Een vas wat glo wapens vir taxi-geweld smous

Die man is in hegtenis geneem nadat hy glo wapens by ‘n taxi-staanplek verkoop het.

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy en ʼn makker betrap is waar hulle glo vuurwapens by die Wierdabrug-taxistaanplek in Centurion verkoop. Die ander persoon het in ʼn silwergrys Ford Ranger gevlug. Die polisie is steeds op sy spoor.

Die taxistaanplek is naby Olievenhoutbosch waar vyf mense verlede Maandag doodgeskiet en nege ander in verskillende voorvalle gewond is.

Die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, het na dié voorvalle beveel dat alles moontlik gedoen moet word om diegene verantwoordelik vir die geweld aan te keer en taxi‑geweld te stuit.

“Ek wil die polisie loof vir die inhegtenisneming van die verdagte wat [glo] vuurwapens aan taxi-bestuurders verkoop het en só taxi-geweld aangehelp het. As die Gautengse regering is ons bekommerd oor die veiligheid van diegene wat van openbare vervoer gebruik maak, veral tydens die feestyd wanneer mense dikwels reis,” het Mazibuko gesê.

Sy het gesê wetstoepassers gaan veral saamwerk om te verseker taxistaanplekke, winkelsentrums, paaie en ander openbare plekke is veilig vir Gautengers én besoekers aan die provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Rob ·

Eks nou so kwaad, lees ek reg daar staan stabster agterop sy baaitjie.
Inderdaad

Me ·

Mooi so sluit hulle vir jare toe waar kry hulle die wapens om te verkoop

Lolla ·

Seker maar net by die SAPD lede. Weet van ‘n Kaptein wat jare gelede so vuurwapens uit logostiek in Silverton verkoop het. Wat ‘n verleentheid was dit nie vir sy vrou wat saam met my ook as ‘n kaptein gewerk het. Sy het hom onmiddelik geskei.

Ekke ·

Heel moontlik nog van ‘n plaas aanvaller gekoop en nou verkoop hy dit weer.

AJ ·

Daar is nou elke dag berigte van slegte wit mense, moord, verkragting, bedrog, wapen handel, dwelm handel, mense handel ontvoering, ek skaam my vir my volk se agteruitgang

@Bollabek ·

Word wakker. Goed of sleg, krimineel of regverdig, WAT het jou velkleur daarmee te doen?

Ian ·

Suit toe en gooi die sleutel weg. Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op.

Ronel ·

NETSO… SATAN KRY N OOP DEUR IN ENIGE EEN WAT DIT OOPMAAK VIR HOM. GEEN KLEUR OF OUDERDOM!!

CabyTheron ·

Skande! Wat ‘n agteraf manier om jou volk in die rug te steek! Weet jy dan nie dat daardie wapens gebruik word om te moor, martel en roof nie? Mag jy lank agter tralies sit, (jy gaan beslis daar land) sodat, ten minste jy, nie verder verwoesting kan saai met jou haatlike dade nie.

calvin ·

Wat gaan julle skerp tonge sê as die persoon die wapens by die polisie gekry het,hoekom veroordeel julle so maklik maar te bang om op te staan teen n malema of lezufi?

Weet nie Meer nie ·

Dit is maklik om klippe te gooi die artikel se hulle het dit gedoen nie mense maak seker van julle feite voor Dat julle mense begin oordeel nie een van ons Ken die regte omstandighede nie maar ons is vinnig om te oordeel

Anoniem ·

Mense wakkee word. Wie dink julle sit agter meeste van die geweld. Julle hou julle blind of wil nie erken nie maar dit is van ons eie wit mense. Wie het Malema op die been gebring. Daar is baie. Gaan doen julle huiswerk dan kyk jy vir wie gee die rykes van die wereld hul geld. Ek en jy middelklas en arm witman is maar net nog n pion vir die rykman.

Swannie ·

Die polisie is nog steeds op die man se spoor wat met die motor gevlug het – ek hoop nie die brandstof van die polisie voertuig raak gedaan nie…LOL

Werner ·

Elke dag een wit ou se jy wat van die honderde daaglikse gevalle van ander kleure waaroor die media swyg

Karolis ·

Dalk is dit sy eie wapens waarvan hy ontslae wil raak weens die nuwe wapenwet.
Hy het dalk geld nodig.

JohanR ·

As dit nou ‘n wit ou is wat daar staan, lyk hy effens afgemat. Het miskien die geld van die wapens verkoop sleg nodig gehad. Hy sal darem ‘n paar vry maaltye in die tronk kry. en ‘n mooi oranje pak!

PJC ·

ń Groot persentasie van taxidrywers is in elk geval gewapen en uiters aggresief en “trigger happy”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.