Een dood toe polisie glo op studente losbrand

Paramedici op die toneel in Braamfontein (Foto: Netcare 911)

’n Man is Woensdag tydens studentebetogings by die Universiteit van die Witwatersrand in Braamfontein doodgeskiet.

Wits-studente wat ontevrede is dat hulle weens agterstallige studieskuld nie verder kan studeer nie, betoog sedert gister voor die universiteit in Johannesburg. Lede van die polisie het vanoggend op studente met rubberkoeëls losgebrand. Dit is toe dat ’n man na bewering deur die polisie doodgeskiet is.

Die besonderhede rakende die voorval is in dié stadium onduidelik, hoewel dit blyk dat die man bloot ’n omstander was en nie self aan die betoging deelgeneem het nie.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 10:25 ontbied ná ’n skietvoorval op die hoek van De Beer- en Stiemensstraat.

Die man is op die hoek van De Beer- en Stiemensstraat vermoedelik met rubberkoeëls doodgeskiet. (Foto: Netcare 911)

Die man is met paramedici se aankoms op die toneel op die sypaadjie aangetref. Hy het geen teken van lewe getoon nie en is dood verklaar.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê die polisiebeamptes van die Hillbrow-polisiestasie het die direktoraat vanoggend in kennis gestel van ’n voorval in Braamfontein.

Vier ondersoekbeamptes is na die toneel om dit af te sper en enige inligting rakende die voorval, waaronder beeldmateriaal en weergawes van ooggetuies, in te win.

Die man is intussen deur forensiesepatologie-beamptes van die toneel verwyder.

“Indien hierdie voorval binne die mandaat van Opod val, sal die gewone ondersoekproses voortgaan,” sê Cola.

Die man se liggaam is op ‘n sypaadjie aangetref. (Foto: Netcare 911)

Lede van Wits se senior uitvoerende span het intussen hul medelye met die man se afsterwe betuig.

“Ons veroordeel enige vorm van geweld en doen ’n beroep op alle mense om gedurende dié baie moeilike tyd kalm te bly.”

Twee studenteverslaggewers is ook tydens vanoggend se betoging beseer terwyl drie betogers in hegtenis en intussen na die Hillbrow-polisiestasie geneem is.

Crezane Bosch, die DA se woordvoerder van gemeenskapsveiligheid in Gauteng, sê Witsstudente het vanoggend paaie in Braamfontein met brandende buitebande en rommel versper. Die studente eis dat die universiteit alle studente met uitstaande skuld steeds toelaat om vir die akademiese jaar  te registreer.

Die DA versoek nou dat die polisie dringend ondersoek instel na die presiese omstandighede rakende die man se dood. Die opposisieparty het ook ’n beroep op Wits en die betrokke studenteliggame gedoen om dringend te vergader en die kwessie op te klaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Stefan ·

Die studente wat dit eis studeer sekerlik nie Ekonomie nie.
Waar dink hulle moet die geld vandaan kom.
As hulle klaar studeer het en ‘n goed betaalde job het protesteer hulle weer oor die belasting wat so hoog is.

Sarel ·

Daar word mos vertel alkes moet vermiet en grstis wees. Nou gaan die Polisie seker weer geblameer word

Die Gemeenskappe is gatvol.vir hierdie misdadigerd

Matilda ·

Ons leef in ‘n land waar sekere mense alles verniet wil hê, van krag, water, spoel toilette, behuising tot studies. En as hulle dit nie kry, is dit ‘n verskoning om te toy toy en onskuldige mense se privaat eiendom te beskadig, te vandaliseer en te plunder. En hulle kom eenvoudig weg daarmee!

Matilda ·

Want die verkiesing lê voor, en wie ookal dit stop is bang hulle verloor stemme!

Persheks Adri ·

Betaal soos die normale blankes doen magtag man julle “demand” net vir alles ons is keelvol vir julle betogings waar alles in elk geval net af brand en tekere gaan pffft!!!

Tino ·

Eerstens moet jy betaal, veral jou agterstallige skuld dit werk al honderde jare so met registrasie die volgende jaar.

2dens Ek neem aan dat dit die 61% van die bevoegde polisielede is wat hier te werk gegaan het. Wel gedaan kerels, dit is nie ‘n maklike werk nie.

3dens, skors die betogers summier wat nie strafregtelik vervolg word nie

VaalDonkie ·

Ja ons moet versigtig wees hier. Want ek sal raai daai studente is almal daar met beurse. ek weet die staat laaik van beurse uitdeel en dan nie die ooreenkoms nakom nie, dan sit die arme studente met die gebakte pere.

Pietertjie ·

In my dae het ons gestudeer vir ‘n beter toekoms. Vandag veroorsaak die “students” ‘n stink geskiedenis.

Magda ·

NIKS is verniet nie, gaan kry n part-time job soos die WERELD WYD gedoen word en betaal vir jou eie studies, Julle is te blameer vir daai man se dood en NIE die Polisie nie

Heleen ·

By tut studeer 90% van alles studente verniet… Word deur ons belastingbetalers betaal, en hulle hoef nie terug te betaal nie.. Lekker nè!

Vernon ·

Wil alles verniet he! Gee en gee en gee. Op alle vlakke gaan dit nou gebeur dat daar nie geld vir alles is nie…Die lewe en ekonomie werk nou maar so,as jy nie geld vir iets het nie,kan jy dit nie kry nie. Hoeveel mense kon nooit gaan studeer het nie want daar was eenvoudig nie geld nie? Almal het nie die vermoee om te gaan studeer nie,al dink die ANC so. Wel hierdie goed haal hulle in…welkom in die werklikheid!!!

SwartBees ·

Dis mos nou nie moeilik om te verstaan nie….as jy nie betaal nie dan kan jy nie leer nie. Net soos wanneer jy nie airtime koop nie dan kan die foon nie bel nie.

Racheltjie Debeer ·

Entitlement – dis die mentaliteit van die oorgrote meerderheid van ons landsburger.
I’m entitled to receive without paying.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.