Duisende in Kaapstad oortree regulasies

(Argieffoto)

Altesaam 890 inwoners van die Stad Kaapstad is die afgelope drie weke in hegtenis geneem vir die oortreding van die regulasies van die landwye algehele afsondering.

Volgens JP Smith, die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, is sowat 100 mense die afgelope paar dae in hegtenis geneem vir plundering en inbrake by drankwinkels en kleinhandelaars.

Daar is altesaam 44 inbrake by drankwinkels aangemeld wat gelei het tot 45 inhegtenisnemings, sowel as ses voorvalle van inbrake by kleinhandelaars wat tot tien inhegtenisnemings gelei het.

Smith sê gebiede soos Tafelsig, Manenberg, Nyanga Junction, Rocklands en Sherwood Park het in die drie weke van afsondering al onder plundering en betogings deurgeloop.

Die polisie het altesaam 148 179 ingrypings regoor die stad in gebiede soos Bellville, Nyanga, Kaapstad, Delft, Khayelitsha, Lentegeur, Milnerton, Wynberg en Faure gedoen.

Sowat 870 winkels en sjebeens is deur die polisie gedwing om te sluit omdat hulle nie ʼn noodsaaklike diens lewer nie en só ook teen die regulasies gaan. Daar is tot op hede 23 092 eenhede sigarette en 529 eenhede alkohol gekonfiskeer.

Altesame 3 946 boetes is uitgereik vir die oortredings van afsonderingsregulasies en 380 kennisgewings is uitgereik omdat mense nie aan die regulasies gehoor gegee het nie. Altesaam 5 141 kennisgewings is uitgereik wat verband hou met die Wet op Verbruikersbeskerming en 889 kennisgewings is uitgereik vir minder ernstige oortredings van die Strafproseswet.

Altesaam 210 inhegtenisnemings is gedoen en 2 626 kennisgewings is uitgereik ingevolge die Wet op Oortreding van Rampbestuur.

Smith raai lede van die publiek en winkeleienaars aan om hul plaaslike polisiestasie, die polisie se 10111-noodlyn of die stad se openbare noodkommunikasiesentrum by 021 480 7700 te kontak as hulle oor enige inligting van inbrake of plundering van winkels of ander misdrywe tydens die afsonderingstydperk beskik.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

gatgogga ·

Our people verontagsaam die reels met minagting. Ons sien dit elke dag, orals. Hulle wil nie saamwerk nie – so wanner die virus sy kloue in hulle inslaan, moet hulle nie simpatie van my verwag nie.

antieke antie ·

our people en die uitlanders se reguit hulle is veilig teen die kiem …en die beperking is ‘to keep you inside so we can walk freely outside’…

Johnny ·

As die reëls belaglik is en jou laat hongerly, gaan jy dit verontagsaam. “And the jury is out” oor of hierdie polisiestaat wat op ons afgedwing word, werklik die verspreiding keer . . .

Jessey ·

Ek het net een vraag oor dit als. Is al die “lawbreakers” net in Kaapstad? Want Kaapstad is al wat die hele tyd in die nuus is, en hoe erg dit gaan in Kaapstad, of is hierdie goodkoop Politieke Nuus?

Vertel ons bietjie hoe dit gaan in die ander dele van die land of is daar net wetsgehoorsame burgers in die res van die land? Kan nie dink dat daar net in Kaapstad sulke wanorde heers nie.

Oujongvrou ·

Sit ek nou net en dink. Nie eers n lewensgevaarlike virus kan mense laat afsien van politieke punte kry nie. En niemand kry skaam nie. Kom ons wag maar en kyk wie gaan swaarste trek as hierdie siektes toeneem.

Genis ·

Die kaders maak soos hulle smaak… hulle is maar net n rookskerm..

Cherokee ·

Die probleem Johannes, is dat mense wat nougeset afsonderings regulasies volhou, ook kan ly onder die ignorering daarvan deur die wat nie omgee.

Ansie ·

Maar Brett Heron van GOOD maak sy mond wyd oop om Stad Kaapstad te kritiseer omdat hulle ‘n hawelose beboet het. Hy maak egter nie enige voorstel oor hoe om dit te hanteer nie. Moet hulle nou maar maak wat hulle wil en skotvry daarvan afkom? Ek sou graag wou weet wat sy bydrae is om haweloses van die strate te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.