Duisende dosisse entstof vir onderwysers ‘binne dae’ beskikbaar

(Argieffoto: GCIS)

Die farmaseutiese groep Aspen sê 300 000 dosisse Covid-19-entstof sal “binne dae” vir onderwysers gereed wees.

Aspen het Maandag sy “teleurstelling” te kenne gegee oor spesifieke besendings van die Johnson & Johnson (J&J)-entstof wat by sy Port Elizabeth-aanleg vervaardig is wat vernietig moes word. Die entstof was bestem vir die Suid-Afrikaanse mark.

Die geraakte besending  is gestoor hangende die uitslag van ʼn ondersoek van die Amerikaanse kos-en-medisyne-owerheid (FDA) na ʼn Amerikaanse vervaardigingsvennoot van J&J wat middels vir die entstof voorsien het wat moontlik gekontamineer is.

“Dit is nie net ʼn terugslag vir die Aspen- en J&J-spanne wat onophoudelik gewerk het om die vervaardiging van die besendings te verseker nie, maar meer belangrik kan dit ʼn negatiewe uitwerking hê op die verspreiding van die entstof in Suid-Afrika en Afrika.”

Aspen sê om dié negatiewe uitwerking te verminder sal J&J binne dae 300 000 dosisse entstof vir Suid-Afrikaanse onderwysers beskikbaar stel. Aspen verwag ook om binne ʼn week nog J&J-entstof beskikbaar te stel wat nie geraak is deur die besmetting nie.

Luidens die verklaring sal J&J “binne die volgende weke” ʼn beduidende hoeveelheid voltooide entstof aan Suid-Afrika lewer om die verlore voorraad te vervang en te verseker die momentum van Suid-Afrika se entstofprogram bly behoue. Nog dosisse word tans vervaardig en sal na verwagting in Julie beskikbaar wees.

Aspen sê die J&J-dosisse wat hy gaan beskikbaar stel, sal die entstofprogram in Suid-Afrika en die res van die vasteland verder steun.

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het Sondag aangekondig hy gaan die twee miljoen dosisse van die J&J-entstof terugtrek weens die probleme by een van die Amerikaanse vervaardiger Emergent se aanlegte.

Die FDA het vroeër aan J&J gesê miljoene dosisse wat by die Emergent BioSolutions-aanleg in Baltimore in die VSA vervaardig is, is nie geskik vir gebruik nie.

Ná ʼn hersiening van die FDA se besluit het Sahpra aangekondig hy het besluit om “nie die entstof beskikbaar te stel nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Baardman ·

Ons regering is meesters as dit by geldmors kom. Is daar werklik nog geld oor om te mors

Jaco ·

Net onderwysers wat ook our people is, of ook wit onderwysers? Ek vra maar net. In dié anti-wit SA moet mens mos maar altyd eers seker maak. Twee stelle reëls geld mos maar vir alles, met die meer drakoniese stel vir wit mense.
Maar wit mense hoef eintlik glad nie ingeënt te word nie. Dit kan as deel van die ewige “straf” vir apartheid beskou word. Wit mense is ook VER minder as 20% van die bevolking (nader aan 7%), terwyl kudde-immuniteit met inënting van 80% van die bevolking bereik sal word. Wit mense wat so half spoggerig sê “ek sal nie ingeënt word nie”, kan eintlik dus maar stilbly en rustig wees: ons gaan nie gevra word om ingeënt te word nie.

Ilze ·

Aaaai. Arme onnies. So bly ek hou nie meer skool nie.SEKERLIK is dit vrywillig , ne?

Adri ·

Nog meer rede om maar liewer dood te gaan sonder om self daartoe by te dra deur die inspuiting (entstof??) te ontvang.

Johan ·

Hoop die paranoïes word nou gespuit dat ons kan sien wat met hul gebeur (en dat hul nou oor hul vrees kan kom en aanbeweeg). Ek sal maar my kans vat met natuurlike immuun, (dink inelkgeval eks reeds immuun) dit is n berekende kans. Maar vir goed wat nie getoets is nie sal net die tyd leer…

Debby ·

Almal met hul af duimpies kan maar heel voor in die ry gaan staan, weet al van 4 mense wat dood is asgevolg van die inenting

Gert ·

Ons as pensioennarisse het gerigistreer vir die inenting. Nou kry ons ‘n apteek 45 km vanwaar ons bly!!!! Ons bly in Akasia (Pretoria Noord).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.