Dullstroom-plaasmoordenaars gevonnis

Die Breyten-landdroshof waar Sue Howarth se moordenaars tot 20 jaar direkte tronkstraf gevonnis is. (Foto: Johan Kloppers / AfriForum)

Die twee broers wat vroeër aan die moord op Sue Howarth op ʼn plaas naby Dullstroom skuldig bevind is, is Donderdag in die Breyten-landdroshof in Mpumalanga tot 20 jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Nkosinathi en Themba William Yika is onder meer ook vonnisse van 15 jaar vir huisroof opgelê, 12 jaar vir poging tot moord en vyf jaar op albei aanklagte van ontvoering. ʼn Derde beskuldigde, Lukas Makua, is destyds in aanhouding dood.

“Geen vonnis kan egter die traumatiese gebeure uitvee of verander nie. Geregtigheid het geskied, maar die seer en die onthou is steeds daar,” het Johan Kloppers, ʼn berader by AfriForum se traumaeenheid, Donderdag aan Maroela Media gesê.

’n Kranslegging is destyds vir Sue Howarth en ander slagoffers van plaasmoorde in Middelburg gehou. (Foto: AfriForum)

Kloppers was by die hof om Howarth se geliefdes tydens vonnisverrigtinge by te staan. Howarth se eggenoot, Robert Lynn, het ná die grusame voorval na Ierland in die Verenigde Koninkryk verhuis. Hy het egter vroeër die maand ʼn impakverklaring aan die hof gestuur wat as bewys deur die hof aanvaar is.

Maroela Media het vroeër berig dat Howarth en Lynn op 17 Februarie 2017 op die plaas Marchlands, ongeveer tien minute buite Dullstroom, aangeval en wreed gemartel is.

Die aanvallers het destyds ook met die erg beseerde egpaar in hul Nissan Hi-Rider-bakkie weggery.

Johan Kloppers, berader by AfriForum se traumaeenheid, en Claire Taylor, ’n vriendin van Sue Howarth. (Foto: Verskaf)

Hulle is ook geskiet. Die egpaar het ten tyde van die voorval al sowat 30 jaar in Suid-Afrika gewoon nadat hulle van die Verenigde Koninkryk verhuis het. Hulle het nie kinders gehad nie.

In ʼn emosionele brief oor die uitwerking van die voorval op sy lewe, het Lynn gesê dat hy sy vrou van 40 jaar in ʼn oogwink verloor het.

“Ek sal nooit weer vrede hê nie. Ons vriende en familie is net so getraumatiseerd soos ek. Ek is in my eie tronk van vrees en absolute hartseer weens die gewelddade teenoor my en Sue.”

Lees môre verder op Maroela Media oor wat Lynn in dié brief oor sy vrou se dood skryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Harley Davidson ·

Hoeveel effektiewe tronkstraf is dit gereken dat die sa tronke oorvol is en amnestie lings en regs uitgedeel word.

Pampoenboer ·

20 jaar vir martel en moord rerig ons regters moet vonis na lewens lank vir moord gebruik dan sal ons tronke nie so vol wees nie.

Dit behoort n afskrik middel te wees

kaplyn ·

Ek stem saam. Die twee lede van Issis wat die moorde in Frankryk gepleeg het, het lewenslank tronkstraf gekry sonder parool. Ek dink hulle moet die sonder parool in SA ook inbring. Dit sal ‘n verdere afskrik middel wees.

Yvonne ·

Geen straf kan ooit iets verander van die gebeure nie….bitter tragies

Wondermaarnet ·

Pateties. Dit moedig die mense aan om te moor. “Free boarding and lodging”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.