby
Kom ons aanvaar dit maar: Die Springbokspan is ʼn gemiddelde span en daar is geen goue middeweg of kitskuur om dit reg te stel nie.
Vier beseer in nagtelike ongelukke
“Paramedici het die 23-jarige man op die toneel ondersoek en vasgestel hy was in ʼn bestendige toestand,”