Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die Nigeriër (29) is Woensdag naby Vryburg in Noordwes in hegtenis geneem. Polisiebeamptes het gesien hoe ʼn verdagte voertuig verskeie kere op ʼn grondpad buite die dorp stilhou en het die voertuig genader.
“Toe die bestuurder die polisie sien, het hy uitgespring en in die bosse gehardloop. Die polisiebeamptes het hom agternagesit en in hegtenis geneem,” het Moleko gesê. “Met sy inhegtenisneming is dwelms in sy besit gevind en dit het die polisie genoop om al langs die grondpad en in die bosse te soek.”
Verskillende soorte dwelms, waaronder Kat, kokaïen en heroïen, is al langs die pad gevind waar dit onder bosse en in die grond weggesteek was. Die dwelms is ongeveer R327 000 werd, het Moleko gesê.
hoe kom hierdie buitelanders vanuit die res van Afrika so maklik SA binne en hoe kry hulle dit reg om maar net te bly en te bly en te bly? Besef ons swart regering nie dat hulle werk wegvat van ons eie swart mense nie?
Laat hy in sy eie land in die tronk gaan sit. Vuilgoed! Hoekom moet ons belasting geld hom onderhou?
ANC boeties en ANC stemme