Dwelmvonds op lughawe

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Donderdag by die OR Tambo-lughawe in Kemptonpark op dwelms met ʼn straatwaarde van nagenoeg R2 miljoen beslag gelê.

Volgens Sandile Memela, woordvoerder van die inkomstediens, is op 7kg se ‘vloeibare’-kokaïen beslag gelê. Memela het gesê die dwelms was in twee wynbottels, wat met kersgeskenkpapier toegedraai was, versteek. “Met nadere ondersoek het dit geblyk die inhoud van die bottels is dikker as wyn, hoewel die etikette die indruk geskep het dit is wyn.”

Memela het gesê daar is bevind die seëls van die bottels is gebreek. “Die krake van die gebreekte seëls is met gom herseël.” Memela het bevestig die twee bottels was vir Londen bestem en dat ʼn bekende koeriermaatskappy dit vervoer het.

Dié dwelmvonds is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek en moontlike vervolging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.