Een in hof ná moord op bejaarde man

Duncan Lethbridge (Foto: Instagram)

ʼn 35-jarige man het Woensdag in die Humansdorp-landdroshof verskyn in verband met die moord op die 76-jarige Duncan Lethbridge van St. Francisbaai in die Oos-Kaap.

Lethbridge is verlede week dood nadat hy, sy vrou en die egpaar se huiswerker in hul huis oorval, vasgebind en aangerand is.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, sê die saak teen Bongani Faku is tot 29 Augustus uitgestel. Volgens Swart is daar ʼn moontlikheid dat Faku om borgtog sal aansoek doen. Indien wel, sal die staat dit teenstaan.

Maroela Media het vroeër berig die 53-jarige huiswerker was verlede Donderdag omstreeks 17:00 buite die egpaar se huis doenig toe sy deur twee gewapende mans oorval is. Die mans het haar by die huis ingedwing waarna sy en die egpaar vasgebind is.

Die egpaar is aangerand voordat die verdagtes te voet met kontant en ander waardevolle items gevlug het.

Die huiswerker kon haar sowat twee uur later loswikkel en het by die bure gaan hulp soek. Hulle het die polisie en nooddienste na die huis ontbied.

Nooddienswerkers het Lethbridge in die sitkamer aangetref, waar hy met sy gesig na onder gelê het. Sy hande was vasgebind en sy mond toegeplak. Hy is op die toneel dood verklaar.

ʼn Nadoodse ondersoek het later bevestig Lethbridge het versmoor.

Faku is Maandag in Bureaustraat in Humansdorp aangekeer. Die polisie is steeds op soek na ʼn tweede verdagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

J ·

Inside job.
Hoe het die aanvallers geweet daar is geld in die huis.

Poppie ·

Hulle glo maar al ons wit mense het geld in die huis en ongelukkig is hierdie baie ryk mense. Daar is dinge gese wat ons mense se nekhare sal laat rys.

Bruin Persoon - Anoniem ·

Wel, die nie-blanke persoon is sy grootste eie vyand – vat nie aanspreeklikheid vir foute nie (altyd apartheid en die wit man se skuld) haat-gevul, breek af wat werk, afhunstig op andere se sukses, wraaklistig vir dië wat nie soos hy dink/ lyk nie en dink dat die moord op wit mense is reg/ geregverdig. Die wit mense orals in die wereld is in gevaar (bo en behalwe vir die moorde, die onteiening van grond en kultuur en die vernedering wat die wit mense en sy nageslag moet voel en ervaar vir die res van hul lewens oor die verlede, en ook vir ewig om verskoning moet vra oor die verlede … is daar ‘n groot en doelbewuste poging orals in die wereld om die wit volk uit te wis – dit sluit in die immigrante wat ingeskip/ ingesmokkel/ word om Europa se gesig te verander). Ek sê nie wit mense het nie foute gemaak nie MAAR WATTER NASIE HET NIE? Hoekom kan ons nie mekaar die son en asem gun nie – daar is genoeg vir almal sonder om van die ander te wil weg vat, of afbreek/ vernietig wat werk! EN SWART SUID AFRIKANERS, JULLE HET NOU DIE LAND, JULLE IS NOU IN BEHEER VIR 24 JAAR – MAAK ASB JUL EIE POSITIEWE, SUKSESVOLE GESKIEDENIS EERDER AS OM ANDERE S’N TE WIL AFBREEK/ WEGVAT. O ja ek is ‘n Bruin Maroelaner – ek dink normaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.