Een sterf toe voertuig bo-op padversperring beland  

‘n Ongeluk op die N2, (Foto: Netcare911)

Paramedici van Netcare 911 het Vrydagoggend gereageer op ʼn ongeluk op die M25 onder die brug oor die N2 in Avoca, Durban.

“Inligting van die toneel dui daarop dat die bestuurder van ʼn sportnutsvoertuig beheer oor sy motor verloor en van die pad gery het,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911 gesê.

Die voertuig, met nog twee insittendes, het teen ʼn padversperring onder die brug gebots.

Foto’s van die toneel wys hoe die voorkant van die voertuig oor die padversperring hang met die voorwiele van die voertuig in die lug.

“Paramedici op die toneel het die pasiënte behandel. Die bestuurder, ʼn volwasse man, is op die toneel dood verklaar,” het Herbst gesê.

“’n Volwasse vrou en minderjarige meisie het matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem nadat hulle gestabiliseer is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jakman ·

Dis tragies. Moontlik nog ‘n kind wat sonder pa moet groot word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.