Duitse toeris in Mpumalanga doodgeskiet  

(Foto: SAPD)

ʼn Duitse toeris is Maandagmiddag naby Witrivier in Mpumalanga doodgeskiet.

Die toeris was glo saam met drie medelandsburgers in ʼn Hyundai H1-bussie op pad na die Mdluli Safari-lodge naby die Krugerwildtuin se Numbi-hek toe hulle omstreeks 16:30 deur gewapende mans voorgekeer is.

“Drie gewapende verdagtes wat in ʼn VW Caddy gery het, het die bussie voorgekeer. Die verdagtes het die toeriste opdrag gegee om die deure van hul voertuig oop te maak, maar toe die bestuurder al die deure gesluit het, het een van die verdagtes hom deur die venster in die bolyf geskiet, het brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, gesê.

Die bussie het toe glo vir sowat 100 m in trurat gery voordat dit teen die muur van Heroes Academy vasgery het. “Die bestuurder is op die toneel dood en die verdagtes het met leë hande gevlug.”

ʼn Saak van moord word ondersoek en daar is met ʼn onmiddellike soektog na die verdagtes begin.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.

Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om Stop Misdaad te kontak by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Miskruier ·

Lees die volgende artikel en besef dat toerisme dalk nooit sal herstel nie, nie terwyl die huidige regering aan bewind is nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit was net ‘n kwessie van tyd. Buitelanders moet besef die land is ‘n misdaadhool en alles behalwe ‘n veilige toeriste bestemming.

Flip ·

Hou op om die voorvalle te veroordeel en begin om die makkers oordentlik vas te vat en vir lank tronk toe te stuur. Daar is ook te veel regte vir die makkers in die tronk. Hulle moet NIKS regte hê nie want hulle het n ander mens se reg tot lewe geneem.

Pieter ·

Jy verstaan nie. Daar is nie genoeg plek in die tronke om al die kriminele in die tronk te hou nie. Daar is nie eers genoeg geld om genoeg tronke te bou om dit te kan doen nie.

duiweboer ·

Nee Flip. Tronk straf vandag is vakansie. Jy kry verniet kos, drank tv en Rus. Ek weet dit Sal nie in my Tyd gebeur nie maar die enigste lot is die doodstraf.

DJ ·

Hoe gouer die doodstraf teruggebring word hoe gouer sal hierdie sinnelose moorddadigheid tot ‘n einde kom.

Johann ·

Dink mooi. Met die anargis ANC aan bewind en hulle mags mal rassisme teen blankes…? Sal ons uitroei vin iger as die plaas moorde.

KatjieDeKat ·

Ek stem saam, Johann. Blankes sal die doodstraf kry vir die geringste dingetjie en “our people” sal 15 jaar kry vir 3 moorde, een CIT heist en 16 verkragtings.

Alta Alleman ·

Daar moet onmiddelik deur die president opgetree word en diegene waarsku wat ons land so terroriseer. Skelms word alledaags al hoe makker want ons regstelsel is nie in plek nie. Nêrens in Suid Afrika is n mens meer veilig nie. Die vrees net om in my motor te klim en winkel toe te ry raak by die dag erger. Ons land raak vrotter by die dag.

Heinrich ·

Die president stel nie belang om te help nie, SA het geval tot een van die ergste misdaadstate met hom aan diue stuur as adjunkpresident en president, so hy voel vere. Gee ons eerder die reg om terug te skiet.

Anon ·

Ag nee wat, die president lieg dan blatant op CNN oor plaasmoorde. Hy is ‘n lafaard en sal niks doen nie. Hulle almal is ewe skuldig aan terrorisme.

Nuus leser ·

Wat ‘n Skande! Nie eens, die Toeriste is meer velig om hierdie land te kom besoek, en te vrees vir hul lewens nie!! Ek hoop die wereld sien die gebeurtenis! ANC, julle het 100% hierdie man se bloed op julle hande!! Ek sak my kop in Skaamte!!

Delia ·

Hou op verdomp veroordeel!!! Doen iets, julle top manne kry helse salarisse, NET om te veroordeel na die tyd.
Wees pro aktief. Wanneer wil julle wakker word..

Delia ·

Al die af gesiggies…is dit vir julle ok dat al die Top Brass in die SAP met hulle vet salarisse net al die misdaad na die moorde veroordeel, maar nie pro aktief optree

Manie ·

Moenie jou aan nikswerde steur nie Delia, sommige mense het niks beter om te doen as om anoniem negatief te wees nie. Hulle is te lamsakkig om enige positiewe bydrae tot die samelewing te maak.

ES ·

Numbi hek moet permanent gesluit word. Dit is die soveelste geval van mense wat geroof / gekaap word daar!

Byekonfyt ·

Wat n vrot advertensie vir n junk regering . Sterkte aan die toeris se geliefdes wat die skok en hartseer moet verwerk. Dit wil voorkom of hy eintlik die ander in die bussie gered het deur die deur te sluit en in trurat te probeer wegkom.

Manie ·

Die daaglikse moord en doodslag in die land is ‘n onomkeerbare fase na totale anargie.

Barend ·

En ‘n vroeër artikel voer aan dat toerisme nie vinnig genoeg herstel nie. Hoe dan nou?

Kokerboom ·

Ek het nie woorde. Hoeveel mense gaan nog by die hek aangeval word na soveel leë beloftes!!!!
Die toerismebedryf gaan swaar trek
Ek skaam my. Wanneer gaan ons opstaan teen die verfoeilike regering?!

Martin ·

Dit is natuurlik uitstekende negatiewe publisiteit wat vinnig sal versprei soos ‘n veldbrand onder die uitlanders wat ons land wil besoek. Daar is te veel misdaad naby die Kruger Wildtuin.

Grond ·

Sluit Numbi-hek. Die gebied daarom is gevaarlik, vuil en die pad aaklig.

SjN ·

Piet, dit gaan mos die nie probleem oplos deur die hek te sluit nie en hul is bewus van die benarde situasie. Hoekom nie optree deur wetgewing toe te pas en te handhaaf nie, ask, ek het vergeet, Hoedeman en sy kaders is nie bevoeg nie!!

Peter ·

So much for the rainbow nation…..a forgotten dream, it’s now a fight for survival

KatjieDeKat ·

It is not a rainbow anymore, it is a tornado of death and destruction!

koos ·

Hoe vrot ‘n vis? Van die kop af, stert toe. Ons land se kop (die huidige regime) is al lankal stinkvrot.

Mariana ·

Help nie om net voorvalle so die te veroordeel nie of om verbaas te wees nie. Doen verdomp iets daaraan. Ons land is regtig oor die afgrond, tuimel na benede met ‘n spoed as gevolg van kriminele en die regering wat hul skouers optrek. Ons kan dit nie langer duld nie, dis onaanvaarbaar hoe mense eenvoudig afgemaai word.

Nie Verbaas ·

En ons word vertel dat veiligheid opgeskerp is in Numbi hek omgewing. Net nog leuens van ons gemors ANC kaders.

@n0Niem77 ·

Cyril en sy sirkus is primer verantwoordelik vir die man ( en elke ander onnodige slagting) verantwoordelik. Kan hulle nie in hul privaatheid vervolg word nie?

Grassie ·

Ek woon minder as 40 km van Numbihek af. Ek het in die verlede herhaaldelik hier in kommentare gesê die enigste oplossing is om daardie hek permanent te sluit maar die owerhede is mos slim. Hulle het onlangs aangekondig dat ‘n spesiale taakmag aangestel gaan word om die pad te beveilig. Dit is nie moontlik nie. Die gopsgebied naby die hek is te groot. Maar niemand wil na raad luister nie, nou is daar ‘n toeris dood. Welkom in Suid-Afrika.

Casper ·

Dit gaan veroorsaak dat al hoe minder toeriste S A sal besoek en die toerisme bedryf gaan sukkel om te herstel veral na die terugslag wat covid.

Marelize ·

Ek sal geen Buitelanders aanraai om hier te kom kuier nie. Die regering kan ons nie eers veilig hou nie en ons betaal belasting.

Niklaas ·

Hierdie probleem gaan vererger . Sonder hardwerkende SAP , weining effektiewe strawwe en dan ook die magdom buitelanders , (meeste is onwettig) sal dit net verder eskaleer. Die huidige SA ekonomie en werkloosheid sal sake ook verder laat versleg. Dis net vreemd dat dit plaasgevind het met die grootste gemak , tenspyte van die Toerisme raad en sulke organisasies wat al hierdie beloftes gemaak het in die media , wat polisiëring , sekuriteit , sekuriteits begeleiding ens . Was dit binne 5 dae gestaak ?

Danie ·

Suid afrika het dit nou ook nodig dat toeriste wegbly agv misdaad.Hier is 76 moorde per dag wie wil sy lewe nog waag?

Blikkies ·

Geen buitelander moet hier kom vakansie hou nie. En die hele Wereld moet dit weet. Nie dat ons hulle nie hier wil hê nie, maar bloot omdat die ANC regering hulle nie kan beskerm nie. Dit is onveilig vir ons eie mense, wat van buitelanders. Hulle moet gewaarsku word.

TRP ·

Niemand wat in SA woon is verbaas, eintlik allerdaags maar mens voel werklik jammer vir toeriste, voel amper mens wil se “dom toeriste” maar eintlik is hulle net naief om te glo die hool is veilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.