Een van Rolex-bende dood, nog een vas

(Foto: Max Kleinen/Unspplash)

ʼn Man wat deel van die sogenaamde Rolex-bende vorm, is Sondag in die vroeë oggendure in Sandhurst in Johannesburg doodgeskiet. Sy vermeende makker is gewond en word onder polisiebewaking in die hospitaal behandel.

Volgens brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het twee gewapende mans – glo deel van die Rolex-bende wat slagoffers met peperduur horlosies teiken – ʼn sakeman in sy voertuig aangeval. Hulle wou hom vermoedelik van sy Rolex-horlosie beroof.

“Hulle het die sakeman en sy twee lyfwagte met ’n vuurwapen uit die motor probeer dwing. Die lyfwagte het egter vinnig gereageer en skote op die verdagtes afgevuur.

“Die verdagtes het probeer vlug, maar een het op die toneel weens ʼn skietwond inmekaargesak. Die tweede verdagte is paar meter verder dood aangetref,” sê Muridili.

Die polisie het op die verdagtes se voertuig, ʼn Suzuki, sowel as die ongelisensieerde vuurwapen wat in die rooftog gebruik is, beslag gelê. Daar is ook beslag gelê op die lyfwagte se twee gelisensieerde vuurwapens.

“Al die vuurwapens sal deur die polisie se forensiesewetenskaplaboratorium aan ballistiese toetse onderwerp word.

“Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot roof en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, en doen ook ’n geregtelike doodsondersoek,” sê sy.

Die verdagte sal in die hof verskyn sodra hy medies geskik is om dit te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pierre ·

en daai twee gelisensieerder vuurwapens sal nie weer gesien word nie

Cherokee ·

Strooi Pierre. Jy praat onsin. Die vuurwapens behoort waarskynlik aan die sakeman, wat dit sal terugkry wanneer die saak afgehandel word.

Grens ·

Ja , jy gaan wegkom tot jy die verkeerde ou aanvat, dan wen jy vir jou ‘n pak slae.

Hans ·

Dit is Wilde Weste in Gauteng. Net so erg as in enige land in Suid-Amerika.

Bolandse Nooi ·

@Cherokee ………. weet jy wat deesdae in die land en veral in die Polisiediens aangaan??? selfs gelisensieërde vuurwapens raak deesdae gerieflikheidshalwe “weg” …

Boeretroos ·

Dit is standaard om alle wapens wat afgevuur te word te toets , wees net n klein bietjie positief , klein treetjies groot gewin

Vonkprop ·

Ons mense is nou al keelvol vir die misdaad. Hierdie goeie stories gaan al hoe meer begin gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.